Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

19.3.25

Polisistiese niere

Hermien van Rensburg skryf :
"My dogter ly aan polisistiese niere & lewer. Sy is 3 jr terug gediagnoseer. Is daar 'n dieet of iets wat sy kan doen om die pynlike lewer en niere te verlig. Sy het akute rugpyn en haar lewer is redelik opgeswel. Die siekte is vreemd en daar is min mense wat blykbaar aan dit ly. Asb enige iets wat haar kan help. Sy is maar 33jr oud en het 2 klein kindertjies. die dr. sê daar is niks wat hy vir haar kan doen nie en sy moet haar normale lewe voortsit."

Antwoord :
Polisistiese niere is 'n oorerflike siekte waar die baba gebore word met veelvuldige siste op die niere en 'n swakker nierfunksie. Polisistiese niere gaan ook gewoonlik hand aan hand met siste op die niere, maar laasgenoemde kom meer algemeen voor.

Haar grootste risiko is hoë bloeddruk en enige dieet wat laag is in vet en slegs die nodige proteïene bevat word aanbeveel.

Haar dieet moet ook min kalium en so min as moontlik sout bevat om die druk op die niere te verlig.

Sy moet ook so veel as moontlik probeer ontslae raak van enige spanning in haar lewe en gereeld oefening doen.

Dit is nie die maklikste toestand om mee saam te leef nie. Bo alles het sy die deurlopende ondersteuning van haar vriende en familie nodig.

11.3.25

Keel


´n Seer Keel is gewoonlik ´n simptoom van verkoue, griep of ander virusinfeksies. Enige iets wat die sensitiewe slymvliese agter in die keel irriteer, soos rook, dampe, baie warm kos en drank en skaafplekke kan ook ´n oorsaak wees. Akute seer keel klaar gewoonlik binne ´n paar dae of ´n paar weke op en die toestand is selde ernstig of gevaarlik. Dit kan egter dui op ander kwale soos masels en waterpokkies.

Rus, warm vloeistowwe, pynstillers en versigtige gorrel sal verligting bied.

Soek mediese hulp in die geval van ´n chroniese seer keel of indien ´n koors ontwikkel.

Boereraat:

Om 'n beentjie of visgraat wat vassit te laat loskom kan jy ’n stukkie droë brood eet met korsie en al.

♦♦♦

Om 'n beentjie of visgraat wat vassit te laat loskom moet jy met skoon asyn gorrel.

♦♦♦

Gorrel met 'n mengsel van water en (baie) koeksoda om 'n graatjie of beentjie in die keel los te maak.

♦♦♦

Wanneer ’n beentjie of visgraat het wat in die keel vassit kan jy ’n rou eier klop tot die wit en geel net gemeng is en sluk dit dan in. Dit sal die graatjie of been saamneem maag toe.

♦♦♦

Wanneer daar ’n visgraat of beentjie in jou keel vassit, kan jy ’n klein stukkie watte met botter of margarien smeer en dit afsluk.

♦♦♦

Neem 5 ml heuning in die mond en laat stadig in die keel afloop. Dit verlig die rou, seer gevoel in die keel.

♦♦♦

Neem ’n halwe glas louwarm water en gooi 2 eetlepels asyn en 2 ml sout by. Roer goed en gorrel dan daarmee.

♦♦♦

Meng ’n kwart koppie asyn met ’n kwart koppie heuning. Neem 1 eetlepel gorrel daarmee ses keer per dag.

♦♦♦

Gorrel met twee Dispentablette wat in water opgelos is.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

5.3.25

Grierson-Gopalan sindroom

Anoniem skryf:
Ek is' n man 45 jaar oud, my probleem is voete wat voel of dit wil uitbrand. Ek sukkel om skoene te dra. As ek my voete op koue sement sit bedaar dit n bietjie Ek sukkel al lank met die probleem.

Kan Grierson-Gopalan Sindroom wees. Die simptome is voete wat brand, pyn en vuurwarm word. Normaalweg brand net die voetsole, maar dit kan so hoog as die enkels voorkom. Dit is oorerflik of kan veroorsaak word deur druk op senuwees of sekere siektes.

Jy sal eers die oorsaak in jou spesifieke geval saam met jou dokter moet vasstel voor jy dit kan behandel.

Intussen kan jy die volgende doen : Dra so veel as moontlik oop skoene en nie swaar en toe leerskoene nie. Dra ook net katoensokkies. Week jou voete saans vir 15 minute in yswater. Jy kan ook by jou apteek vra vir voetrome vir brandende voete en vitamien B-aanvullings word ook aanbeveel in gevalle waar jy 'n tekort toon. Jy moet ook so min as moontlik staan.

4.3.25

Boegoe

Boegoe het natuurlike antibakteriële en anti-inflammatoriese eienskappe wat infeksies en inflammasie kan help voorkom. Dit ondersteun jou organe in die vinniger absorpsie van voedingstowwe, soos vitamien C, wat jou immuunstelsel versterk. Die hele gesin kan boegoe gebruik, en dit is veilig vir langdurige gebruik sonder enige newe-effekte.
Volg gerus die skakel om uit te vind wat jy alles met boegoe kan behandel:
Kruiegids

26.2.25

Kruie vir kwale: Brandwonde

Die blare van die varkblom kan gebruik word om die ongerief van brandwonde te behandel. Was die blare in warm water om dit te ontsmet en warm te maak en verbind die seerplek daarmee oornag. Herhaal soos nodig.

♦♦♦

Die jellieagtige inhoud van die blare van suurvye kan op ligte brandwonde gesmeer word.

♦♦♦

Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op ligte brandwonde gesmeer word.

♦♦♦

Wanneer jy jou tong brand met warm kos, gooi ’n paar druppels vanilla daarop om dit te verlig.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

25.2.25

Gebruik 'n varkblom vir seerplekke

Die blare van die varkblom kan gebruik word om die ongerief van brandwonde en insekbyte te verlig en om sere en pitswere te behandel. Was die blare in warm water om dit te ontsmet en warm te maak en verbind die seerplek daarmee oornag. Herhaal soos nodig.

24.2.25

Enkefalitis / Ensefalitis / Breinontsteking / Harsingontsteking

Mariska Limper skryf :

"'n Vriending wat ek het, het iets soortgelyks aan breinvliesontsteking, daar is 'n ander naam, klink soos enkifilitus of iets. Wil net weet wat moet sy doen. Elke winter, hier by Augustus maand word sy baie siek vir so drie weke en dan is sy weer ok."

Antwoord :

Enkefalitis is breinontsteking wat normaalweg veroorsaak word deur 'n virusinfeksie, maar dit kan ook deur bakteriële breinvliesontsteking veroorsaak word. Dit kan ook die gevolg van iets soos malaria wees.

Die meer algemene simptome sluit in hoofpyn, koors en sensitiwiteit vir lig. Volwasse pasiënte is normaalweg ook baie swak en soms styf.

Die dokter sal gewoonlik die simptome behandel, maar in ernstige gevalle mag hospitalisasie nodig wees.

Dit is baie belangrik dat jou vriendin 'n dokter gaan spreek. 'n Lumbale punksie is seker die mees algemene manier waarmee hulle 'n diagnose sal doen.

Dit is ook belangrik dat sy 'n gesonde leefstyl volg. Dit sal ernstige komplikasies help verhoed.