Blaasinfeksies word dikwels veroorsaak deur besmetlike stowwe wat in die inwendige organe beland. Moegheid, koue en bloedarmoede kan jou weerstand teen infeksies verswak.
Raadpleeg jou dokter dadelik indien jy vermoed dat jy ´n blaasinfeksie het want urienweginfeksies is relatief maklik om te behandel. Normaalweg word antibiotikavoorgeskryf op grond van jou infeksie en die tipe bakterieë wat in jou urinemonster gevind is. Hierdie behandelings is gewoonlik effektief, en die infeksie verdwyn vinnig.
Boereraat:
Drink 'n bietjie koeksoda in gekookte water.
♦♦♦
Sien ook Kruie vir kwale: Blaasinfeksie
4.2.26
3.2.26
Kruie vir kwale: Snye en skrape
Strooi suiker bo-op 'n sny – dit sal help dat die bloed vinniger stol.
♦♦♦
Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op snye en skrape gesmeer word.
♦♦♦
Die blaarsap van suurvye word gebruik as 'n strelende velmiddel vir skrape en snye gebruik.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids

Etikette:
Wond
2.2.26
Kruie vir kwale: Verkoue
In Suid-Afrika word die blare van die kanniedood (Catharanthus roseus) tradisioneel gebruik vir die behandeling van verkoue.
Die basiese metode is om ’n paar blare vir 5 minute te week in kookwater en dan die tee te drink.
♦♦♦
Witolien word tradisioneel in Suid-Afrikaanse kruiemedisyne gebruik om te help met simptome van verkoues.
Kook 'n paar vars, skoon blare om ’n tee te maak. Gooi die tee deur ’n siffie, koel af en drink.
♦♦♦
Kajapoetolie kan gebruik word vir verkoues. Neem 1 – 3 druppels met suikerwater.
♦♦♦
Die blare van die bontaalwyn word rou gekou of fyngemaak om die jel of sap te onttrek. Hierdie jel kan oraal ingeneem word om die algemene ongemak wat met verkoues geassosieer word, te verlig.
♦♦♦
Balsem Vita, ’n preparaat van verskillende olies, word aanbeveel vir die verligting van verkoues van ‘n minder ernstige aard. Dit kan met veiligheid vir kinders en babas gegee word. Vir volwassenes 20 – 30 druppels 4 of 5 keer daagliks saam met warm water of tee. 10 druppels is genoeg vir kinders en 5 druppels in bietjie lou soet water vir babas.
Die olies wat gebruik word vir die preparaat is kassia, laventel, naeltjie, neutmuskaat en tiemie.
♦♦♦
Die Sotho-mense rook die gedroogde blare van klipsalie as ’n behandeling vir verkoues.
♦♦♦
'n Aftreksel van die wortels van die swarthaak word gedrink vir verkoue.
♦♦♦
'n Aftreksel van die blare en bas van die lekkerruikpeul word gedrink vir verkoue.
♦♦♦
'n Aftreksel van die blare en bas van die soetdoring word gedrink vir verkoue.
♦♦♦
Makkalmoes word tradisioneel deur die Zoeloe mense gebruik om verkoue te behandel. Die risome word normaalweg gekook en gebruik.
♦♦♦
Week 'n deel van wildepietersielie se wortel in kookwater vir 10 minute. Die aftreksel word dan as ’n tee gedrink.
♦♦♦
Vyf blare van Rivier Jasmyn in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.
♦♦♦
Twee blare van wilde-kiaat in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.
♦♦♦
Ses blare van die Njalaboom in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.
♦♦♦
Vir verkoue week Rastafariërs een wildeknoffel plant se bol en blare in kookwater vir 10 minute. Die aftreksel word dan as ’n tee gedrink.
♦♦♦
Die Zoeloes gebruik die bol van wildeknoffel vir die behandeling van hoë bloeddruk.
Een plant se bol word fyngedruk en in melk gekook vir 10 minute. Klein bietjies van die aftreksel word dan in die oggend en aand gedrink.
(Cock, IE & Van Vuuren, SF. The traditional use of southern African medicinal plants in the treatment of viral respiratory diseases: A review of the ethnobotany and scientific evaluations. Journal of Ethnopharmacology. 2020)
♦♦♦
Die Zoeloes gebruik al lank reeds watersalie vir verkoue. Die resep is twee blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel geelblomsalie blare en laat dit trek vir 5 minute. Om dit meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg.
Die Nama mense gebruik al lank tee van geelblomsalie vir die behandeling van verkoue.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n ¼ koppie vars groenment-blare.
Laat dit staan vir 3 minute voor jy die tee drink.
Drink dit vir verkoue.
♦♦♦
Gebruik 10 g wildedagga-blare, stele en/of blomme om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi.
