1.8.24
Keel
´n Seer Keel is gewoonlik ´n simptoom van verkoue, griep of ander virusinfeksies. Enige iets wat die sensitiewe slymvliese agter in die keel irriteer, soos rook, dampe, baie warm kos en drank en skaafplekke kan ook ´n oorsaak wees. Akute seer keel klaar gewoonlik binne ´n paar dae of ´n paar weke op en die toestand is selde ernstig of gevaarlik. Dit kan egter dui op ander kwale soos masels en waterpokkies.
Rus, warm vloeistowwe, pynstillers en versigtige gorrel sal verligting bied.
Soek mediese hulp in die geval van ´n chroniese seer keel of indien ´n koors ontwikkel.
Boereraat:
Om 'n beentjie of visgraat wat vassit te laat loskom kan jy ’n stukkie droë brood eet met korsie en al.
♦♦♦
Om 'n beentjie of visgraat wat vassit te laat loskom moet jy met skoon asyn gorrel.
♦♦♦
Gorrel met 'n mengsel van water en (baie) koeksoda om 'n graatjie of beentjie in die keel los te maak.
♦♦♦
Wanneer ’n beentjie of visgraat het wat in die keel vassit kan jy ’n rou eier klop tot die wit en geel net gemeng is en sluk dit dan in. Dit sal die graatjie of been saamneem maag toe.
♦♦♦
Wanneer daar ’n visgraat of beentjie in jou keel vassit, kan jy ’n klein stukkie watte met botter of margarien smeer en dit afsluk.
♦♦♦
Neem 5 ml heuning in die mond en laat stadig in die keel afloop. Dit verlig die rou, seer gevoel in die keel.
♦♦♦
Neem ’n halwe glas louwarm water en gooi 2 eetlepels asyn en 2 ml sout by. Roer goed en gorrel dan daarmee.
♦♦♦
Meng ’n kwart koppie asyn met ’n kwart koppie heuning. Neem 1 eetlepel gorrel daarmee ses keer per dag.
♦♦♦
Gorrel met twee Dispentablette wat in water opgelos is.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Etikette:
Keel
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
Ek het 'n mediese vraag.
ReplyDeleteEk kry gereeld 'n snaakse harde geel afskeiding wat agter in my keel vorm wat baie sleg ruik. Dit maak dat my asem sleg ruik. Ek wil graag weet wat dit is en wat ek daaraan kan doen. Ek hoor party mediese boeke se dit kan agv iets in my liggaam wees wat siek is.
Kan jy my asb help
Baie dankie
Dit kan ook iets wees wat jy inneem wat die sensitiewe slymvliese agter in jou keel irriteer. Dit kan ook deur rook veroorsaak word. Kan ook wees as gevolg van die area waar die mangels is. Gaan sien 'n oor, neus en keel spesialis.
ReplyDeleteWat is PLORESIE presies?
ReplyDeleteDankie
Ek wil net graag uitvind. Vir omtrent n maand al voel dit of daar iets in my keel vassit en vandat ek die gevoel in my keel het bly ek permanent naar. Ek het niks gesluk wat daar vassit nie.Kan dit my Goiter wees of wat kan dit wees. Ek het twee weke terug Brongitus gehad en het weer die simptome daarvan.
ReplyDeleteNaand, ek het die selfde simtome as jy hule het al xstrale geneem maar het niks gekry nie. Ek loop nou al seker 8mnd so. weet nie meer wat Om te drink of spuit dat dit moet weg gaan nie. Is daar iemand wat vir ons kan Help
DeleteDit suur wees wat in jou keel opdruk, sonder dat jy werklik sooibrand het. Daar is egter ander moontlikhede ook. Kry liefs mediese raad.
DeleteDaar is verskeie dinge wat dit kan veroorsaak. 'n Dokter behoort daarna te kyk.
ReplyDeleteEk het brocchitis gekry en my keel en liggaam is nog steeds baie seer. My stem wil ook nie terug kom nie. Wat kan ek doen laat my stem kan terug kom.
ReplyDeleteMy stem is ook ge affekteer deur die griep. Stem bly hees. Ek vra raad asb
DeleteMy keel is rou en seer gebruik al antibiotika vir 5dae wat kan ek gebruik
ReplyDeleteHet iemand raad Vir seere in keel,wat gladnie gesond word of WEG gaan Nie.
ReplyDeleteHet iemand asb vir my raad. Ek het hierdie lastige hoes as 3jaar. Dot is n kraperigheid in my keel, dan hoes ek. Daar is elke keer as ek hoes slym ook. Asb ek is al so moeg vir dit. Baie dankie
ReplyDeleteWat kan ek gebruik vir kougom wat vas sit in my keel
ReplyDeleteProbeer om te gorrel met ’n halwe glas water en 1 druppel teeboom-olie. As dit nie werk nie moet julle eerder by 'n dokter uitkom.
Delete