Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

5.12.11

Vrae oor geboortebeperking


Natashia skryf: "Goeie dag! Ek voel eintlik baie skaam om so iets te vrae maar laat ek maar my trots in my sak steek. Ek is 23 jaar oud en het 'n probleem. Ek't omtrent so 'n week terug my maanlikse menstruasie siklus gehad en dit het so week geduur toe's dit verby en 3 dae het verby gegaan toe begin ek weer van vooraf te menstrueer en dis nou alweer 'n week wat dit voortduur en het nog nie opghou nie. Ek's baie bekommerd want ek 's die heletyd moeg en naar. Ek't self 'n swangerskap toets gedoen maar dit wys negatief. Ek was op die voorbehoed pil Triphasil maar dit was net vir omtrent 'n maand gewees so ek weet nie of dit enigsins 'n invloed het nie. Hoop jy't vir my raad."
Antwoord: Dit kan as gevolg van die Triphasil wees. Dit behoort egter na 'n maand of twee op te hou. Jy sê ongelukkig nie hoe lank terug jy op Triphasil was nie. Indien jou simptome nie verbeter nie moet jy 'n dokter gaan spreek.

Juls skryf:
"Ek is 20 jaar oud en nou so 2 of 3 weke op die 3 maande inspuiting. Is dit moontlik dat ek nog kan swanger word?"
Antwoord:
Nee, die inspuiting werk onmiddelik.

Onseker skryf:
"Ek wil graag weet of daar enige moontlikheid is dat jy nog kan swanger raak sodra jy met die inspuiting begin? Ek het al vir 2 inspuitings gegaan vandat ek begin het daarmee en is net 'n bietjie onseker of daar nog moontlik eierselle kan geproduseer word?
Antwoord:
Die inspuiting werk beter as die pil. Net sowat 2 uit elke 1000 vroue wat die inspuiting gebruik raak verwagtend. Dit werk onmiddelik.

Karen skryf:
"Ek is 35 jaar, en het 2 pragtige dogtertjies. My geboorte-beperking geskiedenis is as volg. Ek was omtrent 8 jaar op Trivasil, en het omtrent 1 - 2 jaar gelede 'n geneesheer besoek omrede ek moeg en "af" gevoel het. Hy het aan my gese dat Trivasil wel 'n hormoon bevat wat soms vroue se gemoed kan beinvloed; en voorgestel dat ek 'n intra-apperaat moet kry, wat minder hormoon vrystelling sal he. Ek kan wel die verskil op my gemoed voel, nadat ek van die pil af is en die apparaat gekry het, maar daar-in-teen is my menstuasie siklus swaar, met baie ongemak en pyn. Ek ervaar selfs tydens ovulasie ongemak, en ervaar die grootste deel van die maand 'n afskeiding. My vel word ook daardeur geaffekteerd en tydens ovaluasie en menstruasie kry ek op my ouderdom steeds puisies! Ek is op 'n plaas, en die gemak vir my om egter op hierdie manier "veilig" te wees, het my maar tot dusver laat uithou. Ek is ook versigtig vir die inspuiting; - uit stories wat ek al gehoor het. Ek is nog nie gereed vir steralisasie nie, aangesien ek nog nie seker is of ek klaar is met my gesin nie. Ek weet ook agv my ouderdom dat ek binnekort hieroor ook 'n besluit moet neem, maar is nog onseker. Watter ander vorm van geboortebeperking kan jy aanbeveel. Hoe beinvloed die ouderdom van 'n vrou 'n swangerskap, en wanneer is dit wys om nie meer swanger te raak nie. Ek weet dat vrouens 40+ al pragtige babas in die wereld gebring het, maar wat is veilig?"
Antwoord:
Soos reeds genoem is geboortebeperking 'n persoonlike keuse. Elkeeen van ons se liggame is anders en het ander behoeftes. Hierdie is 'n besluit wat jy saam met jou dokter moet neem na gelang van jou persoonlike gesondheid en daar is geen rede hoekom jy hoef bang te wees om die inspuiting te probeer nie.
Dit is so dat hoe ouer 'n vrou is hoe groter is die kans dat daar fout kan gaan met swangerskap. Gelukkig het die mediese wetenskap ook so gevorder dat "ouer" vroue nou suksesvol geboorte skenk. Maar dit bly 'n geval van eerder vroeër as later.

Annaliza skryf:
"Ek wil weet watter een is die beste die pil of die inspuiting."
Antwoord:Dit hang van persoon tot persoon. Jy kan vir 'n algemene ondersoek gaan en jou dokter vra om 'n aanbeveling te doen. Indien jy baie vergeetagtig is sal ek dink jy moet eerder die inspuiting gebruik.

Michelle vra:
"Ek is op die pil nou al 4 maande lank en wil weet of 'n swangerskap toets effektief is as ek nog op die pil is. Ek doen self een elke maand want ek is baie vrugbaar en wil weet of ek nog dit die hcl inhoud in my uriene nog steeds wys as ek op die pil is?"
Suster:
As mens swanger raak, verander dit die hormoonvlakke in die bloed. Die sal dan wys in jou uriene. Al is jy op die pil, sal dit steeds wys.