Drink dit vir verkoue.
♦♦♦
Jy het ’n takkie kapokbos van omtrent jou duim se lengte nodig. Gooi ’n koppie kookwater daaroor en laat trek vir 5 minute.
Dreineer en voeg bietjie heuning en suurlemoensap by en drink dit vir verkoue.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n paar gedroogde takkies heuningtee en laat dit trek vir 20 minute. Drink dit ten minste 4 keer per dag vir verkoue.
♦♦♦
Tee van suurlemoengras help om verkoue te verlig.
♦♦♦
Kruisementtee help vir verkoue.
♦♦♦
Stamp gedroogde basielkruid blare fyn en maak vir jou snuif vir verkoue.
Drink dit vir verkoue
♦♦♦
Plaas 10 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir verkoue
♦♦♦
Plaas ’n ¼ koppie klimop-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en geur met heuning na smaak.
Drink dit vir verkoue.
Gooi deur ’n sif en drink vir verkoue.
As jy erge verkoue het, kneus die stam van die klimop en snuif dit. Dit sal ’n genies meebring.
’n Paar druppels van die klimop se sap word in die neus gedrup vir ’n kopverkoue.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n paar blare van die medisynebossie en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir verkoue.
♦♦♦
Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir verkoue
♦♦♦
Voeg ’n paar wildeals-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag vir verkoue.
♦♦♦
Gebruik 5 g vars wildeals blare om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy die blare verwyder. Drink die tee vir verkoue.
♦♦♦
Gooi kookwater oor ’n teelepel bloekomblare (Eucalyptus globulus) gemeng met ’n teelepel bokboegoe (Coleonema pulchellum). Laat dit trek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink vir verkoue.
♦♦♦
’n Eetlepel boegoebrandewyn twee maal per dag.
♦♦♦
Kook ´n stuk saliebos in water, totdat vloeistof lyk soos sterk tee. Neem een koppie daarvan en kook tot ´n stroop met 2 koppies suiker. Voeg 1 botteltjie borsdruppels en en ´n halwe koppie suurlemoensap by en skud goed. Drink 1 eetlepel vol 3 maal per dag.
♦♦♦
’n Koppie boegoetee sal help om ’n verkoue te verdryf.
♦♦♦
Maak ’n tee van ’n hand vol bloekomblare en drink dit.

29.1.26
Kruie vir kwale: Griep
In Suid-Afrika word die blare van die kanniedood (Catharanthus roseus) tradisioneel gebruik vir die behandeling van griep. Die basiese metode is om ’n paar blare vir 5 minute te week in kookwater en dan die tee te drink.
♦♦♦
Witolien word tradisioneel in Suid-Afrikaanse kruiemedisyne gebruik om te help met simptome van griep, dikwels in kombinasie met ander plante.
♦♦♦
Wildeals (Artemisia afra) kan gebruik word om ’n tee te maak deur ’n kwart koppie vars blare vir ongeveer 10 minute in 'n koppie kookwater te week. Die mengsel word dan gesif, en kan met heuning versoet word.
♦♦♦
Die blare van die bontaalwyn word rou gekou of fyngemaak om die jel of sap te onttrek. Hierdie jel kan oraal ingeneem word om die algemene ongemak wat met griep geassosieer word, te verlig. Jy kan ook die van die blare kan op die voorkop smeer om hoofpyn wat deur griep veroorsaak word, te verlig.
♦♦♦
Makkalmoes word tradisioneel deur die Zoeloe mense gebruik om griep te behandel. Die risome word normaalweg gekook en gebruik.
♦♦♦
Daar is navorsing wat bevind het dat die blare van Hotnotskooigoed (Helichrysum melanacme) suksesvol gebruik kan word vir sekere griepvirusse.
Een voorstel is dat jy ’n aftreksel maak deur die blare 3 tot 5 dae lank in alkohol te week en dan te filtreer. Jy moet omtrent ’n kg plantmateriaal gebruik vir 5 liter water.
Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie. (Lall, N., Hussein, A.A., Meyer, J.J.M., 2006. Antiviral and antituberculosis activity of Helichrysum melanacme constituents. Fitoterapia 77, 230–232.)
♦♦♦
Daar is reeds meer as een studie wat bevind het dat rooibos kan help om sekere griepvirusse te beveg.
(Rahmasaria R., Haruyamaa T., Charyasriwonga S., Nishidaa T., Kobayashia N. Antiviral activity of Aspalathus linearis against human influenza virus. Nat. Prod. Commun. 2017;12(4):599–602.)
