Wanneer die ronding van die oog se lens of kornea ongelyk is praat ons van astigmatisme. Dit lei tot dowwe en verwronge beelde.
’n Bril met spesifiek gevormde lense kan die probleem hanteer.
8.3.17
3.3.17
Sinusitis
Sinusitus is ontsteking van die neussinusse. Simptome sluit in pyn in die voorkop en wange en soms ´n groen, geel of bloederige afskeiding uit die neus. Seer keel, naarheid en slegte asem kan voorkom as gevolg van postnasale drup. Oorsake kan akuut of chronies wees. Akute sinusitis word dikwels veroorsaak deur bakteriese- of virusinfeksies in die neus, keel en boonste lugweë. Chroniese sinusitis kan veroorsaak word deur klein vergroeiings in die neus, beserings van die neusbene, tabakrook en blootstelling aan irriterende dampe en reuke. Dit is besonder moeilik om chroniese sinus suksesvol te behandel. Allergiese sinusitis kan veroorsaak word deur hooikoors of voedselallergieë, veral suiwelprodukte.
Stoom sal help om slym op te klaar en ´n bevogtiger kan asemhaling vergemaklik. Gebruik egter ontstuwers volgens aanwysings.
Soek mediese hulp indien jy aan chroniese sinusitis ly of indien daar swelling rondom die oë voorkom. Meer as een mediese spesialis moet liefs geraadpleeg word in die geval van chroniese sinusitis. Ander moontlike oplossings soos akupunktuur kan ondersoek word.
Druk met die punte van jou middelvingers op die kepies net onder jou neusgate elke halfuur vir 'n paar minute om sinuspyn te verlig. Gaan sien jou dokter indien dit nie help nie.
Boereraat:
Kos met preserveermiddels vererger sinus. Sny dit uit.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids

1.3.17
Groot epilepsie
Die meeste groot epileptiese toevalle kom onverwags. Soms het die persoon wel ’n gevoel of een of ander ander aanduiding dat iets verkeerd is.
Simptome en tekens
• Die persoon raak skielik bewusteloos en val – soms gee die persoon ’n vreemde skree.
• Die persoon kan vir ’n paar sekondes verstyf en asemhaling kan ophou. Die mond en lippe sal blou word en die gesig en nek kan saamtrek.
• Die spiere ontspan dan en begin krampagtig saamtrek. Asemhaling kan dan moeilik wees en skuim kan by die mond uitkom. Die persoon kan ook beheer verloor oor hul blaas.
• Die spiere sal uiteindelik ontspan, maar die persoon sal nog ’n paar minute lank bewusteloos wees.
• Die hou gewoonlik nie langer aan as 5 minute nie. Daarna sal die asemhaling weer normaal word en die persoon sal wakker word, maar kan bedwelmd en deurmekaar voorkom.
Lees meer oor epilepsie en wat jy moet doen as iemand ’n aanval beleef.

27.2.17
Daar is hoop vir die behandeling van Alzheimer se siekte
In ’n navorsingsprojek aan die Universiteit van Manchester in Brittanje is ’n eksperimentele model van Alzheimer se siekte suksesvol behandel met antiinflammatoriese medikasie. Die navorsingspan het daarin geslaag om geheueverlies en inflammasie van die brein in muise heeltemal om te keer. Die navorsing dui ook op ’n moontlike sterk verband tussen inflammasie van die brein en Alzheimer se siekte.
Die meeste mense neem op een of ander stadium van hul lewens ’n nie-steroïede antiinflammatoriese middel. Die navorsing toon dat sekere van hierdie middels moontlik gebruik kan word om skade aan breinselle te verhoed en selfs te herstel. Dit is ook belangrik dat die medikasie reeds in gebruik is, wat die ontwikkeling van nuwe demensie medikasie aansienlik sal verhaas.
Daar word tans voorberei vir fase twee van die studie wat sal begin fokus op die gebruik van die middels vir die mens.
Die studie is gepubliseer in die joernaal Nature Communications.
(foto: University of Manchester)

Etikette:
Alzheimer’s
,
Brein
22.2.17
Vêrsiendheid
Vêrsiendheid beteken die persoon kan vêraf voorwerpe goed sien, maar sukkel indien dit te naby is.
Dit kom voor wanneer die oog se lens (kornea) te konveks is en nie platter kan raak nie. Die lens buig ligstrale nie genoeg nie en lig word agter die retina gefokus. Die beeld van naby voorwerpe is dus uit fokus.
’n Bril met bolvormige lense word normaalweg voorgeskryf.

20.2.17
Ligte epilepsie
Epilepsie is ’n toestand wat ontstaan as gevolg van kort onderbrekings in die normale elektriese aktiwiteit van die brein. Dit kan wissel van kortstondige onoplettendheid sonder verlies van bewussyn tot spierspasma en stuiptrekkings.
Ligte epilepsie verwys na kortstondige onoplettendheid. Dit kan as kind begin en tot volwassenheid duur. Mens kom dit nie altyd agter nie, want dit lyk soms of die persoon net dagdroom.
Simptome en tekens
• Die persoon staar in die niet.
• Tree vreemd op, byvoorbeeld kou aanhoudend, klap hulle lippe peuter met iets of se vreemde dinge.
• Die persoon sal nie noodwendig onthou wat gebeur het nie.
Lees meer oor epilepsie en wat jy moet doen as iemand ’n aanval beleef.
Ligte epilepsie verwys na kortstondige onoplettendheid. Dit kan as kind begin en tot volwassenheid duur. Mens kom dit nie altyd agter nie, want dit lyk soms of die persoon net dagdroom.
Simptome en tekens
• Die persoon staar in die niet.
• Tree vreemd op, byvoorbeeld kou aanhoudend, klap hulle lippe peuter met iets of se vreemde dinge.
• Die persoon sal nie noodwendig onthou wat gebeur het nie.
Lees meer oor epilepsie en wat jy moet doen as iemand ’n aanval beleef.
15.2.17
Bysiendheid
Bysiendheid beteken die persoon kan naby voorwerpe duidelik sien, maar sukkel indien hulle vêr is.
Dit kom voor wanneer die oog se lens (kornea) te konveks is en nie platter kan raak nie. Die lens buig ligstrale te veel en gevolglik word lig vanaf vêr voorwerpe voor die retina gefokus. Dit veroorsaak dat dit buite fokus is.
Gewoonlik word ’n bril met hol lense voorgeskryf vir ’n bysiende persoon.

Subscribe to:
Comments
(
Atom
)