Anoniem vra:
"As jy die pil vergeet vir hoe lank is jy onveilig en hoe maak die kleur pilletjie ´n verskil?"
Suster:
Jy sal onveilig wees totdat jy weer ´n normale menstruasiesiklus gehad het. Tot dan is dit beter om ander voorsorg te tref. Die enigste tyd wat dit nie saak maak dat jy die pilletjie vergeet nie is die tyd wat jy in die rooi van die pakkie is m.a.w. wanneer jy menstrueer.

Mara skryf:
"Ek het twee maande terug ´n pil gemis - dit was omtrent a week voor my menstruasie - ek het heeltemal vergeet - het dit heel uitgelos en aangegaan met die res van die pille - ek het toe a kort menstruasie gehad. Ek het die menstruasie pille toe geskip en geen gewone menstrusie weer gehad nie. Daarna het ek ´n nuwe pakkie begin - nie op die rooi nie waar mens met ´n nuwe pakkie gewoonlik begin nie maar op die eerste pil na die rooi... ek dink ek het nou alles deurmekaar gemaak - ek is nou aan die einde van die pakkie en het nog steeds geen menstruasie. Kan ek begin swangerskap toetse doen of het ek nou weereens my menstruasie geskip met die deurmekaat pil drinkery? Ek gebruik Minesse omtrent 10 maande lank al."
Suster:
Daar is ´n moontlikheid dat jy swanger kan wees. Voordat jy aangaan met die pille, stel ek voor dat jy eers ´n swangerskapstoets doen aangesien dit wel probleme kan veroorsaak as jy aangaan met die pil en reeds swanger is. Om een pilletjie te vergeet sal gewoonlik nie jou hele siklus omver gooi nie. Indien jy negatief toets vir swangerskap, gaan net normaalweg aan met die pil en jou siklus sal regkom. Dalk moet jy eerder die inspuiting oorweeg as jy geneig is om te vergeet om die pil te neem. Dit is belangrik dat die pil op min of meer dieselfde tyd elke dag geneem word.

Anoniem skryf:
"Ek het twee keer swanger geraak op Trivasil. Ek het ook gesukkel met Loette, Nordette en Yasmine. Ek het al die newe-effekte van die pille opgedoen. Kan jy vir my raad gee vir enige ander voorbehoeding of voorbehoedpil?"
Suster:
Dit is baie moeilik om jou raad te gee, aangesien jy nie noem wat die newe-effekte is wat jy ervaar nie. Wat die Triphasil betref: geen pil is 100% veilig nie en dit is ook baie belangrik dat jy dit reg gebruik. Het jy al een van die inspuitings probeer? Dit sal dalk beter wees as jy ´n doter gaan sien en eers jou hormoonvlakke laat nagaan voordat jy weer op ´n ander pil gaan. Onthou ook dat jy vir ten minste 3 maande op een tipe pil moet wees voordat jou hormone aangepas sal wees. Kan dit dalk wees dat jy nie geduldig genoeg is nie en van die een pil na die ander verander sonder om genoeg kans te gee?

Anoniem skryf:
"Ek het die pil Maart 2003 gelos. My siklus was so 30/31 dae, maar Augustus/September was dit 23/24 dae. Hierdie maand is ek reeds by my 27ste dag en menstueer nog nie. Ek het ´n swangerskap toets gedoen wat negatief was. Is dit moontlik dat ek die toets te vroeg gedoen het? Kan daar steeds ´n moontlikheid wees dat ek swanger is? Of moet ek maar eers wag en kyk wat gebeur na 31/32 dae?"
Suster:
Dit lyk asof jy die toets dalk te vroeg gedoen het. Wag tot die tyd om is vir jou normale siklus 30/31 dae. Indien jy dan ten minste 10 dae laat is kan jy die toets herhaal.

Susan skryf:
"Hoe lank bly antibiotika in jou sisteem, en hoe lank werk dit teen die pil, m.a.w. hoe lank is ´n vrou nie "veilig" nie."
Suster:
Jy sal eers weer veilig wees na jou volgende menstruasie. Gebruik dus ander metodes van voorbehoeding as jy nie wil swanger raak nie.

Anoniem skryf:
"Ek is nou al amper 2 maande op die voorbehoed pil. Ek weet so ´n paar dinge maar sal egter meer wil weet. Onder andere sal ek wil weet wat die kanse op swangerskap is. My kêrel geniet dit om binne in my te ontlaai. Gee my asseblief raad."
Suster:
Die pil is 98% veilig, indien dit reg geneem word en ´n paar reëls nagekom word.
1. Neem dit gereeld op min of meer dieselfde tyd elke dag.
2. Gebruik kondome of ander voorbehoeding as jy antibiotika gebruik, tot jou volgende normale menstruasie.
3, As jy diarree of braking het, doen dieselfde as in nr. 2.
4. As jy EEN pil oorslaan, neem dit so gou as wat jy onthou, al is dit saam met die volgende dag s´n. Neem aan dat jy NIE dan veilig is nie, en tref voorsorg.

