Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



26.8.13

Rook vertraag herstel van gebreekte bene

'n Nuwe studie het bevind dat rokers se liggaamlike bene wat breek meer as twee keer die kans staan om nie korrek te herstel na 'n breek nie. Daar is ook bevind dat hulle bene oor die algemeen langer vat om te herstel van skade en hul kanse op infeksie in sulke wonde hoër is.

19.8.13

Medikasie help vroue met gewig na hulle ophou rook

Navorsing het getoon dat naltrexone, medikasie wat mans help om op te hou rook, dalk ook vroue help om nie ekstra gewig aan te sit nadat hulle gestaak het nie.

Naltrexone is nie net geskik vir manlike rokers nie, maar ook vir verslawing aan alkohol en heroïen. Dit help nie regtig vir vroulike rokers nie, maar vrouens wat ophou rook kan dit dalk gebruik om hul eetlus in bedwang te hou. Tydens die navorsing het vroue wat naltrexone gebruik het minder as die helfte van die gewig aangesit in vergelyking met die wat dit nie gebruik het nie.

Vrouens wat ophou rook tel in die algemeen meer gewig op as mans wat ophou. Die medikasie kan vrouens help om deur daardie kritieke fase te help wanneer hulle ophou. Dit is dalk moontlik dat dit vroue se hunkering na voedsel met ’n hoë vetinhoud of iets soets blokkeer.

Die navorsing is gepubliseer in Biological Psychiatry.

12.8.13

Alzheimer-siekte

Rina Dunckley skryf: "Kan u asseblief vir my die tekens en simptome van Alheizmer beskryf"

Antwoord: Daar is nog heelwat onsekerheid oor wat Alzheimer-siekte veroorsaak. Daar is verskillende teorieë, waaronder een wat wys op 'n genetiese verband. Dat kan al in die 40 jare begin, maar gewoonlik is die aanvang vanaf 50. Tot 15% van mense ouer as 65 ly aan die siekte.

Wat ook al die oorsaak, dit ontstaan geleidelik. Ander mense word normaalweg eers na diagnose daarvan bewus.

Die persone se korttermyngeheue laat hulle in die steek. Hulle sal byvoorbeeld dieselfde gesprek oor en oor hê. Soos hulle ouer word word die geheueverlies al hoe erger. Aanvanklik is hulle ook afsydig en verward. Dit vererger met tyd in so 'n mate dat hulle heeltemal gedisoriënteerd raak. Hulle begin verdwaal, weet nie meer van tyd af nie en kan selfs nie sê wat die verskil tussen dag en nag is nie.

Later kan hulle nie meer sinvol kommunikeer nie. Daaglikse take soos eet en aantrek begin ook onmoontlik raak. Gedrags- en persoonlikheidsverandering tree ook na vore.

In 'n gevorderde stadium herken Alzheimer-lyers nie meer vriende en familie nie.

Iemand wat aan die siekte ly raak uiteindelik baie afhanklik van versorging. Emosioneel is hulle baie onstabiel en kan selfs geweldadig raak.

Anders as wat meeste mense glo is vergeetagtigheid nie 'n onvermydelike deel van ouer word nie. Dit beteken natuurlik nie dat 'n vergeetagtige persoon Alzheimer-siekte het nie. Dieselfde simptome kan ook ander oorsake hê. 'n Dokter sal die moontlikheid van ander siektes kan diagnoseer. Die diagnose vir Alzheimer-siekte moet liefs deur 'n spesialis gemaak word.

Terwyl daar (nog) nie doeltreffende behandeling vir Alzheimer-siekte is nie word daar gereeld nuwe navorsing gedoen. Daar is ook reeds medikasie om die gemoedstemming tydelik te beheer en agteruitgang te vertraag.

Die eerste ding wat mens kan doen is om van aliminiumkookware ontslae te raak. Een teorie is dat alimnium een van die oorsake van die siekte is.

Belangrike voedingstowwe is betakaroteen (vrugte en groente), kieselsuur (blaarslaai en kool), ko-ensiem Q10 (aartappel, soja en spinasie) en vitamien A en E (eier, kaas, koringkiem, neute, olierige vis, patats, saad en wortels).

Alkohol moet vermy word.

