Sluit die goeie ou aartappel in my jou dieet om te help om jou bloeddruk af te bring.
♦♦♦
Boegoe kan help met die verlaging van bloeddruk.
♦♦♦
Die knolle van die duiwelsklou kan fyngemaak en gekook word. Die aftreksel word dan twee maal per dag gedrink.
♦♦♦
Grondboontjiebotter kan help om lae bloeddruk te verlig weens die inhoud van gesonde vette, proteïene en minerale soos magnesium en kalium, wat bydra tot die regulering van bloeddrukvlakke. Studies het getoon dat gereelde verbruik grondboontjie kan help om bloeddruk te verlaag, selfs by individue met hoë bloeddruk.
♦♦♦
Die Zoeloes gebruik die bol van wildeknoffel vir die behandeling van hoë bloeddruk.
Een plant se bol word fyngedruk en in melk gekook vir 10 minute. Klein bietjies van die aftreksel word dan in die oggend en aand gedrink.
(Cock, IE & Van Vuuren, SF. The traditional use of southern African medicinal plants in the treatment of viral respiratory diseases: A review of the ethnobotany and scientific evaluations. Journal of Ethnopharmacology. 2020)
♦♦♦
Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit steeds vir hoë bloeddruk.
♦♦♦
Die Khoi het Europeërs meer as 200 jaar gelede geleer van die medisinale waarde van die muishondbos. Vandag word dit ook gebruik vir hoë bloeddruk.
’n Kwart koppie vars blare word geweek in ’n koppie kookwater vir 5 minute. Dit moet daagliks geneem word.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir hoë bloeddruk.
♦♦♦
Maak tee met pietersielie vir hulp met bloeddruk.
♦♦♦
Maak tee met komkommerkruid om jou bloedsomloop te verbeter.
♦♦♦
Grasuie kan help om hoë bloeddruk te verlaag. Dit bevat ook vitamien A, C en foeliensuur, kalium, kalsium en yster. Eet gereeld hiervan.
♦♦♦
Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir hoë bloeddruk.
♦♦♦
Kap 5 g bitterbos-blare fyn en laat 5 minute trek in ’n koppie kookwater. Drink drie maal per dag vir hoë bloeddruk.
♦♦♦
’n Paar blare wilde roosmaryn, kankerbossie, laventel en boegoe saamgetrek as tee vir 5 minute. Dit help vir hoë bloeddruk, stres en moegheid.
♦♦♦
Gebruik 3 g bloublomsalie, 3 g kankerbossie en 3 g wildedagga om ’n tee mee te maak.
Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi.
Drink dit vir hoë bloeddruk.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
1.4.25
31.3.25
Kruie vir kwale: Sweer
Wanneer jy in ’n doring trap en die punt breek in jou voet af kan jy ’n skyf aartappel op die plek vasmaak. Dit sal inflammasie en swering teenwerk en kan selfs die doring nader aan die oppervlak bring.
♦♦♦
Die blare van die varkblom kan gebruik word om sere en pitswere te behandel. Was die blare in warm water om dit te ontsmet en warm te maak en verbind die seerplek daarmee oornag. Herhaal soos nodig.
♦♦♦
Plaas 20 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute. Gebruik dit vir die behandeling van swere.
♦♦♦
Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met swere. Jy kan die geaffekteerde plekke liggies daarmee afspons.
♦♦♦
Maak 3 knoffelhuisies fyn saam met ’n knippie sout. Sit op ’n lappie en sit op die sweer.
♦♦♦
Bak 1 middelmatige ui in die kole so heel. Haal die buitenste skille af en sit die binneste so warm moontlik op die sweer om dit oop te trek.