Belinda skryf:
"Ek neem reeds vir 6 jaar die Voorbehoed Pil, en gaan trou aan die einde van volgende jaar. Natuurlik, is kinders een van die onderwerpe van bespreking. Sal die feit dat ek reeds so lank op die pil is, my kanse van swangerskap beinvloed? En wanneer ek ophou om die Pil te neem, hoelank sal dit min of meer vat voor die effek daarvan uitgewerk is?"
Suster:
Die tydperk wat jy op die pil was behoort nie enige effek te hê op jou kanse om swanger te raak nie. Dit kan egter drie tot ses maande neem vir jou hormone om na "normaal" terug te keer. Onthou dat die pil jou hormone op ´n sekere vlak gebring en gehandhaaf het. Die oomblik as jy die pil los, sal daar ´n verandering wees in die hormoonvlak en moet dit weer terugkeer na die staat waarin dit verkeer het voor die pil. Dit kan ongereelde menstruasie, bloeding tussen menstruasie en pyn tydens menstruasie meebring. Hou egter moed: dit sal wel weer regkom. Sterkte.

Suster het die volgende vraag gekry:
"Ek wil net weet, ek gebruik die inspuiting,en ek het nogal baie gewig aangesit. Na hoe lank nadat ek die inspuiting nie meer gebruik nie sal ek begin gewig verloor?"
Suster:
Die effekte van die inspuiting werk uit na 3 tot 6 maande. Jy behoort dan makliker gewig te verloor. Sterkte!

Thia vra:
"Hoe lank na die Pil gelos is sal jou maandeliks periode terugkeer na normaal?"
Suster:
Ek neem aan dat jy probleme gehad het met die pil. Dit maak nie ´n verskil nie. Omdat die pil ´n sekere vlak van hormone handhaaf, word dit versteur as jy die pil los. Dit kan tot 3 maande neem vir die hormone om terug te keer na normaal.

28.11.11

Suster Lilian se babasorgboek

Suster Lilian is ’n alombekende en -beminde babasorgkenner. In dié bygewerkte uitgawe van haar hoog aangeskrewe Babasorgboek spreek sy die belangrikste kwessies aan wat ouers van pasgebore babas tot driejarige kleuters raak.

Die boek word ingelei met ’n deurskouende blik op die baba se eerste 12 maande, wat sal verseker dat die ma met die nodige selfvertroue haar baba leer ken. Ouers word gewys op die fisieke en emosionele kenmerke van hul babas, sodat hulle hul werklik intiem sal leer ken. Suster Lilian help hulle om meer staat te maak op hul natuurlike instinkte en gesonde verstand terwyl hulle die nuweling grootmaak.

Algemene ouerskapskwessies word in die onderskeie afdelings beskou. Suster Lilian se benadering is om tradisionele en natuurlike genesing (veral homeopatie) te integreer waar daar kommer oor die gesondheid is (koliek, kindersiektes, eetprobleme, slaapversteurings, noem maar op). Sy bewapen ouers met die nodige insig om self aktief betrokke te raak by hul babas se gesondheid.

Suster Lilian se boek is verseker van ’n plek op die rak van elke ouer wat werklik die beste moontlike ouer vir sy kind wil wees.

Also available in English: Sister Lilian's Babycare Companion.

Koop / Buy Suster Lilian se babasorgboek >>

Suster Lilian se babasorgboek / deur Lilian Leistner -- Human & Rousseau, 2011. -- 344 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798152914 : R 230.00

21.11.11

Longontsteking

Longontsteking is die inflammasie van een of albei longe.

Die simptome is gewoonlik 'n pynlike, aanhoudende gehoes. Die gehoes kan met koors en kortasemheid gepaard gaan.

31.10.11

Bikini-uitslag

Hier is twee metodes om ontslae te raak van daai uitslag by jou bikini-lyn:

1) Smeer gewone joghurt op die area en laat vir 15 minute op.
2) Los ´n geweekte teesakkie op die area vir 10 minute.

24.10.11

Vrae oor die vel - ekseem, ingroei haartjies, jeuk, rooi kolle, merke, strepe, pigmentasie, hande, voete, aknee, swelling


Stella skryf: "Ek wil by u hoor. Ek het 'n rooi jeukerige brand op my T-zone van my gesig. Vriendin dink dis Ekseem. Wel my vel voel of dit styf trek en maak dan velletjies wat af kom, so as of dit te hard met 'n gesig skraapie gewas is. Die rooi uitslag begin my nou bietie pla. Niks wat ek gebruik help dit nie. Dink u dis ekseem en wat moet ek doen want ek kry dit nou gereeld. Meer as voorheen. Kan u my asseblief raad gee."
Antwoord :
Soos voorheen genoem is dit moeilik genoeg om 'n velaandoening te diagnoseer is dit amper onmoontlik om dit op die Web te doen. Vra jou dokter om jou te verwys na 'n spesialis.

Pieter Els skryf:
"Ek kry gereeld ingroei haartjies in my haarlyn agter in my nek. Ook puisies en knoppies agter my ore. Ek is 'n tipe 2 diabeet. Het hierdie dalk verband met bloedvaatjies, toevoer van bloed na vel? Wat is die probleem en wat kan ek gebruik vir dit?"
Antwoord:Dit is 'n algemene probleem wat baie heelwat mense voorkom. Wat wel vir diabete belangrik is, is om nie iets te gebruik wat moontlik infeksie kan veroorsaak nie. Dit help soms om jou hare bietjie langer te laat groei.

