Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

22.4.26

Witseerkeel in die Wes-Kaap

Daar word weereens gevalle van witseerkeel aangemeld in die Wes-Kaap.

Witseerkeel is ’n ernstige bakteriële infeksie wat die slymvliese van die neus en keel aantas. Gifstowwe word deur die aangetaste persoon se bloed vrygestel wat ’n swaar, grys stof in die neus , keel, lugweë en op die tong laat vorm.

Die simptome waarvoor jy moet uitkyk is:
Koors
Bewing
Geswolle kliere in die nek
Hoes
Seer keel
Blouerige vel
Kwyling

As jy ingeënt is teen die siekte is jy veilig. Ander mense is egter baie kwesbaar. As jy vermoed iemand het die siekte moet jy hulle sodra moontlik by ’n hospitaal kry.

21.4.26

Kruie vir kwale: Maagseer

Aloe vera bevat anti-inflammatoriese, antibakteriese en antioksidant verbindings wat maagsere kan behandel.

Neem 1–2 eetlepels (≈30–60 ml) daagliks, voor ete.
Gebruik slegs gesuiwerde aalwynsap.

Vermy indien:
Swanger of borsvoed (kan baarmoeder kontraksies stimuleer).
Diuretika, lakseermiddels of hartmedikasie neem (risiko van interaksies).
Nierprobleme het of inflammatoriese dermprobleme soos Crohn se siekte.
Korttermyn gebruik aanbeveel: Terwyl korttermyn gebruik veilig lyk vir die meeste volwassenes, is daar te min inligting beskikbaar oor langtermyn gebruik.

Begin laag: Begin met minder as 2 eetlepels daagliks om toleransie te bepaal voordat dit verhoog word.

♦♦♦

Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit vir maagsere.

♦♦♦

Maak die wortel van die noem-noem skoon en maak fyn. Gebruik 2 teelepels in ’n koppie warm water. Drink dit vir maagsere.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

20.4.26

Kruie vir Kwale: Boererate vir spierpyne

Kanferolie moet warm gemaak word en goed ingevryf word vir die verligting van spierpyne.

♦♦♦

Rooiwortel (Bulbine natalensis) is 'n vetplant wat in dele van Suid-Afrika groei. Die wortel, blaar en stam word as medisyne gebruik. Mense gebruik dit vir spierkrag.

♦♦♦

Gooi 1 liter kookwater oor 3 koppies blare, stele en blomme van wildedagga.
Laat dit trek en afkoel.
Gooi dit by jou badwater vir spierpyne.
Drink dit vir seer spiere.

♦♦♦

Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir seer spiere.

♦♦♦

Plaas skaafsels bas van ’n kiepersol (-boom) op die blare van ’n bloulelie en bind vas op seer spiere.

♦♦♦

Trek kattekruidblare soos tee, gooi dit in warm water en plaas jou bene daarin.

♦♦♦

Kook kamferbosblare in water.
Gebruik die afkooksel om pynlike bene of voete te was.

MOENIE KAMFER GEBRUIK indien jy:
• Swanger of borsvoedend
• Epilepsie of stuiptrekkings het
• Lewer- of nierprobleme het
• Kinders jonger as 2-3 jaar
• Op stukkende of geïrriteerde vel

♦♦♦



Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

16.4.26

Die behandeling van bloeiende tandvleis

1.       Vra die persoon om met die kop skuins na die beseerde kant te sit sodat die bloed kan dreineer.
2.       Plaas ’n dik kussinkie of ’n skoon doek op die bloeiende tandkas, maar nie in die gat nie – die kussinkiemoet dik genoeg wees sodat die persoonse tande nie op mekaar kom tydens ’n byt nie.
3.       Vra die persoon om die kussinkie in posisie te hou en dan vir 15 tot 20 minute daarop te byt. Die ken kan met die hand gestut word.
4.       Vra die persoon om enige bloed in die mond uit te spoeg terwyl die kussinkie in posisie gehou word.
5.       Verwyder die kussinkie versigtig na 15 tot 20 minute sonder om enige moontlike klont te versteur. Indien dit nog bloei moet die kussinkie weer vasgebyt word vir nog 10 minute.
6.       Moenie die mond uitspoel nie – dit sal enige klont versteur. Die persoon moet ook geen warm drankie drink vir 12 uur nie.
7.       Indien die bloeding nie wil stop nie of weer begin moet die persoon mediese hulp kry.

8.       Indien ’n tand uit is, plaas dit in ’n skoonhouer en kry die persoon sodra moontlik by ’n tandarts saam met die tand.

15.4.26

Kruie vir kwale: Sproei

Meng die geel van 1 eier, 1 teelepel borrie, 1 teelepel witsuiker, 1 teelepel soetolie en 1 teelepel heuning saam.
Gee dikwels op 'n dag 1 teelepel vol.

