Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

5.3.25

Grierson-Gopalan sindroom

Anoniem skryf:
Ek is' n man 45 jaar oud, my probleem is voete wat voel of dit wil uitbrand. Ek sukkel om skoene te dra. As ek my voete op koue sement sit bedaar dit n bietjie Ek sukkel al lank met die probleem.

Kan Grierson-Gopalan Sindroom wees. Die simptome is voete wat brand, pyn en vuurwarm word. Normaalweg brand net die voetsole, maar dit kan so hoog as die enkels voorkom. Dit is oorerflik of kan veroorsaak word deur druk op senuwees of sekere siektes.

Jy sal eers die oorsaak in jou spesifieke geval saam met jou dokter moet vasstel voor jy dit kan behandel.

Intussen kan jy die volgende doen : Dra so veel as moontlik oop skoene en nie swaar en toe leerskoene nie. Dra ook net katoensokkies. Week jou voete saans vir 15 minute in yswater. Jy kan ook by jou apteek vra vir voetrome vir brandende voete en vitamien B-aanvullings word ook aanbeveel in gevalle waar jy 'n tekort toon. Jy moet ook so min as moontlik staan.

4.3.25

Boegoe

Boegoe het natuurlike antibakteriële en anti-inflammatoriese eienskappe wat infeksies en inflammasie kan help voorkom. Dit ondersteun jou organe in die vinniger absorpsie van voedingstowwe, soos vitamien C, wat jou immuunstelsel versterk. Die hele gesin kan boegoe gebruik, en dit is veilig vir langdurige gebruik sonder enige newe-effekte.
Volg gerus die skakel om uit te vind wat jy alles met boegoe kan behandel:
Kruiegids

26.2.25

Kruie vir kwale: Brandwonde

Die blare van die varkblom kan gebruik word om die ongerief van brandwonde te behandel. Was die blare in warm water om dit te ontsmet en warm te maak en verbind die seerplek daarmee oornag. Herhaal soos nodig.

♦♦♦

Die jellieagtige inhoud van die blare van suurvye kan op ligte brandwonde gesmeer word.

♦♦♦

Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op ligte brandwonde gesmeer word.

♦♦♦

Wanneer jy jou tong brand met warm kos, gooi ’n paar druppels vanilla daarop om dit te verlig.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

25.2.25

Gebruik 'n varkblom vir seerplekke

Die blare van die varkblom kan gebruik word om die ongerief van brandwonde en insekbyte te verlig en om sere en pitswere te behandel. Was die blare in warm water om dit te ontsmet en warm te maak en verbind die seerplek daarmee oornag. Herhaal soos nodig.

24.2.25

Enkefalitis / Ensefalitis / Breinontsteking / Harsingontsteking

Mariska Limper skryf :

"'n Vriending wat ek het, het iets soortgelyks aan breinvliesontsteking, daar is 'n ander naam, klink soos enkifilitus of iets. Wil net weet wat moet sy doen. Elke winter, hier by Augustus maand word sy baie siek vir so drie weke en dan is sy weer ok."

Antwoord :

Enkefalitis is breinontsteking wat normaalweg veroorsaak word deur 'n virusinfeksie, maar dit kan ook deur bakteriële breinvliesontsteking veroorsaak word. Dit kan ook die gevolg van iets soos malaria wees.

Die meer algemene simptome sluit in hoofpyn, koors en sensitiwiteit vir lig. Volwasse pasiënte is normaalweg ook baie swak en soms styf.

Die dokter sal gewoonlik die simptome behandel, maar in ernstige gevalle mag hospitalisasie nodig wees.

Dit is baie belangrik dat jou vriendin 'n dokter gaan spreek. 'n Lumbale punksie is seker die mees algemene manier waarmee hulle 'n diagnose sal doen.

Dit is ook belangrik dat sy 'n gesonde leefstyl volg. Dit sal ernstige komplikasies help verhoed.

19.2.25

Klipsalie wil gerook word

Die Sotho-mense rook die gedroogde blare van klipsalie as ’n behandeling vir verkoues.

Hulle rook ook die gedroogde blare van boesmansgif, maar ons beveel dit nie aan vir leke nie aangesien alle dele van die plant giftig is. Die struik se bas en wortels is voorheen as pylgif gebruik.

13.2.25

Kruie vir kwale: Wurms

Die bol van wildeknoffel word reeds lank in tradisionele medisyne gebruik om wurms te behandel. Daar is ook vandag wetenskaplike bewyse dat die plant parasiete kan vernietig (Krstin et al., 2018).
Een plant se bol word in stukke gesny en in kookwater geweek vir 10 minute. Die aftreksel word dan as ’n tee gedrink.
(Krstin S, Sobeh M, Braun MS, Wink M. Tulbaghia violacea and Allium ursinum Extracts Exhibit Anti-Parasitic and Antimicrobial Activities. Molecules. 2018)

♦♦♦

Sny ’n stuk kaneelbol-wortel van 1 cm skoon en laat dit trek in ’n koppie kookwater saam met ’n paar takkies bergtee. Laat dit trek vir 5 minute, gooi deur ’n sif en drink dit vir wurms.

♦♦♦

Bergtee kan suksesvol gebruik word om van wurms ontslae te raak. Gooi kookwater oor ’n kwart koppie vars blare. Laat dit trek vir 10 minute. Drink terwyl dit nog warm is. Drink dit elke oggend vir twee weke. Dit kan ook gebruik word om wurms by troeteldiere te behandel. Meng die tee met hulle kos en water. Dit werk gewoonlik vinniger vir diere.

♦♦♦

Drink 1 eetlepel geosoneerde olyfolie vir 5 dae net voor slaaptyd en Jalapeno rissie pitte (40) voor ontbyt. Kombineer dit met die swael-resep. Nie die warm Jalapeno rissie nie, die een wat proe soos soetrissie en nie brand nie. Dit werk vir 99% van menslike parasiete. Diere kan net die swael gebruik, 'n mespunt by hul kos. (Derek Botha)

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids