Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Showing posts with label Ensefalitus. Show all posts
Showing posts with label Ensefalitus. Show all posts

27.6.11

Ensefalitus / Breinontsteking

Mariska Limper skryf :

"'n Vriending wat ek het, het iets soortgelyks aan breinvliesontsteking, daar is 'n ander naam, klink soos enkifilitus of iets. Wil net weet wat moet sy doen. Elke winter, hier by Augustus maand word sy baie siek vir so drie weke en dan is sy weer ok."

Antwoord :

Die woord is ensefalitus. Ensefalitus is breinontsteking wat normaalweg veroorsaak word deur 'n virusinfeksie, maar dit kan ook deur bakteriële breinvliesontsteking veroorsaak word. Dit kan ook die gevolg van iets soos malaria wees.

Die meer algemene simptome sluit in hoofpyn, koors en sensitiwiteit vir lig. Volwasse pasiënte is normaalweg ook baie swak en soms styf.

Die dokter sal gewoonlik die simptome behandel, maar in ernstige gevalle mag hospitalisasie nodig wees.

Dit is baie belangrik dat jou vriendin 'n dokter gaan spreek. 'n Lumbale punksie is seker die mees algemene manier waarmee hulle 'n diagnose sal doen.

Dit is ook belangrik dat sy 'n gesonde leefstyl volg. Dit sal ernstige komplikasies help verhoed.