Daar is ’n paar minder bekende plante wat ook ’n natuurlike opsie bied om verkoues te behandel. Hierdie bome en plant het verskillende eienskappe wat simptome soos keelseer, neusverstopping en hoes kan verlig. Met die regte kennis kan hulle 'n waardevolle toevoeging tot jou gesondheidsroetine wees. Die plante waarna ons hier verwys word lank reeds in tradisionele medisyne gebruik én die uitwerking op verkoue is ook deur wetenskaplike navorsing bevestig.
Wildepietersielie (Heteromorpha arborescens): Week 'n deel van hierdie boom se wortel in kookwater vir 10 minute. Die aftreksel word dan as ’n tee gedrink.
Rivier Jasmyn (Jasminum fluminense): Vyf blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.
Wilde-kiaat (Pterocarpus angolensis): Twee blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.
Njalaboom / Hoenderspoor (Xanthocercis zambesiaca): Ses blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.
Sien ook Kruie vir kwale: Verkoue
(foto: Tima Miroshnichenko)
12.12.24
10.12.24
Swelsel / Swelling
’n Swelsel is ’n tydelike abnormale vergroting van ’n liggaamsdeel of orgaan, bv. a.g.v. ontsteking.
Boereraat:
Neem 10 mℓ kanferbrandewyn, 10 mℓ asyn, 10 mℓ terpentyn, 10 mℓ soetolie en 10 mℓ sout. Skud goed en smeer aan.
♦♦♦
Rol ’n gholfbal onder jou voete op lang vlugte om swelling in jou bene te voorkom.

9.12.24
Koors
Koors is ’n styging in liggaamstemperatuur. Dit is ’n simptoom en nie ’n siekte nie. Koors help die liggaam om op die verdediging te gaan deur die aktiwiteit van die immuniteitstelsel te verhoog en meer witbloedliggaampies word gevorm wat die infeksie kan aanval. Jy hoef jou nie veel te bekommer oor koors onder 38ºC nie, maar kinders kan wel koorsstuipe kry by hierdie temperatuur. Bly in die bed as jy koors het.
Gebruik ’n koue, nat kompres met suurlemoen of appelasyn om ´n hoë koors te beheer, maar nie as die pasiënt koud kry nie. Drink baie vloeistowwe en ’n louwarm sponsbad kan ook help.
Spreek jou dokter indien dit gepaard gaan met ernstige bewing, rukbewegings, klappertand of indien dit wissel tussen kouekoors en sweetaanvalle.
bydrae: Barbara Pelser
Boereraat:
Volwassenes kan 10 tot 30 druppels antimoonwyn in kanferwater gegee word 3 of 4 keer per dag. Die laaste dosis met slaaptyd. Kinders kan ’n dosis van 5 tot 10 druppels gegee word.
♦♦♦
Drink suikerwater vir kouekoors.
♦♦♦
Laat die persoon bad in louwarm water met 2 koppies asyn by.
♦♦♦
Maak ’n handdoek nat met ’n mengsel van louwarm water en asyn. Plaas die handdoek/e op die persoon se lyf en kop. Herhaal die proses wanneer die handdoek koud is.
♦♦♦
Meng 15 mℓ brandewyn, 30 mℓ kookwater en ’n mespunt sout. Gee 20 mℓ elke 15 minute – slegs vir volwassenes.
♦♦♦
Om ’n kind se koors te breek, gooi twee koppies bruin asyn in baie lou badwater en spons die kind aanhoudend af. Dit kan net so effektief wees om mee te sponsbad in die bed as die kind te siek is om in die bad te sit.

Etikette:
Koors
5.12.24
Sonbrand
Te lang blootstelling aan die son se strale kan rooiheid, gejeuk en teerheid van die vel veroorsaak. Onder sekere omstandighede kan dit ernstig wees.
Simptome en tekens
• Die vel is rooi, teer en opgeswel met moontlike blase.
• Die vel sal warm voel.
Behandeling
1. Sorg dat die persoon in die koelte is en spons die vel liggies af met koue water.
2. Gee die persoon gereeld slukkies koue water.
3. Kry mediese hulp indien die blase ernstig lyk.
Boereraat:
Melk of jogurt kan aangesmeer word. Smeer kort-kort aan tot die brand weg is.
♦♦♦
Jy kan ’n pasta maak van koeksoda en sonbrand daarmee behandel.
♦♦♦
Bad in koue water met ’n bietjie koeksoda in – so koud moontlik.
♦♦♦
As jy oor jou hele liggaam deur die son gebrand is kan jy koel bad neem waarby jy een koppie asyn gevoeg het. Dit verlig die brandgevoel
Kruie vir kwale: Sonbrand
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids

Brandwonde
,
Sonbrand
,
Wond
3.12.24
Kruie vir kwale: Seksueel oordraagbare siektes
’n Aftreksel van die boomwortels van die kiepersolboom word gebruik vir die behandeling van seksueel oordraagbare siektes.
Week die wortels 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer. Jy moet omtrent ’n kg plantmateriaal gebruik vir 5 liter water. Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.
(Maroyi, A. Cussonia Spicata Thunb. In Tropical Africa, Phytochemistry, Pharmacology, and Medicinal Potential. Asian Journal of Pharmaceutical and Clinical Research. 2019 Jul 10.)

Seks
27.11.24
Buikswelling
Buikswelling gebeur wanneer gasse in die maag en ingewande opbou. Dit is in meeste gevalle pynlik.
Die hoofoorsaak is normaalweg vetterige kosse. Vet veroorsaak dat kos stadiger verteer en dit laat jou vol voel.
Buikswelling kan ook veroorsaak word deur stres of angs, 'n blokkasie in jou ingewande of waar jou ingewande sukkel om sekere soorte kosse of dele daarvan te verteer.
Vermy vetterige kos en kos wat bekend is daarvoor dat dit gasse laat opbou. Onder laasgenoemde tel brokkoli, bone, kool, blomkool, slaai, gaskoeldrank, kougom en harde lekkers.
Spreek jou dokter indien jy alles probeer, maar sonder enige verligting.

25.11.24
Kruie vir kwale: Malaria
’n Aftreksel van die bas van die kiepersolboom word gebruik vir die behandeling van malaria.
Week die bas 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer. Jy moet omtrent ’n kg plantmateriaal gebruik vir 5 liter water. Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.
(Maroyi, A. Cussonia Spicata Thunb. In Tropical Africa, Phytochemistry, Pharmacology, and Medicinal Potential. Asian Journal of Pharmaceutical and Clinical Research. 2019 Jul 10.)
(foto: Pragyan Bezbaruah)

Subscribe to:
Comments
(
Atom
)