(Lall N., Hussein A.A., Meyer J.J.M. Antiviral and antituberculosis activity of Helichrysum melanacme constituents. Fitoterapia. 2006;77:230–232. doi: 10.1016/j.fitote.2006.01.007. )
♦♦♦
Vir griep week Rastafariërs een wildeknoffel plant se bol en blare in kookwater vir 10 minute. Die aftreksel word dan as ’n tee gedrink.
♦♦♦
Die kalwerbossie kan suksesvol gebruik word vir die behandeling van sekere griepvirusse en die koronavirus-stam.
’n Aftreksel word gemaak deur die plant se wortels 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer.
Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.
(Michaelis M., Doerr H.W., Cinatl J. Investigation of the influence of EPs 7630, a herbal drug preparation from Pelargonium sidoides, on replication of a broad panel of respiratory viruses. Phytomedicine. 2011;18:384)
♦♦♦
Die Zoeloes gebruik die bol van wildeknoffel vir die behandeling van griep.
Een plant se bol word fyngedruk en in melk gekook vir 10 minute. Klein bietjies van die aftreksel word dan in die oggend en aand gedrink.
(Cock, IE & Van Vuuren, SF. The traditional use of southern African medicinal plants in the treatment of viral respiratory diseases: A review of the ethnobotany and scientific evaluations. Journal of Ethnopharmacology. 2020)
♦♦♦
Sommige mense maak ’n eksterne wasmiddel met kankerbossie vir griep. Hiervoor gebruik jy 4 hande vol blare van die kankerbossie, ’n fyngedrukte bol wildeknoffel en 4 hande vol kruidjie-roer-my-nie se blare. Alles saam word in kookwater getrek vir 30 minute. Die lyf word gewas terwyl die mengsel nog warm is en die pasiënt moet ook 125 mℓ van die mengsel drink. Die 125 mℓ moet egter afgetap word na 15 minute se trek. As dit te sterk is, kan dit die persoon laat opgooi. Hoe bitterder ’n kankerbossie-mengsel is, hoe sterker is dit.
♦♦♦
Neem 2 tot 4 blare van die kankerbossie en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Volgens die Khoi kan jy hierdie flou tee kan jy drink vir griep.
♦♦♦
Plaas 10 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir griep
♦♦♦
Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir griep
♦♦♦
Drink die sap van een suurlemoen saam met warm water, 'n teelepel heuning en twee aspirientablette vir griep.

Griep
28.1.26
Kruie vir kwale: Olierige kopvel
Olie van die malvaplant kan gebruik word as 'n teenvoeter vir 'n olierige kopvel. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 tot 3 druppels van die olie by die sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Etikette:
Vel
27.1.26
Kruie vir kwale: Bloukolle / Kneusplek
Arnika kan gebruik word vir ’n blouoog. Mens kry dit te koop in ’n verskeidenheid rome en olies wat jy op die plekke kan gebruik vir twee tot drie keer per dag.
♦♦♦
Stamp 3 stukkies gemmer fyn saam met ½ wit ui. Voeg 30 mℓ growwe meel en 30 mℓ brandewyn by en meng om ’n pap te maak. Smeer dit aan die bloukol.
♦♦♦
Die blaarsap van suurvye word gebruik as 'n strelende velmiddel vir kneusplekke.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
♦♦♦
Stamp 3 stukkies gemmer fyn saam met ½ wit ui. Voeg 30 mℓ growwe meel en 30 mℓ brandewyn by en meng om ’n pap te maak. Smeer dit aan die bloukol.
♦♦♦
Die blaarsap van suurvye word gebruik as 'n strelende velmiddel vir kneusplekke.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
26.1.26
Kruie vir kwale: Kanker
Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik die tee vir kanker. Dit kan ook as wasmiddel gebruik word. Hiervoor gebruik jy 4 hande vol blare van die kankerbossie, ’n fyngedrukte bol wildeknoffel en 4 hande vol kruidjie-roer-my-nie se blare. Alles saam word in kookwater getrek vir 30 minute. Die lyf word gewas terwyl die mengsel nog warm is en die pasiënt moet ook 125 mℓ van die mengsel drink. Die 125 mℓ moet egter afgetap word na 15 minute se trek. As dit te sterk is, kan dit die persoon laat opgooi. Hoe bitterder ’n kankerbossie-mengsel is, hoe sterker is dit
♦♦♦
Gebruik 3 g bloublomsalie, 3 g kankerbossie en 3 g wildedagga om ’n tee te maak.
Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi.
Drink dit vir kanker.
♦♦♦
Catharanthus roseus het verskeie name. Die meeste mense ken dit in Afrikaans as die Kanniedood. Interessant van die plant is dat sekere bestanddele daarvan gebruik word in chemoterapie vir die behandeling van sekere kankersoorte. Dit word ook lank reeds gebruik in tradisionele Indiese en Chinese medisyne.

Kanker
Subscribe to:
Comments
(
Atom
)