Daar is 4 faktore wat jou kanse vergroot om maagkanker te ontwikkel:
1. As jy deel van die A-bloedgroep is.
2. As jy geneig is om maagsere te ontwikkel.
3. As jou dieet nie genoeg vrugte en groen en geel groente bevat nie.
4. As jy te veel sout eet.
21.8.17
16.8.17
Frakture van die ribbes en borsbeen
’n Harde hou of val veroorsaak gewoonlik ’n gekraakte of gebreekte rib of borsbeen.
Simptome en tekens
• Pyn op die kraak/breuk, wat vererger word deur asemhaling of hoes
• Wees ook op die uitkyk na moontlike inwendige bloeding of ’n oop wond
Kry die persoon by ’n hospitaal. Indien moontlik, laat die persoon regop sit op pad soontoe.

14.8.17
Plaasdiere beskerm plaaskinders teen asma en allergieë
Dit is ’n alombekende feit dat die mikrobes wat mens op plase teëkom die plaaskinders beskerm teen asma en allergieë. ’n Mikrobe is ’n eensellige, lewende organisme. As ons na hulle verwys praat ons gewoonlik van kieme of bakterie.
Immunoloë aan die Universiteit van Zürich het nou bewyse gekry dat selfs nie-mikrobiese molekules ’n beskermende effek hê. Hulle het getoon dat ’n spesifieke suur wat in plaasdiere voorkom effektief gebruik kan word teen inflammasie van menslike longweefsel. Hierdie studie bied nou nuwe moontlikhede vir die voorkoming van allergieë.
Al hoe meer mense ly aan allergieë en asma. In die afgelope dekades het hierdie siektes grootliks toegeneem in geïndustrialiseerde lande. Vandag het ongeveer 30 persent van alle kinders allergieë - met die uitsondering van plaaskinders. Onder plaaskinders kom dié siektes heelwat minder voor, in vergelyking met die dorpskinders van dieselfde omgewing. Daar is ’n groter voorkoms en verskeidenheid van mikrobes op plase. Die mikrobes beskerm plaaskinders teen allergieë en asma. ’n Omgewing wat nie hoogs higiënies is nie, soos ’n plaas, het 'n positiewe uitwerking op die ontwikkeling van die kind se immuunstelsel. Die immuunstelsel leer nie aan om te reageer op onskadelike stowwe nie, soos wat gebeur in die geval van allergieë.
Die navorsers het bevind dat deur, byvoorbeeld, vars melk op die plaas te drink en met katte te speel beskerm kinders teen sekere siektes. Kontak met diere op n jong ouderdom en die gebruik van voedsel afkomstig van diere (bv. melk) help om die inflammatoriese reaksies van die immuunstelsel beter te reguleer. Die mechanism wat hier ’n belangrike rol speel is die nie-mikrobiese suur, wat volop voorkom in gewerweldes, hoewel nie in die mens nie.
Meer as 1 000 kinders is in die studie betrek en die resultate het duidelik getoon dat plaaskinders meer teenliggame in hul bloed het en heelwat minder ly aan asma en allergieë.
(Hierdie studie is onlangs gepubliseer in die Journal of Allergy and Clinical Immunology)
(foto: UZH)

7.8.17
Afrika plant bied hoop vir die behandeling van Alzheimer se siekte
’n Plantekstrak uit Afrika kan die basis word van nuwe medikasie vir die behandeling van Alzheimer se siekte.
Navorsers aan die Universiteit van Nottingham het bevind dat die ekstrak, geneem van die blare, stam en wortels van Carpolobia lutea, kan help om die chemiese oordragstowwe in die brein te beskerm. Hulle verwys spesifiek na oordragstowwe wat ’n rol speel in leer en die geheue. Dit word reeds vir eeue lank in tradisionele medikasie (lees boererate) in Nigerië gebruik.
In pasiënte met Alzheimer se siekte en ander soortgelyke siektes, soos Parkinson se siekte, word effektiwiteit van die oordragstof asetielcholien verminder. Die gevolg is dat lyers probleme begin ervaar met hul geheue en om aandag te gee. Die navorsers het bevind dat die plant die afbreek van asetielcholien help verhoed.
Carpolobia lutea staan in Nigerië bekend as “veestok” (’n stok waarmee jy vee aanjaag). Tradisionele geneeshere gebruik dit vir die behandeling van verskeie infeksies. Daar word vermoed dat dit oor die algemeen goeie antiinflammatoriese eienskappe besit. Daar is juis al hoe meer navorsing wat daarop dui dat Alzheimer se siekte waarskynlik ’n tipe inflammasie van die brein is.