Maria skryf :
"Ek sukkel al vir 3 jaar met dieselfde probleem. Die ding is net ek is nie seker of dit ekseem is nie. My vel jeuk aanhoudend en hoe meer ek krap hoe meer jeuk dit. Dit is vanaf my bene, maag onder my borste en my arms. Ek sweet nie regtig nie (winter en somer) so dit is nie regtig dit wat dit kan veroorsaak nie. Die plekke waar dit jeuk is ook nie rooi nie en daar is ook geen uitloopsels nie. Dit voel meer of dit onder my vel is. Ek het al rome, olies en alles probeer, maar dit hou vir 'n dag of twee op dan begin dit weer. Die tipe seep wat ek gebruik is wit, maar dit is asof die wit seep my vel meer uitdroog selfs Dove en Vaseline. Ek kan nie gekleurde seep gebruik nie want dan kry ek infeksies en rash. So ek is al raadop, want nie eens varkvet werk nie. Het u dalk 'n idee wat dit kan wees? Ek kry dit reg deur die jaar."
Antwoord :
Dit klink nie soos ekseem nie aangesien jy sê dit voel asof dit onder jou vel is en daar is geen uitslag nie. Om 'n velaandoening te diagnoseer is moeilik genoeg en daarom is dit amper onmoontlik om dit op die Web te doen. Vra jou dokter om jou te verwys na 'n spesialis.

Katriena Muggel skryf :
"As ek bad dan brand jeuk my bene en arms. Al gebruik ek geen seep nie. Ek kon nog nooit uitvind wat die probleem is nie . Ek hou nie daarvan om te bad nie."
Antwoord :
Daar kan verskeie oorsake wees en jy moet dat jou dokter jou 'n veltoets gee. Indien jy 'n baie sensitiewe vel het kan dit selfs veroorsaak word deur die skoonmaakmiddels wat jy vir die bad gebruik.
Marizanne King skryf :
"My gesig,hande slaan roi kolle, merke, strepe uit wat baie irriterend is, dit raak warm asof ek my hande in warm water gedruk het, in my gesig slaan net dele uit, bv. my neus (dan lyk ek soos rudolph the rednose reindeer) of ek kry rooi "strepe" op my wange en ken, dit is hoogs irriterend ek het al als probeer, ek bly in London, en al wat die dokters hier vir 'n mens se is: you need more exercise! En ek gym tog elke dag en eet gesond. Kan suster asb vir my raad gee!! Op hierdie staduim van die dag sal ek enige iets doen. (ek glo nie dis menopause nie want ek word vlg maand eers 25)"
Antwoord:
Daar kan verskeie verklarings hiervoor wees. Oplossings vir die probleem is ook nie altyd maklik nie, indien enigsins. Aangesien jy in Londen is wil ek voorstel jy oorweeg die ION by Blades Court, Deodar Road, London SW15 2NU Tel: 0208 877 9993 Fax: 0208 877 9980.

Myriam skryf: "Ek het pigmentasie vlekke ontwikkel so drie jaar terug. Ek het alles probeer op die mark , maar niks help. Is daar enige raad?. Ek is 38 jaar oud."
Antwoord:
Dit hang alles af van watter tipe pigmentasie ons hier te doen het. Vir vlekke wat nie wil reageer op behandeling nie kan jy ligterapie probeer, dit werk in sowat 50% van alle gevalle. Daar is ook kosmetiese behandelings wat moontlik kan help met jou toestand.

Ans du Preez skryf:
"My hande en voete jeuk in die somermaande vreeslik. Al wat help is as ek dit in koue water sit. Partykeer krap ek my stukkend. Hierdie probleem kom op sy ergste in die nag voor. My voete en hande voel warm en ek kan nie spesifiseer waar die jeuk voorkom nie. Ek is al moedeloos en moet in die aande opstaan om my hande en voete in yskoue water te sit."
Antwoord:
Laat jou dokter jou toets vir allergieë.

