Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik die tee vir kanker. Dit kan ook as wasmiddel gebruik word. Hiervoor gebruik jy 4 hande vol blare van die kankerbossie, ’n fyngedrukte bol wildeknoffel en 4 hande vol kruidjie-roer-my-nie se blare. Alles saam word in kookwater getrek vir 30 minute. Die lyf word gewas terwyl die mengsel nog warm is en die pasiënt moet ook 125 mℓ van die mengsel drink. Die 125 mℓ moet egter afgetap word na 15 minute se trek. As dit te sterk is, kan dit die persoon laat opgooi. Hoe bitterder ’n kankerbossie-mengsel is, hoe sterker is dit
♦♦♦
Gebruik 3 g bloublomsalie, 3 g kankerbossie en 3 g wildedagga om ’n tee te maak.
Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi.
Drink dit vir kanker.
♦♦♦
Catharanthus roseus het verskeie name. Die meeste mense ken dit in Afrikaans as die Kanniedood. Interessant van die plant is dat sekere bestanddele daarvan gebruik word in chemoterapie vir die behandeling van sekere kankersoorte. Dit word ook lank reeds gebruik in tradisionele Indiese en Chinese medisyne.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
26.1.26
22.1.26
Kruie vir kwale: Bloublasies
As iemand deur ’n bloublasie gebrand word, soek in die duine vir suurvye. Gebruik die blare se sap of 'n fyngedrukte blaar om die wond te behandel. Aangesien dit 'n kusplant is, is dit gelukkig dikwels byderhand in tye van sulke noodgevalle.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
21.1.26
Nog 'n kanniedood
Catharanthus roseus het verskeie name. Die meeste mense ken dit in Afrikaans as die Kanniedood. Daar is verskeie plante wat hierdie naam dra in Afrikaans.
Interessant van die plant is dat sekere bestanddele daarvan gebruik word in chemoterapie vir die behandeling van sekere kankersoorte. Dit word ook lank reeds gebruik in tradisionele Indiese en Chinese medisyne.
In Suid-Afrika word die blare van die plant tradisioneel gebruik vir die behandeling van griep en verkoue. In ander dele van die wêreld word die blare ook gebruik vir die behandeling van diabetes, keelseer, hoes en ligte koors.
Die basiese metode is om ’n paar blare vir 5 minute te week in kookwater en dan die tee te drink.

20.1.26
Kruie vir kwale: Kopluise
Teeboom-olie (tea tree oil) help vir kopluise. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 druppel olie by elke 15 ml sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.
♦♦♦
Roosmaryn-olie help vir kopluise. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 druppel olie by elke 15 ml sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.
♦♦♦
Kruisement-olie help vir kopluise. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 druppel olie by elke 15 ml sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

19.1.26
Kruie vir Kwale: Stink asem
’n Tee gemaak van salie help vir seertjies in die mond.
♦♦♦
Suurvye se blaarsap het antiseptiese eienskappe. Dit word met water gemeng en word as 'n gorrelmiddel gebruik om mondinfeksies te verlig.
♦♦♦
’n Sterk tee gemaak van basiliekruid is ’n goeie mondspoelmiddel vir seertjies in die mond of seer tandvleis. Spoel jou mond elke 30 minute daarmee uit.
♦♦♦
Gekookte suurvye kan gebruik word vir ’n seer mond.
♦♦♦
Kou vinkel vir slegte asem.
♦♦♦
Kou naeltjies vir slegte asem.
♦♦♦
Kou pietersielie as 'n teenvoeter vir slegte asem.
♦♦♦
Kou kruisement vir slegte asem.
♦♦♦
As jy knoffel geëet het, kou kardemomsaadjies in hulle omhulsels. Wanneer dit sag is, gooi die doppie weg en sluk die saadjies in, dit verbloem die reuk.
♦♦♦
Kou koffiepitte. Dit laat die asem weer vars ruik, selfs al het jy knoffel geëet.
♦♦♦
Nadat jy knoffel geëet het, neem 'n kwart glasie melk met 'n halwe teelepel vanielje essens.
♦♦♦
Trek pietersielie in kookwater en laat afkoel, gorrel dan hiermee.

