Dr. John Callaghan, bekende oor- neus- en keelspesialis van Pretoria, het onlangs sy negentigste verjaardag gevier, in sy spreekkamer by sy praktyk waar hy nog daagliks praktiseer. En nee, hy is nie te oud nie, inteendeel, hy is vlymskerp. Hy sukkel bietjie om te onthou watter kleur sy hare was voordat dit grys geword het, maar onthou elke detail van ‘n onlangse operasie waar hulle vir ‘n pasiënt ‘n nuwe stemband gebou het. “Sy kon glad nie praat nie en nie meer haar beroep beofen nie. Dit was vir my baie mooi dat ons haar kon help.”
En dit is presies hoekom hy hoop om nog vir baie jare te doen wat hy geniet. “Dit gee my soveel plesier om mense te opereer en te help en ‘n verskil te maak. Dis ‘n geweldige voorreg om te werk. Aftree is net ‘n mors van tyd. Wie wil dit nou doen?”
22.8.16
19.8.16
Eet reg
Vetsug neem skokwekkend toe in Suid-Afrika, veral onder tieners. Hierdie boek wys hoe emosionele eet ontstaan en hoe om dit te voorkom.
Eet reg is propvol gesaghebbende raad wat regtig werk. Bevry jouself en jou kinders vir altyd van emosionele eet en verwelkom 'n leeftyd van lekker én gesond eet. Met resepte, eetplanne en sielkundig begrond.
* Leer jou kind om negatiewe emosies gepas te hanteer.
* Skep die optimale huis vir die voorkoming van emosionele eet en oorgewig.
* Voed jou gesin optimaal.
* Leer jou kinders gesond eet en eet self reg – lewenslank.
* Hoe om ‘n kind wat reeds oorgewig is te hanteer.
Zelda Ackermann is 'n geregistreede dieetkundige wat skryf vir Baba & Kleuter. Met die samewerking van gerekende sielkundige Louis Awerbuck.
Eet reg / Zelda Ackerman -- Human & Rousseau, 15 Mei 2016; 192 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798171274
Eet reg,
Bettie Blom,
16 Augustus 2016.
2

Etikette:
Boeke
18.8.16
Kruie vir kwale: Bloedarmoede
Rasper 4 rou bete en sit dit in konfytfles.
Gooi 1 bottel wyn oor en roer goed.
Gooi een botteltjie Lennon’s Versterkdruppels by en laat staan oornag om te trek.
Gooi deur ’n doek en bêre die vloeistof in die yskas.
Drink 3 keer per dag ’n kwart koppie vol.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids

Anemie
,
Bleeksiekte
,
Bloedarmoede
17.8.16
Die pols
Die pols is ’n drukgolf wat deur die slagare gaan en wat die pompwerking van die hart aandui. Dit kan gevoel word op enige plek waar ’n slagaar naby die liggaamsoppervlak is en teen ’n been gedruk word.
Die nuttigste pols, die nekslagaarpols, kan net onder die hoek van die kakebeen in die holte tussen die stemkas en die aanliggende spier gevoel word.
Tensy hartversaking vermoed word, word die pols egter gewoonlik by die polsgewrig aan die duim- en palmkant geneem net bokant die plooi waar die slagaar langs die binnekant van die voorarmbeen loop. Plaas jou vingers in die holte net bo die onderpunt van die been en druk die vingerpunte liggies op die slagaar - moenie jou duim gebruik nie omdat dit self ’n pols het.
Om die pols te neem, gebruik ’n horlosie met ’n sekondewyser en tel die getal polsslae in een minuut.
Die drie dinge wat gekontroleer en aangeteken moet word, is die tempo, sterkte en ritme. Let op of dit vinnig of stadig, sterk of swak, gereeld of ongereeld is. Die gemiddelde polstempo van ’n volwassene is 72 slae per minuut, maar dit kan tussen 60 en 80 wissel. Dit neem toe gedurende spanning, oefening, sommige siektes, terwyl alkohol ingeneem word, of weens ’n besering. Die polstempo by bejaardes en sommige atlete kan stadiger wees (tussen 50 en 60 slae per minuut), en dit is vinniger by jong babas (ongeveer 120 slae per minuut).
’n Normale pols is gereeld en sterk. Enige abnormaliteit soos ’n swak of bonsende pols kan op ’n abnormale toestand dui. 'n Vinnige, swak pols in ’n skynbaar onbeseerde persoon kan byvoorbeeld daarop dui dat daar verskuilde inwendige verlies van bloed of vloeistof is en dat die hart baie vinniger moet werk om ’n kleiner volume bloed te sirkuleer.