A B skryf:
"My dogtertjie is nou 1 maand en 2 dae, sy het verlede Dinsdag sulke klein "bumps" op haar gesig gekry en my midwife het gesê dat dit heat rash is, nie te bekommer nie. Ons het Donderdag van Engeland geland in die Kaap en die rash het nou erger geword en die knoppies maak amper rofies, maar tog nie. Dit lyk asof dit weg is as sy slaap maar sodra sy met haar koppie teen jou sit of as sy klaar gevoed het dan raak die knoppies rooier en dit het ook nou al versprei na haar oortjies en onder die oortjies. Ek is aanbeveel om haar 2 keer 'n dag met koeksoda en water mengsel af te spons. Is dit hitte of dalk suur agv dieet. Watter vloestof is goed as mens borsvoed - sap gee ook suur en gas gee winde - bly net water oor? Het verskriklike dorste!"
Antwoord:
Dit klink soos 'n heat rash. Indien dit weens die hitte is kan jy begin deur haar uit die son te hou en vir haar los klere aan te trek, niks wat te styf teen die vel sit nie. Sorg ook dat jy haar voldoende afkoel sodra die temperatuur styg. Die koeksoda-mengsel (2 teelepels per 4 liter water) is 'n goeie idee. In warm weer kan jy haar op haar eie laat droog word na 'n bad in plaas van om haar af te droog met 'n handdoek. En hou haar naeltjies kort sodat sy nie haarself stukkend krap nie.
Dit is verstopte sweetgaatjies wat die uitslag veroorsaak. Haar sweetgaatjies is verskriklik klein en wanneer sy sweet om af te koel raak hulle maklik verstop. Dit is nie net hitte wat sweet veroorsaak nie maar ook koors. Sy kan selfs die uitslag ontwikkel weens 'n room of salf wat jy op haar smeer.
Water bly maar nommer een om die dors te les.

17.10.11

Vrae oor borsvoeding


MS skryf: "My eerste baba amper 2 is net vir 10 dae geborsvoed ons beplan tans nr 2 maar wil weet of ek dit sal kan doen. Ek het plat nippels en het nou vir my iets gekry wat sal help om dit uit te bring maar as dit nie sal help wil ek nie eers dink daaraan om swanger te raak nie. Ons beplan om sept swanger te raak sodat nr 2 junie se kant kan kom. Eks tans in Engeland en hier gaan hulle op 4 jaar skool toe. Dit los my tyd vir die baba in die dag. As ek net raad oor my plat nippels kan kry en of dit die moeite werd is om swanger te raak en weer te probeer sal ek soveel beter voel. Dit het my hart gebreek toe ek nie meer kon borsvoed nie maar was in deels ook my skuld oor ek dit net 1x op 'n dag gedoen het. Ek het nie genoeg hulp gekry tydens die eerste weke nie. My midwife was baie onhulpvaardig gewees."
Antwoord: Dit is wel moontlik om met plat tepels te borsvoed. Baba's wat kan goed vassuig kan self 'n plat tepel uittrek. Aangesien jy in Engeland is behoort jy nie probleme te hê om Breast Shells (ook genoem milk cups) op te spoor nie. Dit plaas druk op die area om die tepel sodat dit uit kan kom of ten minste makliker uitgesuig kan word. Jy begin dit reeds dra voor baba se geboorte vir 'n paar uur elke dag. 'n Ander stukkie toerusting is 'n Evert-it Nipple Enhancer wat jy by dieLa Leche League kan bestel. Dit doen omtrent dieselfde as 'n borspomp. Jy kan selfs 'n borspomp gebruik net voor jy borsvoed om die tepel uit te lig.
Indien hierdie tipe toerusting jou afsit kan jy die volgende oefening probeer. Plaas 'n duim aan weerskante en styf teen jou tepel. Druk nou die bors plat terwyl jy terselfdertyd die duime uitmekaar trek. Doen dit vyf keer per dag. Begin wanneer jy swanger raak en hou aan daarmee terwyl jy borsvoed. Elke keer as baba borvoed kan jy ook die vel liggies rek met jou een hand, duim bo en vier vingers onder. Dit sal dit makliker maak vir baba om die tepel te kry.
Alle sukses met julle planne!
Enige lesers met ander raad kan ook gerus van hulle laat hoor.

Chenelle skryf: "My eerste seuntjie is amper 2! Het geborsvoed tot op 5 maande. My melk was aan die begin maar min. My tweede is in April hier en wil net weet wat ek doen om die melk met beboorte "reg" te hê. Ek wil graag normaal kraam aangesien die eerste ook normaal was. My eerste was wel op 35 weke gebore en het 3.6 geweeg. Is daar sekere kosse wat ek kan opneem?"
Antwoord: Gesond bly is die belangrikste ding wat jy kan doen, voor die geboorte en in die tyd wat jy borsvoed. Volg 'n gesonde dieet en doen ligte, lae impak oefeninge.

Henriette skryf: "My baba is 6 weke oud en sukkel met krampe en winde. Nadat sy gedrink het wil sy nie die winde laat uit kom nie. Ek probeer om my dieet reg te eet maar weet nie wat als maak gas en wat nie. Kan jy dalk vir my 'n lys stuur van al die mag nie eet nie? Sy is baie wakker vir haar ouderdom en is verder gesond en weeg 'n volle 4.8kg. So ek glo my melk is voldoende maar gee haar gas en krampe wat baie seer maak. Sal dit waardeur as jy my kan help."
Antwoord: Dit gebeur wel dat sekere voedselsoorte soms 'n baba kan irriteer, maar ons soek te veel die fout by ons dieet. Navorsing ondersteun nie die idee dat ons dieet ons baba's winderig maak nie. Sommige baba's is gewoon meer winderig as ander. Dit is as gevolg van die baba se spysverteringstelsel wat nog leer om aan te pas in die nuwe omstandigehede. Tyd sal heel moontlik jou probleem oplos. Enkele ander dinge waarvoor jy kan pasop is:
  • Te veel melk te gou - baba kry nie kans om goed te sluk nie en daar kom te veel lug in saam met die melk
  • Huil - baba huil baie en sluk wind in die proses

Indien dit wel iets is wat jy inneem waarvoor baba sensitief is sal sy ook ander simptome toon soos braking, diaree, 'n neus wat loop of 'n uitslag.