Etikette:
Mond
6.1.26
Pitswere / Bloedvinte / Pitsweer / Bloedvint
Pitswere word ook bloedvinte genoem. Dit ontstaan in 'n haarfolikel en vorm 'n rooi knop. Namate die infeksie versprei raak die knop vol geel etter. Die knop is gewoonlik baie gevoelig.
'n Pitsweer (bloedvint) word gewoonlik veroorsaak deur die bakterie stafilokokkus. Indien daar 'n hoë konsentrasie van bakterieë is kom die pitswere in groepe voor. Indien dit versprei na 'n aangrensende haarfolikel/s praat ons van 'n karbonkel. 'n Karbonkel is 'n pitsweer met meer as een pit. Dit kan tot 5 cm groot wees.
Pitswere kom meesal voor op klam areas van die liggaam. Agter die nek, in die lieste en onder die arms is die meer algemene areas.
Persone met 'n lae weerstand teen bakteriële infeksie, diegene met swak persoonlike higiëne, die wat oorgewig is en persone wat baie sweet loop die gevaar om pitswere te ontwikkel.
Moet nooit 'n pitsweer druk nie. Dit kan die infeksie laat versprei. Was om die pitsweer met antiseptiese seep om te verhoed dat dit na ander haarfolikels versprei; of probeer dit behandel met antiseptiese salf. Die beste is om die pitsweer weer vanself te laat verdwyn of om dit deur 'n dokter te laat oopsny.
Jy kan die ongemak van 'n pitsweer verlig met 'n klam, warm lappie.
WAARSKUWING: Vicks VapoRub is gewild onder sommige mense as behnadeling vir pitswere. Dit is egter nie 'n aanbevole of goedgekeurde behandeling nie, en die vervaardiger waarsku daarteen om dit op wonde of beskadigde vel te gebruik.

5.1.26
Kruie vir kwale: Keelseer
Die kanniedood (Catharanthus roseus) se blare word gebruik vir die behandeling van keelseer.
Die basiese metode is om ’n paar blare vir 5 minute te week in kookwater en dan die tee te drink.
♦♦♦
Suurvye se blaarsap het antiseptiese eienskappe. Dit word met water gemeng en word as 'n gorrelmiddel gebruik om 'n seer keel te verlig. Of kou 'n blaarpunt en sluk die sap.
♦♦♦
Witolien kan gebruik word om die immuunstelsel te ondersteun en kan help met simptome soos seer keel.
♦♦♦
Die stoom van gekookte wildeals blare kan ingeasem word om seer keel te verlig.
♦♦♦
Wildeals (Artemisia afra) kan gebruik word om ’n tee te maak deur ’n kwart koppie vars blare vir ongeveer 10 minute in 'n koppie kookwater te week. Die mengsel word dan gesif, en kan met heuning versoet word. Vir ’n seer keel kan jy gorrel met die tee.
♦♦♦
Die blare van die bontaalwyn word rou gekou of fyngemaak om die jel of sap te onttrek. Hierdie jel kan oraal ingeneem word om seer keel te verlig.
Gorrel daarmee vir ’n seer keel.
♦♦♦
Jy kan ’n blaar van die wilde salie kou om te help met ’n seer keel.
Gorrel daarmee vir ’n seer keel.
♦♦♦
Maak tee met gedroogde wilde-jasmyn blomme, met suurlemoensap en heuning. Drink dit vir ’n seer keel.
Gorrel daarmee vir ’n seer keel.
♦♦♦
Plaas 10 g vars, gekapte salie-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gorrel daarmee vir ’n seer keel.
♦♦♦
Plaas 10 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gorrel daarmee vir ’n seer keel.
♦♦♦
Gekookte suurvye kan gebruik word vir ’n seer keel.
♦♦♦
Om 'n beentjie of visgraat wat vassit te laat loskom moet jy met suurlemoensap gorrel.
♦♦♦
Sny ’n pynappel op met skil en al. Gooi dit in ’n kastrol saam met ’n bietjie water en laat kook tot die vrug papsag is.
Gooi die water deur ’n sif en gorrel kort-kort daarmee.
♦♦♦
Druk die sap van ’n lemoen uit, meng dit met warm water en drink vir ’n seer keel.
♦♦♦
As jou keel seer is, sny rou uie in ringe en sit in 'n flennielap en bind om die nek.
♦♦♦
As jou keel seer is, gooi 'n bietjie sout en suurlemoensap in warm water en gorrel.
♦♦♦
Teeboom-olie (tea tree oil) is ’n uitstekende behandeling vir ’n seer keel. Sodra die eerste tekens daar is begin jy deur gereeld ’n druppel olie aan jou keel te smeer en net daarna te gorrel met ’n halwe glas water en 1 druppel olie.
♦♦♦
Drink 'n warm tee van byebalsem (bergamot).

Keel
Subscribe to:
Comments
(
Atom
)