Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



22.10.09

Asma

Asma is 'n siekte gekenmerk deur aamborstigheid, voortdurende gehoes, asemhalingsprobleme en ´n beklemmende gevoel in die bors. Meer ernstige simptome kan insluit ´n verhoogde polsslag, bleekheid of blouheid van die lippe en vingerpunte.

Die simptome is die oorsaak van duisende klein lugweë wat vernou in die bors, en hul binnewande swel. Dit belemmer lugvloei. Asmalyers se lugweë oorreageer en hierdie vernouings kan gevaarlik raak. Dit kan lewensgevaarlik wees weens die tekort aan suurstof, uitputting en ooreising.

Die toestand word gewoonlik oorgeërf. Tipiese simptome van die siekte by kinders is aamborstigheid en 'n gehoes, veral snags.

Asma kom ook voor in reaksie tot infeksie of allergieë.

Gereelde behandeling is nodig om asma te beheer. Slegs jou dokter behoort te bepaal, met behulp van toetse, of jy aan asma ly.


Boererate:

Toebors by kinders
Smeer hardevet met gemaalde naeltjies op lappe en sit op die bors en tussen die skouers.

8 comments :

  1. Ek is tans 15 weke swanger. Ek gebruik medikasie vir asma. Ek is bekommerd oor wat se invloed die medikasie kan he op ons ongebore baba. Indien u my raad kan gee sal ek dit baie waardeer.

    ReplyDelete
  2. Die uitwerking van algemene asmamedikasie op die fetus is minimaal. Die gevaar vir beide van julle is groter indien jy afhanklik is van die medikasie en die gebruik nou skielik staak. Sonder die medikasie is die kanse groter dat daar probleme kan wees soos byvoorbeeld dat die baba kleiner as normaal is of vroeg gebore word. Jy behoort jou ginekoloog in te lig oor die medikasie wat jy neem en hy / sy behoort enige verstelling daaraan te doen indien nodig.

    ReplyDelete
  3. Sindie Naude22/10/09 12:03

    Hoe hanteer mens 'n ouer kind met asma?

    ReplyDelete
  4. Soos enige ander persoon met asma. Om asma hok te slaan vereis 'n leefstylaanpassing.
    Jy kan self eksperimenteer en jou kind toets vir voedselallergieë. Kwaaddoeners moet uitgeskakel word.
    Vir iemand met asma wil jy die aantal antioksidante in die liggaam vermeerder. Dit beteken baie groente en vrugte. Veral die met vitamien C, vitamien A en selenium. Vitamien C is 'n natuurlike antihistamien. Verder is voedsel wat ryk is aan omega-3 vetsure belangrik. Om op te son : 'n dieet ryk aan olierige vis en baie groente (maak seker hy eet ook baie rooi uie, knoffel, gemmer en borrie) en vrugte en min vleis en melk. Saam met dit kan jy hom 'n daaglikse multivitamien gee.
    Verder kan jy seker maak die matras waarop hy slaap is vry van stofmyte en was sy beddegoed gereeld in warm water. Dieselfde geld vir matte, indien daar in sy kamer is. Moet ook nie toelaat dat hy nat handdoeke of klere in sy kamer laat rondlê nie.

    ReplyDelete
  5. Anonymous13/4/10 12:58

    Goeie Middag
    Ek wil graag weet ek is 36 jaar oud en is nou vir 8jaar op kortisoon maar die gevolg is dat ek baie gewig begin optel het so ek het begin om die kortisoon nou minder te maak maar nou sit ek met die probleem dat ek alle snaakse simptome kry dit voel of my bene lam word en ek kry al om my keel uitslae wat vreeslik pyn en sensitief is. Kan dit wees van die kortisoon my dokter het my gevaarsku en gesê dat ek baie snaakse simptome gaan kry omdat ek vir solank onafhanklik was van die kortisoon wat moet ek doen om dit simptome makliker te maak sodat ek nie so sleg voel nie want dis nie die eerste keer dat ek probeer om die kortisoon te los nie, maar dan sit die dokter my weer terug as hy sien dit raak te erg HELP MY GROOT ASSEBLIEF

    ReplyDelete
  6. Anonymous13/4/10 13:23

    Jou probleem is nie die kortisoon nie - dis die asma.
    Probeer om jou omgewing skoon te maak van prikkels wat jou asma teweegbring. Alles moet nagegaan word, van die plante in jou tuin tot jou dieet.
    'n Gesonde leefstyl en gereelde oefening kan baie help.

    ReplyDelete
  7. Anonymous24/8/10 14:11

    Asma is nie 'n siekte nie net so min as wat 'n hoofpyn 'n siekte is. Dis die olie liggie van die kar wat aangaan.

    Asma kan ook nie behandel word nie; die simptome kan net onderdruk word.

    Harde, swaar oefening met gewigte, nie kardio nie, dra by tot detoks van die spier weefsel in groot mense. Skoon water, skoon lug en gesonde dieet is primêr die oplossing.

    Vier goed wat werk vir mense wat nie wil oefen of reg eet nie:
    1. Kortisoon direk in die longe (2 voor bedtyd)
    2. Neus onstuwer (Soms)
    3. Antihistamine (1 voor bedtyd)
    4. Asma pompie (Nood geval)

    Dinge wat asma versleg:
    1. Kardio oefening
    2. Sinustablette om slym op te droog
    3. Voedsel allergiëe
    4. Lug besoedeling soos rook
    5. Stres

    ReplyDelete
  8. My dogter sukkel al van 2006, sy het bronchitus opgedoen en toe sê drs dit is asma, sy het so benoud geword dat hulle ‘n tragie moes insit. Sy het tydens dit chirugiese emfiseen opgedoen. Sy het herstel maar kry veral gedurende die winter weer infeksie in die lugweg en dan moet sy pyp in keel kry om te help met asemhaling. Verskeie drs het allerhande toetse gedoen en scopes gedoen self mantelvlies breuk herstel, gedink dit is fout met suur wat opstoot, maar dit het ook nie gehelp nie. Al die probleme tas ook haar stembande aan. Sodra sy infeksie opdoen dan trek heer lugweg toe en word angstig en dan moet sy dringend suurstof kry, sy beland dan ook in ICU vir vier dae. Is daar dalk iemand wat soortgelyke probleme het of dalk iemand wat raad het.

    Dankie

    ReplyDelete