Tanja van Loggerenberg skryf: "Ek het 'n seuntije van 11 maande en borsvoed nog steeds. Die afgelope tyd is my tepels ongelooflik gevoelig en my een bors is heelwat groter as die ander ene omdat die mannetjie net die een kant verkies. Ek laat hom altyd eerste aan die klein bors drink en gee genoeg tyd daarvoor maar my melkproduksie bly sleg in die een bors. Die ander bors is geswel en ek het mastitis in die bors gehad. (Dis al 5 maande terug!) Kan dit wees dat ek 'n abses in die bors het? Daar is nie 'n harde knop nie ... maar tog 'n rooierige merk bo op die bors. Ek's 'n voorstaander van lank borsvoed, maar die ongemak laat my wonder"
Antwoord: Dit gebeur dat 'n baba net een bors verkies. Wanneer jy ophou borsvoed sal die ander bors na normaal terugkeer. Indien die verskil in grootte jou pla kan jy 'n borspomp gebruik om die bors bietjie kleiner te maak. Die rooierige merk en swelling pla wel. Ek sou aanbeveel jy gaan vir 'n ondersoek. Dit kan wees dat die mastitis terug is, maar dit sal die ondersoek bepaal. Mastitis kom normaalweg gedurende die eerste drie maande voor, maar dit is glad nie onmoontlik dat dit nou weer kon opvlam nie. Indien jy dit vantevore gehad het is jou kanse groter as iemand wat dit nog nie gehad het nie om dit weer te kry. Ook omdat hy nie aan die bors drink nie kan bydra. Gedurende die tyd is dit belangrik dat jy baie vloeistof inneem en warm kompresse op die opgeswelde bors plaas van tyd tot tyd.

Louise Coetzee skryf :
"My seun is 11 maande oud. Ek borsvoed hom nog. Hy eet baie goed en kry tussen 3 en 4 melkvoedings 'n dag. Het darem nou sover gekom om die nagvoeding uit te sny. Ek is nou 6 weke swanger. My tepels is baie teer maar tepelroom bring darem bietjie verligting. Is dit wys om te borsvoed terwyl mens swanger is? Watter aanvullings kan ek neem? Ek is doodmoeg, slaap maar min want my seun 'n slegte slaper. My seun weier om ook bottel te drink en weier ook formulemelk! Ek gee ook vir hom tussendeur tee of sap uit 'n glas."
Antwoord:
Dit hang van jou af of jy nog wil borsvoed terwyl jy swanger is. In meeste gevalle kan vroue nog borsvoed tydens swangerskap. Die fetus sal niks kortkom nie. Die melk kan egter nou minder voedingswaarde hê (jou liggaam pas natuurlik aan sodat die fetus die regte voedingstowwe kry), maar dit is nie 'n probleem nie aangesien jy sê hy eet goed. Die beste is om jou dokter uit te vra oor jou spesifieke geval. Hy/sy behoort jou te ondersoek en 'n aanduiding te kry vn jou gesondheid en moontlike komplikasies. Praat ook met jou dokter oor (veilige) aanvullings. Jy behoort na jou dieet te kyk en seker te maak dit is optimaal vir jou en die baba wat jy dra.

Florence May skryf :
"Dit is nou al vier maande wat ek my dogter nie meer borsvoed, maar vandat ek haar nie meer borsvoed voel dit vir my of ek haar nog borsvoed, my borste voel of dit nog melk het en dit is seer."
Antwoord:
Dit is normaal. Net omdat jy opgehou borsvoed het beteken dit nie jou liggaam moet ophou melk produseer nie. Dit verskil van persoon tot persoon, maar dit kan nog etlike maande neem voor jou borste opdroog (jy sê ongelukkig nie presies hoe oud jou dogter was toe jy opgehou het nie). Jy kan die melk uitpomp. Dit sal nie veroorsaak dat jou liggaam nog ekstra melk vervaardig nie. Sit verkoelde koolblare op jou borste tot hulle verwelk en dra 'n stewige sportbra.

Aluchka skryf :
"Ek het a twee weke oue baba dogtertjie, ek borsvoed haar, so twee dae terug het sy begin opgooi, na elke borsvoeding en har maag werk ook aanhoudend, sonner ophou, sy braak ook sonner ophou, ek het nie a mediese fonds nie, wat kan ek doen? Sy het ook baja suur in haar gesiggie, sulke rooi kolletjies?"
Antwoord:
So 'n entjie laer af is vrae en antwoorde oor braking en die baba se magie. Indien jy daarna nog steeds voel jou baba se toestand is abnormaal moet jy dadelik na 'n staatskliniek neem. Jy betaal 'n klein fooi daar en hulle behoort jou in alle geval nie weg te wys nie. Hoop julle kom reg.

