Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



20.2.17

Ligte epilepsie

Epilepsie is ’n toestand wat ontstaan as gevolg van kort onderbrekings in die normale elektriese aktiwiteit van die brein. Dit kan wissel van kortstondige onoplettendheid sonder verlies van bewussyn tot spierspasma en stuiptrekkings.

Ligte epilepsie verwys na kortstondige onoplettendheid. Dit kan as kind begin en tot volwassenheid duur. Mens kom dit nie altyd agter nie, want dit lyk soms of die persoon net dagdroom.

Simptome en tekens
• Die persoon staar in die niet.
• Tree vreemd op, byvoorbeeld kou aanhoudend, klap hulle lippe peuter met iets of se vreemde dinge.
• Die persoon sal nie noodwendig onthou wat gebeur het nie.

Lees meer oor epilepsie en wat jy moet doen as iemand ’n aanval beleef.

No comments :

Post a Comment