16.8.16
Skoon & Skraal Dieet
Skoon & Skraal is eenvoudig en doeltreffend: jy hoef nie kalorieë te tel of ingewikkelde reëls te volg nie.
Toe James Duigan – ’n top-afrigter van glanspersone – se Clean & Lean Diet die eerste keer op die rakke beland het, was dit dadelik ’n topverkoper. Die boek is_nou heeltemal hersien en bygewerk, met:
• splinternuwe resepte
• die nuutse wenke en raad
• nuwe en verbeterde ‘Sleg, Beter, Beste’-tabelle – iets wat eie is aan Duigan.
Skoon & Skraal is eenvoudig en doeltreffend: jy hoef nie kalorieë te tel of ingewikkelde reëls te volg nie. Jy word eers gehelp om ‘Skoon’ te kom deur ’n buigsame 14-dag-detoks- en eetprogram te volg, en dan gewys hoe om ‘Skraal’ te word deur jou liggaam te vorm met maklike oefeninge wat werk.
Skoon & Skraal Dieet / James Duigan -- Metz Press, April 2016; 176 p. ; sagteband. -- ISBN 9781928201717
Skoon & Skraal Dieet,

Gewigsprobleme
,
Vet
15.8.16
My Koebaai, Stres!-joernaal
Met My Koebaai, Stres!-joernaal nooi Tanya O’Connor die leser om nie net in te kleur om ontslae te raak van stres nie maar ook om met woorde dit neer te sit op papier wat jou stres gee.
Sy luister na haar “porseleinmense” soos sy hulle noem en daarom is My Koebaai, Stres!-joernaal geskep, ’n inkleur en joernaal alles in een boek om te ontlaai van die wat pla.
Met haar woorde in Engels en Afrikaans skryf sy met ongekende eerlikheid oor haar groei as kunstenaar, ma wees op 43, die ego, vergifnis, om jouself te aanvaar en soveel meer waaroor daar gewonder word. Sy vertel met humor van die vrouens wat elke Woensdag by haar huis kom speel en hoe sy hulle leer om nie ’n uitveer te gebruik nie en hul eie styl met kreatiewe plesier te ontwikkel.
Die boek weerspieel haar “kuns renaissance” soos sy dit beskryf, asook om elke prentjie absoluut te gebruik tot jou voordeel en plesier. Hier is nie reels nie, en dit is hoe sy verkies om haar terapie met die leser te deel. My Koebaai, Stres!-joernaal is ’n interaktiewe boek wat jou eie persoonlike joernaal is om soveel vryheid te ervaar soos jy jouself toelaat.
My Koebaai, Stres!-joernaal / Tanya O’Connor -- Naledi
My Koebaai, Stres!-joernaal,
Bettie Blom,
15 Augustus 2016.

11.8.16
Bloedarmoede / Anemie / Bleeksiekte
Bloedarmoede is 'n siekte wat veroorsaak word deur 'n tekort aan rooibloedliggaampies. Normaalweg is dit as gevolg van 'n gebrek aan yster.
Jy sal bleek wees en voel asof jy geen energie het nie.
Boereraat:
Heuning is die beste bloedverrykker en donker heuning is die beste.
♦♦♦
Eet swart stringe liquorice - net die swart help.
♦♦♦
Eet gereeld rosyne.
♦♦♦
Eet baie lewer.
♦♦♦
Piesangs is ryk aan yster en kan die vervaardiging van rooibloedliggaampies stimuleer. Maak 'n melkskommel met melk, piesang en heuning.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Jy sal bleek wees en voel asof jy geen energie het nie.
Boereraat:
Heuning is die beste bloedverrykker en donker heuning is die beste.
♦♦♦
Eet swart stringe liquorice - net die swart help.
♦♦♦
Eet gereeld rosyne.
♦♦♦
Eet baie lewer.
♦♦♦
Piesangs is ryk aan yster en kan die vervaardiging van rooibloedliggaampies stimuleer. Maak 'n melkskommel met melk, piesang en heuning.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Etikette:
Anemie
,
Bleeksiekte
,
Bloedarmoede
Subscribe to:
Comments
(
Atom
)