Rozanne Hollenbach skryf:
"Ek het ingetrekte nippels en hulle is in die laaste tyd so gevoelig, en hulle "kom uit" kan dit dalk 'n teken van 'n moontlike swangerskap wees? Ek is al 5 maande getroud."
Antwoord:
Nee, dit is nie 'n definitiewe aanduiding van swangerskap nie. Dit is wel nie onmoontlik nie.
Jy sê nie jou ouderdom nie so dit is moeilik om te raai wat die oorsaak kan wees. Het jy dalk onlangs van voorbehoedmiddel verander? Gebruik jy enige voorbehoedmiddel.

Philma van Eeden skryf:
"Ek's tans 6 maande swanger, wil bitter graag borsvoed. Ek het met my eerste kind geborsvoed. Ek was so onseker en het gegaan tot 6 weke wat my kleinding sproei in sy mond gehad het en my aangesteek het. Ek wil graag meer inligting rondom borsvoeding hê soos wanneer, tyd en hoe lank. Almal se tips en raad was nie genoeg nie, want almal het my meer depressed gemaak. Kan 'n mens borsvoed en op dieet gaan en oefening doen? Wanneer kan 'n mens begin met voorbehoedpille drink sonder om weer swanger te raak?"
Antwoord:
Van jou vrae is reeds hieronder beantwoord.
Wat die dieet betref is borsvoeding een van die beste maniere om gewig te verloor. Vir sommige vroue is dit die grootste aansporing om te borsvoed, want dit help jou om jou lyf terug te kry. Wag maar met die ander eetplanne tot jy klaar geborsvoed het.
Oefening kan jy wel doen. Dit nie net jou lyf nie, maar ook jou gemoedstoestand goed doen. Jy moet egter gebalanseerd eet en probeer om nie meer as twee kilogram per maand te verloor nie.
Borsvoed vir 6 weke voor jy weer met voorbehoedpille begin.

Nicolette de Koe skryf:
"Ek het 'n dogterjie van byna 3 jaar. Sy het bors gedrink tot op 2 jaar en ses maande. Ek is nou weer swanger en soms wil sy nog bors hê. Ek weier want my borste is baie seer. Ek is nog baie jonk en my bortse is vol rekmerke. Wat kan ek doen of gebruik. Ek beplan ook om die nuwe baba net 2 maande te laat drink. My een bors is ook kleiner as die ander een. Gee raad asb."
Antwoord:
Sien Speenlinge.

Delené Van Zijl skryf:
"Ek is nou 18 weke swanger en het besluit dat ek graag my seuntjie wil borsvoed, aangesien dit die gesondste en natuurlikste manier van voeding is. Ek wil net graag uitvind wat ek mag en nie mag eet nie. Ek het gehoor dat 'n mens nie sterk gegeurde kosse moet eet nie, maar wat nog?
Ek het 'n dogtertjie van 3 jaar maar ek het haar destyds net vir twee weke geborsvoed want dit was vir my vreeslik seer gewees en sy het nie genoeg melk ingekry nie. Wat staan my te doen om te voorkom dat dit so seer raak en dat ek weet my kind gaan genoeg melk inkry.
Antwoord:
Maak seker jy hou jou tepels droog tussen voedings. Hou ook seep en sjampoe weg van hulle wanneer jy jou was. Indien hulle baie seer raak moet jy 'n salf probeer wat lanolien bevat. Jy kan ook olyfolie aan hulle smeer.
Sien gerus die antwoorde op die res van jou vrae hieronder.

Anoniem skryf:
"My baba is nou so 5 dae oud. Ek borsvoed haar. Elke keer wanneer ek haar gevoed het dan gaan haar magie. Is dit normaal? Die ander vraag is: Terwyl sy drink, dan bring sy van die melk weer op. Hoekom is dit?"
Suster:
Dit is heeltemal normaal. Babas wat geborsvoed word se magie kan een maal per week gaan, of met elke voeding. As jy praat van "opbring", is dit die hele voeding of net 'n klein hoeveelheid? Indien dit 'n klein bietjie is, is dit dalk van 'n wind. Maak seker dat jy tussen die voedery deur wel windjies uitvryf. Tel die hoeveelheid nat doeke wat jou babatjie in 24 uur het. Dit behoort 7 - 10 te wees. Dan weet jy jou babatjie kry genoeg en hoef jy nie verder te bekommer nie.
Sterkte, en vasbyt met die borsvoeding!

Veronica skryf:
"My baba is 1 jaar oud en ek borsvoed hom nog steeds. Ek weet egter nie of hy genoeg melk inneem nie. Hy wil glad nie 'n beker of bottel drink nie. Bonop is hy 'n swak eter. My familie sê as ek hom van die bors afhaal sal hy beter eet. My baba huil verskriklik as ek hom 'n bottel probeer gee. Dit voel vir my nog nie reg om hom af te haal nie. Het u enige raad?"
Suster:
Ek wil jou gelukwens dat jy jou baba so suksesvol borsvoed. Knap gedaan! Op hierdie ouderdom behoort jou seuntjie al drie maaltye per dag te eet, en minder te drink. Jy noem nie hoe gereeld jy hom op die bors sit nie, maar 2 - 3 maal per dag behoort genoeg te wees, aangesien hy vitamienes en minerale inkry deur die vaste kos wat hy inneem. Probeer ook om hom nie voor ete aan die bors te laat drink nie, aangesien dit sy eetlus sal beïnvloed. Om sy eetlus nog te verbeter kan jy ook vir hom vitamienes gee. Daar is stroop of koubare multivitamienes wat jy by enige apteek of selfs groot afdelingswinkels kan koop. Jy hoef hom regtig nie nou af te haal nie. Moenie na ander luister nie. Doen wat jy voel is reg... jy is tog immers sy moeder en weet wat goed is vir albei van julle. Terwyl hy sy mylpale bereik en groei soos verwag is daar geen rede vir kommer nie.

