Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



5.8.15

Behandeling van geinfekteerde wonde

1. Bedek die wond met ’n skoon, verkieslik steriele materiaal en bind vas met ’n verband.
2. Lig die beseerde deel en immobiliseer dit.
3. Neem die persoon na ’n hospitaal.

29.7.15

Geïnfekteerde wonde

Alle oop wonde kan besmet word. Dit kan kieme wees wat verband hou met die oorsaak van die besering, uit die lug of van iemand se asem of vingers.

Sommige vullisdeeltjies word deur bloeding weggevoer van die beskadigde weefsel. Enige skadelike kieme wat agterbly word gewoonlik deur die witbloedselle in die bloed vernietig.

Normale noodhulp sluit die voorkoming van infeksie in.

Enige wond wat na 48 uur nog nie normaal begin genees nie kan geïnfekteer wees. Dit kan ernstige gevolge hê. Die kieme kan deur die bloedsomloopstelsel versprei na ander dele van die liggaam. Dit kan weefsel vernietig of selfs die pasiënt se dood veroorsaak.

Simptome:
• Toenemende pyn in die wond.
• Toenemende swelsel en rooi kleur in die wond saam met ’n warm gevoel.
• Etter kan uit die wond sypel.
• Koors, sweet, dors, bewerasie en slaperigheid.
• Swelsel en teerheid in die kliere.
• Dowwe rooi strepe wat in die rigting van die limfkliere loop – dit is geïnfekteerde limfvate. Dit word gewoonlik gesien op die vel of aan die binnekant van die arms of bene.

22.7.15

Behandeling vir geringe uitwendige bloeding

1. Spoel die wond liggies af met lopende water.
2. Gebruik ’n steriele depper en maak die omliggende vel skoon met water en seep. Vee weg van die wond af. Druk versigtig droog.
3. Oefen regstreekse druk uit indien daar bloeding is.
4. Verbind ’n klein wond met ’n pleister.
5. Lig en ondersteun die beseerde deel, tensy jy vermoed daar is ’n fraktuur.
6. As daar enige twyfel is oor die besering, kry mediese hulp.

20.7.15

Hoë-vet dieet nie goed vir jou brein

’n Hoë-vet dieet kan probleme veroorsaak in die dele van die brein wat jou motivering beheer. Volgens navorsers aan die Universiteit van Montreal het dit nadelige gevolge vir jou gemoedstoestand en verslawing. Volgens die verslag is dit veral versadigde vette wat die probleme veroorsaak.

Vir meer inligting lees Dampened mesolimbic dopamine function and signaling by saturated but not monounsaturated dietary lipids, gepubliseer in die joernaal Neuropsychopharmacology op 14 Julie 2015.

16.7.15

Voorwerp in neus

As daar iets in iemand se neusgat vassit, moet jy die oop neusgat toedruk en hard in die persoon se mond blaas. Die voorwerp behoort uit te spring.

13.7.15

Geringe uitwendige bloeding

Meeste wonde is redelik klein en veroorsaak slegs geringe bloeding. Bloed kanwel uit alle dele van die wond sypel, maar dit hou gou vanself op.

’n Klein pleister is gewoonlik al wat nodig. Mediese hulp is slegs nodig as daar infeksie is.

Simptome:
• Pyn in die wond
• Geringe bloeding

Maak die wond sodra moontlik skoon en verbind dit.

Kruisement-olie en kaneel gebruik om ernstige wonde te behandel

Bakterieë wat op ernstige wonde ontwikkel kan ernstige probleme veroorsaak en is moeilik om te behandel. Wetenskaplikes het onlangs uitgevind hoe om die antimikrobiese verbindings in kruisement en kaneel te onttrek en so te verpak in kapsules dat dit sulke bakterieë vernietig en herstel aanwakker.

Bakterieë wat wonde op hierdie manier kan nie altyd met gewone antibiotika behandel word nie. Soms moet die geaffekteerde dele uitgesny word.

Vir meer inligting raadpleeg die joernaal ACS Nano.