2.8.17
Lip-kanker
Lip-kanker was een van die eerste tipes kanker wat meer as 200 jaar gelede met ’n eksterne oorsaak verbind is. Daar is opgemerk dat dit hoofsaaklik in pyprokers ontstaan.
Baie jare later is besef dat die siekte ook op ander maniere geproduseer kan word en dat dit deur die chemikalieë in rook geproduseer word, eerder as deur die nie-spesifieke effek van hitte. Dit is ook veel meer algemeen in buite- as binnenshuise werkers en word deur ultraviolet lig op dieselfde manier as ander kankers van die blootgestelde vel geïnduseer.
Die siekte is vandag veel minder algemeen as wat dit was, as gevolg van die afname in pyprook en buitelug-werk.

31.7.17
Wetenskaplikes vind genetiese mutasie wat seldsame velsiekte onder Afrikaners veroorsaak
Wetenskaplikes het die genetiese mutasie wat die seldsame velsiekte Oudtshoorn-vel in Afrikaners veroorsaak, ontdek.
Navorsers by die Sydney Brenner Institute for Molecular Bioscience en die Afdeling vir Menslike Genetika by Wits, in samewerking met eweknieë in Europa, die VSA en Kanada was verantwoordelik vir die navorsing.
Oudtshoorn-vel veroorsaak 'n rooiheid van die palms en sole met opeenvolgende siklusse van afskilfering van groot dele dik vel, wat dikwels gedurende die wintermaande vererger. Die siekte het oorspronklik in Oudtshoorn en omgewing voorgekom onder groot gesinne.
Afrikaners het 'n hoë risiko vir verskeie genetiese afwykings, die bekendste is familiale hipercholesterolemie (oorgeerfde hoë cholesterol wat reeds op ’n jong ouderdom tot hartaanvalle lei) en porfirie (sensitiwiteit van die vel tot ultravioletstrale en en ’n nadelige reaksies op spesifieke middels). Hierdie afwykings is algemeen as gevolg van grondliggende mutasies wat deur klein groepe immigrante na Suid-Afrika gebring is.
Oudtshoorn-vel is in 1977 eers beskryf as 'n unieke velafwyking deur ’n Wits dermatoloog, professor George Findlay. Hy het opgemerk dat dit in gesinne gevind word wat ’n oorheersende wyse van erfenis het - dit beteken, as ’n ouer die toestand het, omtrent die helfte van die kinders dit erf in elke geslag.
Benewens die identifisering van die genetiese mutasie vir wetenskaplike doeleindes, stel hierdie navorsing nou dermatoloë in staat om 'n definitiewe diagnose van Oudtshoorn-vel in pasiënte te maak. Dit stel navorsers ook in staat om soortgelyke velafwykings te verstaan en is 'n beginpunt vir die ontwikkeling van moontlike behandelings.
Sedert die laat 1980's het drie MSc en drie PhD-studente aan die Wits-universiteit hierdie afwyking ondersoek. Dit het begin onder die toesig van prof. Trefor Jenkins en vanaf ongeveer 1990 is dit gelei deur prof. Michele Ramsay.
In 1997 het die Wits MSc-student Michelle Starfield en 'n groep in Duitsland getoon dat dit waarskynlik was dat die Suid-Afrikaanse families almal dieselfde mutasie gehad het, maar dat die Duitse families ’n ander mutasie het.
In 2012 het Thandiswa Ngcungcu, 'n Wits MSc-student, verdere ontdekkings gemaak met betrekking tot die mutasie. In die tyd het dr. Torunn Fiskerstrand aan die Universiteit van Bergen, Noorweë, die genetiese oorsaak van die siekte in Noorweërs ontdek. Die verskillende DNA-duplikasies in die Suid-Afrikaanse en Noorse gesinne oorvleuel.
Presies twintig jaar na die bepaling dat die mutasie van Oudtshoorn vel op chromosoom 8 lê, is die mutasie wat Oudtshoorn-vel veroorsaak, geïdentifiseer en gepubliseer.
(foto: prof. Michele Ramsay)

Etikette:
Oudtshoorn-vel
,
Vel
26.7.17
Ruggraatfrakture
’n Gebreekte ruggraat is ’n baie ernstige besering. So ’n ongeval moet met groot sorg hanteer word, aangesien die besering deur skade aan die rugmurg gekompliseer kan word.
Die kwesbaarste dele van die ruggraat is die bene in die nek en die onderste deel van die rug.
Simptome en tekens
• Die persoon sal kla oor erge rugpyn en dit voel dalk of hy/sy “middeldeur gesny is”.
• Die persoon het geen beheer oor sekere ledemate nie.
• Daar is ’n moontlike verlies aangevoel.
Moet nie so ’n persoon beweeg, tensy dit absoluut nodig is nie.

Subscribe to:
Comments
(
Atom
)