Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



11.7.23

Keel


´n Seer Keel is gewoonlik ´n simptoom van verkoue, griep of ander virusinfeksies. Enige iets wat die sensitiewe slymvliese agter in die keel irriteer, soos rook, dampe, baie warm kos en drank en skaafplekke kan ook ´n oorsaak wees. Akute seer keel klaar gewoonlik binne ´n paar dae of ´n paar weke op en die toestand is selde ernstig of gevaarlik. Dit kan egter dui op ander kwale soos masels en waterpokkies.

Rus, warm vloeistowwe, pynstillers en versigtige gorrel sal verligting bied.

Soek mediese hulp in die geval van ´n chroniese seer keel of indien ´n koors ontwikkel.

Boereraat:

Om 'n beentjie of visgraat wat vassit te laat loskom kan jy ’n stukkie droë brood eet met korsie en al.

♦♦♦

Om 'n beentjie of visgraat wat vassit te laat loskom moet jy met skoon asyn gorrel.

♦♦♦

Gorrel met 'n mengsel van water en (baie) koeksoda om 'n graatjie of beentjie in die keel los te maak.

♦♦♦

Wanneer ’n beentjie of visgraat het wat in die keel vassit kan jy ’n rou eier klop tot die wit en geel net gemeng is en sluk dit dan in. Dit sal die graatjie of been saamneem maag toe.

♦♦♦

Wanneer daar ’n visgraat of beentjie in jou keel vassit, kan jy ’n klein stukkie watte met botter of margarien smeer en dit afsluk.

♦♦♦

Neem 5 ml heuning in die mond en laat stadig in die keel afloop. Dit verlig die rou, seer gevoel in die keel.

♦♦♦

Neem ’n halwe glas louwarm water en gooi 2 eetlepels asyn en 2 ml sout by. Roer goed en gorrel dan daarmee.

♦♦♦

Meng ’n kwart koppie asyn met ’n kwart koppie heuning. Neem 1 eetlepel gorrel daarmee ses keer per dag.

♦♦♦

Gorrel met twee Dispentablette wat in water opgelos is.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

14 comments :

  1. Ek het 'n mediese vraag.

    Ek kry gereeld 'n snaakse harde geel afskeiding wat agter in my keel vorm wat baie sleg ruik. Dit maak dat my asem sleg ruik. Ek wil graag weet wat dit is en wat ek daaraan kan doen. Ek hoor party mediese boeke se dit kan agv iets in my liggaam wees wat siek is.

    Kan jy my asb help

    Baie dankie

    ReplyDelete
  2. Anonymous21/2/11 10:31

    Dit kan ook iets wees wat jy inneem wat die sensitiewe slymvliese agter in jou keel irriteer. Dit kan ook deur rook veroorsaak word. Kan ook wees as gevolg van die area waar die mangels is. Gaan sien 'n oor, neus en keel spesialis.

    ReplyDelete
  3. Susan Potgieter12/4/11 10:56

    Wat is PLORESIE presies?

    Dankie

    ReplyDelete
  4. Anonymous7/6/11 10:26

    Ek wil net graag uitvind. Vir omtrent n maand al voel dit of daar iets in my keel vassit en vandat ek die gevoel in my keel het bly ek permanent naar. Ek het niks gesluk wat daar vassit nie.Kan dit my Goiter wees of wat kan dit wees. Ek het twee weke terug Brongitus gehad en het weer die simptome daarvan.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous8/3/18 23:38

      Naand, ek het die selfde simtome as jy hule het al xstrale geneem maar het niks gekry nie. Ek loop nou al seker 8mnd so. weet nie meer wat Om te drink of spuit dat dit moet weg gaan nie. Is daar iemand wat vir ons kan Help

      Delete
    2. Anonymous16/3/18 14:59

      Dit suur wees wat in jou keel opdruk, sonder dat jy werklik sooibrand het. Daar is egter ander moontlikhede ook. Kry liefs mediese raad.

      Delete
  5. Anonymous23/6/11 10:39

    Daar is verskeie dinge wat dit kan veroorsaak. 'n Dokter behoort daarna te kyk.

    ReplyDelete
  6. Anonymous23/6/17 13:54

    Ek het brocchitis gekry en my keel en liggaam is nog steeds baie seer. My stem wil ook nie terug kom nie. Wat kan ek doen laat my stem kan terug kom.

    ReplyDelete
    Replies
    1. My stem is ook ge affekteer deur die griep. Stem bly hees. Ek vra raad asb

      Delete
  7. My keel is rou en seer gebruik al antibiotika vir 5dae wat kan ek gebruik

    ReplyDelete
  8. Anonymous19/1/21 23:52

    Het iemand raad Vir seere in keel,wat gladnie gesond word of WEG gaan Nie.

    ReplyDelete
  9. Het iemand asb vir my raad. Ek het hierdie lastige hoes as 3jaar. Dot is n kraperigheid in my keel, dan hoes ek. Daar is elke keer as ek hoes slym ook. Asb ek is al so moeg vir dit. Baie dankie

    ReplyDelete
  10. Anonymous2/8/23 20:09

    Wat kan ek gebruik vir kougom wat vas sit in my keel

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous7/8/23 09:08

      Probeer om te gorrel met ’n halwe glas water en 1 druppel teeboom-olie. As dit nie werk nie moet julle eerder by 'n dokter uitkom.

      Delete