Etikette:
Sweer
27.3.25
Inflammasie
Inflammasie is die reaksie van lewende weefsel op besmetting of beserings. Dit word gewoonlik gekenmerk daardeur dat die area warm voel, pyn, rooi lyk en of opswel. Dit vorm soms etter as dit ontsteek.
Wat medikasie sonder voorskrif betref kan jy iets koop wat ibuprofen bevat.
Boereraat:
'n Goeie natuurlike hulpmiddel is pynappelsap. Dit bevat die proteolitiese ensiem bromelien. Dit kom in heelwat tropiese vrugte voor en is 'n goeie teenvoeter vir inflammasie.
♦♦♦
Spyker balsem, waarvan die hoofbestanddeel terpentynolie is, kan gebruik word vir inflammasie.

26.3.25
Hoe om borsmelk te stop
Elke ma is uniek. Daar is baie redes wees waarom iemand verkies om op te hou met borsvoeding. As jy kan, raadpleeg altyd ’n dokter voordat jy probeer om jou borsmelk op te droog.
Jy kan nie enige spesifieke tyd koppel aan die opdroog van jou melk nie. Dit hang af van verskeie faktore. Dit sluit in jou ouderdom, die ouderdom van jou baba en jou gemiddelde melkvoorraad. Borsmelk kan dae, weke of maande neem om op te droog.
Indien jou baba nog borsvoed, word dit aanbeveel dat die kindjie eers geleidelik gespeen word.
Om jou melk te verminder hou gewoon op borsvoed. Wanneer jy ophou borsvoed, sal jou liggaam geleidelik ophou om melk te produseer. Die gebrek aan stimulasie vertel jou liggaam om op te hou lakteer. Om hierdie metode te gebruik:
o Druk af en toe melk uit om enige ophoping van melk te verlig.
o Gebruik yspakkies om inflammasie te beperk.
o Gebruik kruie. Navorsing dui daarop dat daar ’n paar kruie is wat kan help om jou melkvoorraad te verminder.
Kruie vir laktasie-onderdrukking
• Salie-tee, gemaak met 1 tot 3 gram gedroogde salieblare.
• Smeer jasmynblomme aan jou borste.
• Eet kuisboom-bessies. Die boom word ook genoem Abraham se balsem of monnikpeper.
• Eet pietersielie.
Geboortebeperking help ook om jou melk te verminder. Deur estrogeen as deel van ’n gekombineerde geboortebeperkingspil te gebruik, help jy om laktasie te stop. Die meeste moeders sien ’n daling in melkproduksie nadat hulle een pil per dag vir een week geneem het. Dit moet slegs geneem word nadat jy ’n dokter/kliniek geraadpleeg het.
Wat ander medikasie betref moet jy jou dokter/kliniek vra of jy iets mag gebruik wat pseudoëfedrien bevat, byvoorbeeld Sudafed. Navorsing toon dat Sudafed ’n merkbare afname in melkproduksie veroorsaak. Jy moet op die uitkyk wees vir simptome van angs en slapeloosheid terwyl jy Sudafed neem.
Koolblare en jou borste
Gebruik koolblare op jou borste. Dit bied verligting aan jou borste.
Hoe om koolblare op jou borste te gebruik
1. Was die blare van groenkool en verkoel in die yskas.
2. Plaas die blare oor jou borste – onder jou bra.
3. Verander die blare elke paar uur.
Spyker balsem, waarvan die hoofbestanddeel terpentynolie is, kan gebruik word vir seer tepels.
br>
(foto: Roch Lach)

