Bysiendheid beteken die persoon kan naby voorwerpe duidelik sien, maar sukkel indien hulle vêr is.
Dit kom voor wanneer die oog se lens (kornea) te konveks is en nie platter kan raak nie. Die lens buig ligstrale te veel en gevolglik word lig vanaf vêr voorwerpe voor die retina gefokus. Dit veroorsaak dat dit buite fokus is.
Gewoonlik word ’n bril met hol lense voorgeskryf vir ’n bysiende persoon.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 158 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


No comments :
Post a Comment