Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

15.6.16

Haaiaanval

Baie slagoffers van haaiaanvalle sterf weens swak eerstehulpbehandeling; soms met relatief klein beserings.

Die wesenlike probleem van ’n haaibyt is bloeding en ernstige skok.

Die bloeding moet sodra moontlik beheer word deurdruk toe te pas. Die persoon moet ook dadelik vir skok behandel word. Daarna sorg jy dat die persoon by die hospitaal kom.

14.6.16

Kruie vir kwale: Nierstene

Drink af en toe ’n boegoetjie (boegoe op brandewyn getrek).

♦♦♦

Breek die nuwe groeipunte van die takkies van ’n renosterbos af. Jy het omtrent ’n handvol nodig. Die ander bestanddeel is jong blaartjies van ’n wilgerboom, ook ’n handvol. Laat dit trek in ’n bottel brandewyn. Neem soggens en saans 50 mℓ hiervan.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

13.6.16

Kraam in weelde met ’n vroedvrou

Kristalkandelare en dubbelbeddens met lakens van Egiptiese katoen is nie iets wat jy gewoonlik in 'n hospitaal teëkom nie. Swanger vrouens wat verkies om natuurlik geboorte te skenk met behulp van 'n vroedvrou kan hulle egter eersdaags by 'n nuwe kraamhospitaal in Panorama laat opneem, waar dié luukshede aan die orde van die dag is.

9.6.16

Waterblaas / Blaar / Blase

Blase is die natuur se manier om beskadigde dele van die vel te beskerm. Hulle ontstaan weens brand en / of wrywing.

Die vloeistof in 'n blaas is steriel en kom van die onderliggende bloedvate. Dit beskerm die beskadigde vel teen infeksie.

Dit is belangrik om nie 'n blaas oop te steek nie, maar op 'n natuurlike manier te laat genees.

Boereraat:

As jy 'n blaas het op jou hak, klits die wit van 'n eier en smeer dit op die hak.



(foto Johannes Hemmerlein)

8.6.16

Die gebruik van teengif in noodgevalle

Let wel dat teengif nie aanbeveel word as roetine-eerstehulpbehandeling nie. Ernstige komplikasies kan ontstaan as gevolg van teengif wat onnodig toegedien is.

In ’n noodgeval waar die persoon bewusteloos is of moeilik asemhaal en ’n lang vertraging verwag word kan die inhoud van die teengifampulle toegedien word deur middel van ’n diep binnespierse inspuiting in die buitekant van die dy.

Dit is belangrik om te weet dat kinders erger ly as volwassenes en net soveel teengif nodig het.

Sorg altyd dat die persoon sodra moontlik by ’n hospitaal kom.

6.6.16

Goeie spysvertering

Ek is oortuig daarvan dat goeie spysvertering die groot geheim van die lewe is. – Sydney Smith

1.6.16

Die behandeling van ’n slangbyt

1. Stel die persoon gerus en hou hom / haar rustig aangesien oefening die tempo verhaas waarteen die gif opgeneem word.

2. Vee die gif van die wond af.

3. Draai ’n breë rolverband stewig om die aangetaste ledemaat. Begin by die hand / voet en draai die verband so hoog as moontlik om die ledemaat. Moet nie die bloedsirkulasie geheel en al belemmer nie.

4. Vervoer die persoon op ’n draagbaar indien moontlik en hou sy / haar asemhaling dop.

5. Kobras en rinkhalse kan gif tot 7 meter vêr spoeg en indien dit in die oë beland kan dit kwaai pyn, swelsel en tydelike blindheid veroorsaak. Die oortollige gif moet afgevee word en die oog met baie water uitgewas word.