Baba
,
Borste
,
Borsvoeding
19.3.25
Polisistiese niere
Hermien van Rensburg skryf :
"My dogter ly aan polisistiese niere & lewer. Sy is 3 jr terug gediagnoseer. Is daar 'n dieet of iets wat sy kan doen om die pynlike lewer en niere te verlig. Sy het akute rugpyn en haar lewer is redelik opgeswel. Die siekte is vreemd en daar is min mense wat blykbaar aan dit ly. Asb enige iets wat haar kan help. Sy is maar 33jr oud en het 2 klein kindertjies. die dr. sê daar is niks wat hy vir haar kan doen nie en sy moet haar normale lewe voortsit."
Antwoord :
Polisistiese niere is 'n oorerflike siekte waar die baba gebore word met veelvuldige siste op die niere en 'n swakker nierfunksie. Polisistiese niere gaan ook gewoonlik hand aan hand met siste op die niere, maar laasgenoemde kom meer algemeen voor.
Haar grootste risiko is hoë bloeddruk en enige dieet wat laag is in vet en slegs die nodige proteïene bevat word aanbeveel.
Haar dieet moet ook min kalium en so min as moontlik sout bevat om die druk op die niere te verlig.
Sy moet ook so veel as moontlik probeer ontslae raak van enige spanning in haar lewe en gereeld oefening doen.
Dit is nie die maklikste toestand om mee saam te leef nie. Bo alles het sy die deurlopende ondersteuning van haar vriende en familie nodig.

11.3.25
Keel

´n Seer Keel is gewoonlik ´n simptoom van verkoue, griep of ander virusinfeksies. Enige iets wat die sensitiewe slymvliese agter in die keel irriteer, soos rook, dampe, baie warm kos en drank en skaafplekke kan ook ´n oorsaak wees. Akute seer keel klaar gewoonlik binne ´n paar dae of ´n paar weke op en die toestand is selde ernstig of gevaarlik. Dit kan egter dui op ander kwale soos masels en waterpokkies.
Rus, warm vloeistowwe, pynstillers en versigtige gorrel sal verligting bied.
Soek mediese hulp in die geval van ´n chroniese seer keel of indien ´n koors ontwikkel.
Boereraat:
Om 'n beentjie of visgraat wat vassit te laat loskom kan jy ’n stukkie droë brood eet met korsie en al.
♦♦♦
Om 'n beentjie of visgraat wat vassit te laat loskom moet jy met skoon asyn gorrel.
♦♦♦
Gorrel met 'n mengsel van water en (baie) koeksoda om 'n graatjie of beentjie in die keel los te maak.
♦♦♦
Wanneer ’n beentjie of visgraat het wat in die keel vassit kan jy ’n rou eier klop tot die wit en geel net gemeng is en sluk dit dan in. Dit sal die graatjie of been saamneem maag toe.
♦♦♦
Wanneer daar ’n visgraat of beentjie in jou keel vassit, kan jy ’n klein stukkie watte met botter of margarien smeer en dit afsluk.
♦♦♦
Neem 5 ml heuning in die mond en laat stadig in die keel afloop. Dit verlig die rou, seer gevoel in die keel.
♦♦♦
Neem ’n halwe glas louwarm water en gooi 2 eetlepels asyn en 2 ml sout by. Roer goed en gorrel dan daarmee.
♦♦♦
Meng ’n kwart koppie asyn met ’n kwart koppie heuning. Neem 1 eetlepel gorrel daarmee ses keer per dag.
♦♦♦
Gorrel met twee Dispentablette wat in water opgelos is.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Etikette:
Keel
6.3.25
Kruie vir kwale: Insekbyt
Die blare van die varkblom kan gebruik word om die ongerief van insekbyte te verlig.
Vryf die vars bokboegoe-blare op jou komberse en kussings om insekte, bv., muskiete, weg te hou in die nag.
Plaas 20 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gebruik dit vir die behandeling van die bytplek van bosluise en ander insekte.
Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op insekbyte gesmeer word.
Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met insekbyte. Jy kan die geaffekteerde plekke liggies daarmee afspons.
Vryf rou, fyngekerfde wit uie aan ’n vlooibyt.
Smeer suurlemoensap aan ’n perdeby- of bysteek.
Gooi 1 liter kookwater oor 3 koppies blare, stele en blomme van wildedagga.
Laat dit trek en afkoel.
Gebruik dit op insekbyte.

Subscribe to:
Comments
(
Atom
)