29.7.13

Bloukolle

Linette Meyer skryf: "My man het hoë bloeddruk. Hy is 27. Hy neem medikasie hiervoor. Die laaste week kry hy vinning blou kolle. Jy raak skaars aan hom of jy stamp homself liggies dan is dit dadelik blou! Van die kolle weet hy self nie waar dit vandaan kom nie. Wat kan die veroorsaak wees! Het ons rede om bekommerd te wees?"

Antwoord: Bloukolle is die liggaam se natuurlike reaksie op trauma. Probleme met bloeding kan erge bloukolle veroorsaak, maar ek kan nie vir jou sê wat fout is nie omdat daar so baie moontlikhede is. Die beste is om jou dokter te gaan spreek.

22.7.13

Vraag oor bosluiskoors

Riana skryf: "Hey, Ek het jou hulp nodig, ek vermoed ek het bruinvlies ontsteking, ek kry vreeslike hoofpyne en my net is stuuf, my oe is lig sensitief ens. Ek is so 4 weke gelede deur 'n klein rooi borsluis op my maag en toe op my kop gebyt, die 1 op my maag het ons mooi afgehaal daar het niks agter gebly nie, maar op my kop het ek hom afgekam, ek het die hoofpyne seker so 3 weke terug gekry, maar ek hoor breinvlies ontsteking is dodelik en dis 'n kwessie van dae myne is al weke! Kan dit breinvlies ontsteking wees?"

Antwoord: Dit is wel die simptome van breinvliesontsteking, maar dit kan ook bosluiskoors wees. Die siekte word deur bosluise oorgedra. Jy kry dit wanneer 'n besmette bosluis 'n mens byt. Dit neem meer as 'n week of twee voor die simptome manifesteer. Dit gaan gewoonlik gepaard met 'n veluitslag. Ander simptome is koors, lyfseer, hoofpyn, geswelde limfkliere en soms bloeding onder die vel.

16.7.13

Brugbaba / Baba stuit

Anoniem: "Wat is 'n brugbaba?"

Antwoord: Indien mens 'n baba vir die volle termyn dra en baba het nie gedraai nie, dan noem ons dit 'n brugbaba. Met ander woorde, 'n baba wat met die voete na onder lê wanneer dit tyd is vir die geboorte. Van 32 weke af praat ons van 'n brugbaba. Onder sulke omstandighede word die baba normaalweg suksesvol met 'n keisersnee uitgehaal.

_______________________________________________________________________________________


Anoniem skryf: "Ek is 29 weke swanger en nogals bekommerd. Ek het twee seuns en het normaal gekraam met hulle. Volgens my dokter lê die baba stuit met die voete na onder. Is daar nog genoeg tyd dat baba gaan draai sodat ek normaal kan kraam of nie. Hoekom draai hy nie?"

Antwoord: Daar is beslis nog 'n kans dat baba kan draai. Moet jou nie te veel bekommer hieroor nie. Al stuit 'n baba by die volle termyn is daar nog steeds 'n kans dat baba vaginaal verlos kan word. Jou dokter sal verskeie kliniese faktore nagaan om te bepaal of jy normaal kan kraam. Dit sluit dinge in soos die baba se grootte, stuitpresentasie en jou bekkengrootte.

8.7.13

Vraag oor candida

Anika skryf: "Ek sukkel vreeslik met hierdie toestand en sukkel om op op die "Geen Suiker,Geen witmeel" Dieet te bly. Is daar een of ander medikasie wat daarvoor help? Ook ,is daar 'n hulp-webwerf waar ek meer inligting hieroor kan kry?"

Antwoord: Candida is 'n swamgis wat algemeen voorkom in die mond en die vagina. Dit word in bedwang gehou deur bakterieë. Dit kan voorkom sonder om ´n infeksie te veroorsaak, maar as dit baie vermeerder kan dit ontsteking veroorsaak wat gepaard gaan met ´n witterige afskeiding.
Vee altyd van voor na agter af. Drink ook bosbessiesap. Dit maak die urine suur, wat die groei van bakterieë teenwerk. Vir Candida kan jy ´n tampon in jogurt doop en dan in die vagina plaas. Eet ook so gereeld as moontlik bioaktiewe jogurt. Vermy die oormatige inname van alkohol en jy moet hard probeer om weg te bly van suiker suiker. Daar is verskillende swamteenmiddels beskikbaar om candida te behandel, vra jou apteker. Dit behoort na sowat twee weke te werk.
Indien jy ly aan stres kan dit ook die candida aanhelp, so ook sekere medikasie, diabetes en hormoonveranderinge.