Lee-Ann skryf:
"Ek gaan my baba borsvoed as hy nou in Desember gebore word. Die vraag wat ek wil vra is wat is die kossoorte wat ek moet vermy om te eet en wat mag ek drink en nie drink nie en watter vrugte moet ek vermy?"
Suster:
Ek is baie bly om te sien dat jy gaan borsvoed. Jy weet beslis hoe om jou babatjie 'n voorsprong te gee!
Die beste is om 'n gesonde dieet te volg. Dit is so dat jou babatjie ook geraak word deur wat jy eet en drink. Probeer kossoorte beperk of vermy wat gasvormend is bv. kool, blomkool en ook die wat suur veroorsaak soos tamaties. Dit is nie nodig om dit heeltemal te vermy nie, maar net min daarvan in te neem. Jy moet BAIE vloeistowwe inneem terwyl jy borsvoed. Jy sal vind dat jy in elke geval meer dikwels dors word. Drink water, tee en verminder maar die kaffeininname. Coke is ongelukkig uit, aangesien dit krampies by meeste babas veroorsaak. Drink min gaskoeldrank en beperk ook vrugtesappe, aangesien dit ook suurvormend is. Jy sal weldra agterkom wat jou babatjie omkrap.
Baie sterkte en laat weet hoe dit gaan.

Anoniem skryf:
"Ek wil aan neem maar wil borsvoed om ´n band te vorm met die kind. Wat kan ek neem/doen om te begin lakteer?"
Suster:
Tien uit tien vir jou! Die vorming van borsmelk is a.g.v. hormonale veranderings. Om te lakteer, sal jy hormonale behandeling moet kry. Die beste is om jou dokter te gaan sien aangesien dit net op voorskrif beskikbaar is. Sterkte en laat weet hoe dit gaan!

Joline skryf:
"My baba is 2 weke oud en ek borsvoed, maar dit lyk vir my of my melk opdroog of klaar word. Wat kan ek gebruik om my melk aan te help?"
Suster:
Tien uit tien vir jou dat jy jou babatjie borsvoed.
Eerstens moet jy baie vloeistowwe drink. Jy kan brouersgis tablette drink wat jou melkproduksie sal aanhelp. Wees ook geduldig. Na twee weke verander jou babatjie se behoeftes en sal jy hom/haar meer op die bors moet sit sodat jou borste kan aanpas. Maak ook seker dat jy die baba reg aan die bors sit, aangesien die suig van die baba melkproduksie bevorder. Moet verkieslik nie byvoedings gee nie. Jy kan ook La Leche kontak wat ´n organisasie is wat moeders bystaan en raad gee oor borsvoeding. Baie sterkte en moenie moedeloos raak nie! Jy gee jou babatjie ´n groot voorsprong.

Jen skryf:
"Indien ´n baba baie aan haar ma se bors drink, is dit moontlik dat haar menstruasie tydperk ongereeld is dat dit kan oorslaan? Ek het ´n baba wat gedurende die dag drink en gedurende die nag voel dit asof sy heelnag suig."
Suster:
Ja, dit is iets wat baie voorkom, en dit is waarom mense onder die wanindruk is dat jy nie kan swanger raak as jy borsvoed nie. Dit is NIE waar nie. Tydens borsvoeding is die kans dat jy kan swanger raak dieselfde as voorheen. Dit is ook nie raadsaam om jou baba aan jou bors te laat suig vir lang tye soos jy noem sy gedurende die nag doen nie. Jy sê nie hoe oud jou baba is nie, maar jy moet haar beperk tot 10 minute aan elke bors. Na 2 weke is jou melk gestabiliseer, en is 10 minute meer as genoeg vir haar om te kry wat sy nodig het. Die probleem as jy haar aan die bors laat suig vir lang periodes, is dat sy lui raak en nie goed suig nie, maar nie "dummy" aan die bors. Dit kan die melkproduksie beïnvloed, aangesien melkvervaardiging gestimuleer word as die baba suig.
Moet dus nie bekommerd wees oor jou mentruasie nie, maar sorg dat jy wel op voorbehoeding is, en beperk haar tyd op die bors.


Boererate:

Tepels
Gebruik Fryers balsem wanneer jy verwagtend is vir jou tepels om hulle sterk te maak, sodat die baba jou nie seermaak wanneer die aan jou drink nie.

10.10.11

Niere

Boereraat

Boegoeblare is goeie behandeling vir minder ernstige nierkwale. Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag.