Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

Showing posts with label Witseerkeel. Show all posts
Showing posts with label Witseerkeel. Show all posts

15.6.26

Kruie vir kwale: Witseerkeel

In die Oos-Kaap word 'n aftreksel van die vrugte van suurvye gebruik om witseerkeel / difterie te behandel.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

22.4.26

Witseerkeel in die Wes-Kaap

Daar word weereens gevalle van witseerkeel aangemeld in die Wes-Kaap.

Witseerkeel is ’n ernstige bakteriële infeksie wat die slymvliese van die neus en keel aantas. Gifstowwe word deur die aangetaste persoon se bloed vrygestel wat ’n swaar, grys stof in die neus , keel, lugweë en op die tong laat vorm.

Die simptome waarvoor jy moet uitkyk is:
Koors
Bewing
Geswolle kliere in die nek
Hoes
Seer keel
Blouerige vel
Kwyling

As jy ingeënt is teen die siekte is jy veilig. Ander mense is egter baie kwesbaar. As jy vermoed iemand het die siekte moet jy hulle sodra moontlik by ’n hospitaal kry.

17.8.20

Witseerkeel / Difterie

Witseerkeel is ’n siekte veroorsaak deur ’n toksogeniese bacillus en gekenmerk deur die vorming van vliesagtige neerslae op die ontsteekte slymvliese - dit kom gewoonlik in die keelholte, die strottehoof en die lugpyp voor.

Daar is ’n entstof vir witseerkeel (difterie).