♦♦♦

Navorsing het al bewys dat laventel help teen sproei (candida) in die vroulike geslagsdele. Tap vir jou genoeg louwarm water in die bad om in te sit. Voeg 5 druppels laventelolie by en sit in die water vir 15 minute.

♦♦♦

Die blaarsap van suurvye kan gebruik word as 'n strelende velmiddel vir sproei

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

14.4.26

Kruie vir kwale: Sooibrand

Gesuiwerde aalwynsap kan help om inflammasie in die spysverteringskanaal se voering te verminder, wat moontlik sooibrand kan verlig.

Neem 1–2 eetlepels (≈30–60 ml) daagliks, voor ete.
Gebruik slegs gesuiwerde aalwynsap.

Vermy indien:
Swanger of borsvoed (kan baarmoeder kontraksies stimuleer).
Diuretika, lakseermiddels of hartmedikasie neem (risiko van interaksies).
Nierprobleme het of inflammatoriese dermprobleme soos Crohn se siekte.
Korttermyn gebruik aanbeveel: Terwyl korttermyn gebruik veilig lyk vir die meeste volwassenes, is daar te min inligting beskikbaar oor langtermyn gebruik.

Begin laag: Begin met minder as 2 eetlepels daagliks om toleransie te bepaal voordat dit verhoog word.

♦♦♦

Vir sooibrand: Week ’n takkie wilde salie in ’n koppie kookwater vir 10 minute.
Gooi dit deur ’n siffie en meng 3 eetlepels Engelse sout by en bietjie suurlemoensap. Hou die mengsel in ’n lugdigte houer en gee die pasiënt gereeld klein bietjies daarvan.

♦♦♦
Voeg ’n paar wildeals-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag vir sooibrand.

♦♦♦

Gebruik 5 g vars wildeals blare om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy die blare verwyder. Drink die tee vir sooibrand.

♦♦♦

Drink halwe koppie water met die sap van 1 suurlemoen en 1 teelepel koeksoda na etes.

♦♦♦

Drink ’n knippie gemmerpoeier, opgelos in louwarm water.

♦♦♦

Drink ’n koppie kamille-tee (chamomile / chamomile) nadat jy geëet het.

♦♦♦

Drink 2 eetlepels suurlemoensap. Die sooibrand sal vir ’n kort rukkie erger voel, maar dan beter raak.

♦♦♦

Kou ’n paar groenment-blare vir sooibrand.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

8.4.26

Kruie vir kwale: Blaasinfeksie

Rooipeper kan gebruik word vir minder ernstige blaasprobleme. ‘n Kwart ‘n teelepel in water twee of drie maal daagliks.

♦♦♦

Boegoe-essens het bekendheid verwerf vir die behandeling van minder ernstige blaasprobleme. Die gewone dosis is een tot twee teelepels vol in ‘n glasie water drie maal daagliks.

♦♦♦

Sitroengras kan as 'n ligte diuretikum optree, wat urienproduksie verhoog. Dit kan help om gifstowwe uit die niere te spoel en die risiko van urienweginfeksies te verminder.

♦♦♦

Balsem-sulfuris is ‘n baie ou middel wat gebruik word vir blaasaandoenings. Neem 10 – 20 druppels twee of drie keer per dag op ’n bietjie suiker.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n hand vol vars bergtee blare. Laat dit trek vir 5 minute. Drink dit dadelik. Gebruik dit vir pyne wat gepaard gaan met blaasinfeksie.

♦♦♦

Boegoeblare is goeie behandeling vir minder ernstige blaaskwale. Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag.

♦♦♦

Bosboegoe kan ook gebruik word. Voeg ’n paar bosboegoe-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag.

♦♦♦

Bosbessiesap maak die uriene suur, wat die groei van bakterieë teenwerk en kan help om urienbaaninfeksies te voorkom.

♦♦♦

Tap vir jou genoeg louwarm water in die bad om in te sit. Voeg 5 druppels laventelolie by en sit in die water vir 15 minute.

♦♦♦

Drink ’n koppie kruisementtee as jy pyn op jou blaas het.

♦♦♦

Brandnetel is ´n wonderlike ding. Sy sap laat die sure in die bloed neerslaan. Die niere kan dan van die gemors ontslae raak. As daar te veel gemors gelyktydig by die niere aankom dan word die waterwerke verstop met al die modder. Burnet het reeds baie jare gelede vasgestel dat 5 druppels elke 2 uur net die ding is. Hoe om jou druppels te maak:
Pluk jong sappige groen brandnetel. Kap fyn en sit dit in ´n bottel. Bedek met alkohol, 26-30%.
(bydrae: Peter M von Maltitz)

♦♦♦

Meng 2 eetlepels kaneel en 1 teelepel heuning in 'n glas louwarm water en drink dit.

♦♦♦

Neem 10 – 30 druppels balsemkopiva daagliks, gedrup op suiker of saam met melk.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids