Elle skryf:
"Ek het onder my linkervoet 'n eelt ontwikkel, net onder my tone in die middel van my voet. Na 'n dag se loop is dit nogal pynlik. Wat kan ek doen om die eelt te verwyder?"
Antwoord:
'n Eelt is 'n dik, harde plek aan die vel wat ontwikkel om beskerming te bied teen besering. Die ontwikkel normaalweg weens aanhoudende druk of wrywing op 'n plek. Meeste eelte kom op die voete voor.
Vra by die apteek vir spesiale pleisters vir eelte of jy kan dit laat wegsny deur 'n chiropodis. Jy moet egter sorg dat jy ook die oorsaak van die eelt aanspreek.
(foto Andrew Bossi)
23.10.24
Kruie vir kwale: Angs
Verskeie studies het reeds bevind dat die gebruik van koljanderblare ’n kalmerende effek kan hê.
♦♦♦
Maak vir jou tee met roosmaryn indien jy baie angstig is.
♦♦♦
Maak tee met pietersielie.
♦♦♦
Eet 'n piesang. Dit bevat 'n proteïen wat die liggaam omskakel in 'n stof wat jou laat ontspan.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids

Etikette:
Angs
15.10.24
Ekseem - rooi, skubberig, vogtig, etterig, allergie, asma, hooikoors
Ekseem is normaalweg rooi, skubberig en kom hier en daar op die vel voor met uitbarstings wat vogtig en etterig is. Die toestand kom veral by kinders voor, hoewel volwassenes later in hul lewe probleme daarmee ontwikkel. Ekseem kan die gevolg wees van ´n allergiese reaksie en word ook soms verbind met asma en hooikoors.
Moet NIE krap nie, dit vererger as jy dit krap. Hou klein kindertjies se naeltjies kort sodat hulle nie hul vel stukkend krap nie. Twee eetlepels koeksoda in jou badwater kan jou vel help herstel. Gebruik ongegeurde seep en probeer hou by katoenklere.
Boereraat:
Drie koppies oelong-tee per dag kan die simptome van ekseem met sowat 54% verminder.

14.10.24
Divertikulitis
Divertikulitis is die ontsteking deur voedselchemikalieë van die sakke wat by swak plekke in die wande van jou ingewande vorm.
Die aandoening ontstaan gewoonlik met ouderdom en weens 'n tekort aan vesel.
Maagpyn, koors en naarheid is die belangrikste simptome.
Gaan spreek jou dokter dadelik. Gewoonlik sal die dokter antibiotika voorskryf of in uiterste gevalle 'n tydelike vloeistofdieet.

8.10.24
Hardlywigheid
Klein harde stoelgang minder as 3 keer per week is gewoonlik ’n teken dat jy hardlywig is. Dit kan ongemak en winderigheid veroorsaak. Hardlywigheid word veroorsaak deur ’n ongesonde dieet, dermprobleme, te veel vleis, te veel suiwel, medisyne of indien jy lakseermiddels gebruik.
Sluit volgraanprodukte by jou dieet in en drink ten minste 3 glase water per dag. Pruimedante of pruimedantsap word ook aanbeveel. Oefening vir die maagspiere werk ook.
Soek mediese hulp indien dit vir langer as ’n week aanhou of bloeding voorkom.
Boereraat vir hardlywigheid:
Drink bietjie sodawater vir hardlywigheid.
♦♦♦
Week 250 g perskes, 250 g rosyne en 250 g pruimedante in water tot sag.
Maal nou al die vrugte saam tot fyn. Meng dit met 500 g heuning.
Eet saans 1 teelepel hiervan.
♦♦♦
Eet elke oggend vir ontbyt ’n sny growwe, bruin brood. Dit moet growwe bruin brood met semels wees. Voedsel ryk aan vesel help vir hardlywigheid by kinders; en hardlywigheid by bejaardes.
♦♦♦
Drink ’n glas louwarm water met appelasyn – 30 min voor etes.
♦♦♦
Dit is nie gewone soutwater wat jy moet drink vir hardlywigheid nie. Dit is Engelse sout. Drink elke oggend op ’n nugter maag een teelepel Engelse sout opgelos in ’n glas warm water.
♦♦♦
Piesangs kan help om van hardlywigheid ontslae te raak.

7.10.24
Geelsug

Geelsug is 'n virussiekte waarby die weefsels van die liggaam geel gekleur is deur die aanwesigheid van 'n groot hoeveelheid galkleurstof in die bloed.
(foto Martin Pot)
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
1.10.24
Asma
Asma is 'n siekte gekenmerk deur aamborstigheid, voortdurende gehoes, asemhalingsprobleme en ´n beklemmende gevoel in die bors. Meer ernstige simptome kan insluit ´n verhoogde polsslag, bleekheid of blouheid van die lippe en vingerpunte.
Die simptome is die oorsaak van duisende klein lugweë wat vernou in die bors, en hul binnewande swel. Dit belemmer lugvloei. Asmalyers se lugweë oorreageer en hierdie vernouings kan gevaarlik raak. Dit kan lewensgevaarlik wees weens die tekort aan suurstof, uitputting en ooreising.
Die toestand word gewoonlik oorgeërf. Tipiese simptome van die siekte by kinders is aamborstigheid en 'n gehoes, veral snags.
Asma kom ook voor in reaksie tot infeksie of allergieë.
Gereelde behandeling is nodig om asma te beheer. Slegs jou dokter behoort te bepaal, met behulp van toetse, of jy aan asma ly.
Boererate:
Toebors by kinders
Smeer hardevet met gemaalde naeltjies op lappe en sit op die bors en tussen die skouers.
Die simptome is die oorsaak van duisende klein lugweë wat vernou in die bors, en hul binnewande swel. Dit belemmer lugvloei. Asmalyers se lugweë oorreageer en hierdie vernouings kan gevaarlik raak. Dit kan lewensgevaarlik wees weens die tekort aan suurstof, uitputting en ooreising.
Die toestand word gewoonlik oorgeërf. Tipiese simptome van die siekte by kinders is aamborstigheid en 'n gehoes, veral snags.Asma kom ook voor in reaksie tot infeksie of allergieë.
Gereelde behandeling is nodig om asma te beheer. Slegs jou dokter behoort te bepaal, met behulp van toetse, of jy aan asma ly.
Boererate:
Toebors by kinders
Smeer hardevet met gemaalde naeltjies op lappe en sit op die bors en tussen die skouers.
Etikette:
Asma
Subscribe to:
Comments
(
Atom
)