Let wel dat teengif nie aanbeveel word as roetine-eerstehulpbehandeling nie. Ernstige komplikasies kan ontstaan as gevolg van teengif wat onnodig toegedien is.
In ’n noodgeval waar die persoon bewusteloos is of moeilik asemhaal en ’n lang vertraging verwag word kan die inhoud van die teengifampulle toegedien word deur middel van ’n diep binnespierse inspuiting in die buitekant van die dy.
Dit is belangrik om te weet dat kinders erger ly as volwassenes en net soveel teengif nodig het.
Sorg altyd dat die persoon sodra moontlik by ’n hospitaal kom.
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 147 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.


No comments :
Post a Comment