Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

14.10.15

Vaginale bloeding

Swaar of matige bloeding wat geleidelik plaasvind en gepaard gaan met maagkrampe is gewoonlik ’n aanduiding van ernstige menstruasiebloeding. Praat met jou dokter oor die moontlike komplikasies hiervan. Jy kan dalk baat vind by sekere aanvullings of medikasie.

Skielike bloeding tydens swangerskap kan ongelukkig dui op ’n miskraam. Kry sodra moontlik mediese hulp. ’n Aborsie kan ook skielike vloei tot gevolg hê.

7.10.15

Bloed in die uriene

Bloederige uriene dui normaalweg op probleme met die blaas of niere. Die bloed sal nie noodwendig altyd sigbaar wees nie, maar dit kan klonterig wees of lyk soos verdunde bloed. ’n Gebreekte bekken kan ook bloed in die uriene tot gevolg hê.

5.10.15

Glutamaat is belangrik vir jou brein en liggaam

Glutamaat is ’n aminosuur met verskeie funksies. Dit reguleer byvoorbeeld insulienproduksie in die pankreas en is ’n belangrike oordragstof in die brein. Navorsers aan die Universiteit van Genève het nou ook vasgestel dat die brein gebruik glutamaat vir energie, wat belangrike implikasies vir die res van die liggaam het.

Die brein kan nie sy energie van lipiede kry soos ons ander organe nie. Die bloedbreinskans, wat die brein beskerm teen patogene en ander gifstowwe wat in die bloed sirkuleer, laat nie lipiede deur nie. Die meeste organe het ook die vermoë om glukose te stoor deur meer gewig aan te sit. Die brein, vasgevang tussen kraniale bene, kan nie gewig aansit nie en dus nie glukose stoor nie. Die brein moet deurlopend suikers van die res van die liggaam kry, ’n proses wat beheer word deur die lewer.

Die navorsers het vasgestel dat indien daar nie ’n voldoende vlak van glutamaat in die brein teenwoordig is nie, die brein die lewer aanpor om meer glukose te stuur – ten koste van die res van die liggaam. Die brein sal altyd sorg dat dit eerste in die ry staan vir glukose. Indien die lewer nie genoeg glukose in voorraad het nie sal dit die proteïene in die spiere tap vir glukose, wat lei tot ’n verlies in spiermassa.

Die vlak van glutamaat in die brein is dus van uiterste belang vir ons algemene gesondheid.

28.9.15

Juliana Coetzer - Bloedvreemd

Bloedvreemd is die aangrypende verhaal van ’n ma se poging om haarself en haar gesin heel te hou en vrede te maak met ’n kind wat nou “in ’n ander vorm leef”.

Juliana Coetzer, ’n psigoterapeut, skroom nie om te wys wat in die binnekamers van haar huis gebeur nie en laat die leser beurtelings saam met haar huil én lag.

Luister hoe Coetzer vertel van die sewejarige Anneke wat by die dood omgedraai het, herstel het, maar breinskade opgedoen het. Met die sigbare verstandelike agteruitgang gaan die gesin op ’n soektog na ’n wonderkuur.

Genre: Boeke
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Kaartjies: Gratis
Tydsduur: 45 minute
Plek: ATKV Boeke-oase, Potchefstroom
Datum: 8 Okt. – 15:30

Aardklop 2015

Juliana Coetzer - Bloedvreemd,
Roekeloos,
28 September 2015.

2

23.9.15

Bloed uit die rektum

Vars (helderrooi), bestendige bloeding uit die rektum is normaalweg ’n aanduiding van aambeie.

Indien die stoelgang ’n swart, teeragtige konsistensie het, kan dit wees dat daar bloeding is uit die boonste deel van die ingewande.

16.9.15

Bloed in die mond

Bloed wat uit die mond kom, kan ’n aanduiding wees van verskeie tipes beserings:

• ’n Klein hoeveelheid bloed wat jy uitspoeg kan ’n aanduiding wees van ’n fraktuur van die kakebeen.
• As jy donker, rooibruin bloed opbring is dit moontlik ’n besering van die spysverteringskanaal of moontlik ’n bloeiende maagseer.
• As jy vars bloed uithoes is dit moontlik ’n besering in die boonste lugweg.
• Helder skuimerige bloed wat uitgehoes word kan dui op ’n besering aan die longe.

10.9.15

Vrae oor baba se eet- en drinkgewoontes

Boereraat:
Voeg 4 teelepels heuning by jou baba se waterbottel. Dit help om die baba rustig en kalm te hou. Dit bevat ook baie multivitamiene.
As die baba se magie te loperig is daarna, verminder die heuning met ’n ½ teelepel. As die baba hardlywig is, vermeerder dit met ’n ½ teelepel.

Ouma vra: "Kan 3 mnde baba suurlemoensap in water drink?"
Antwoord: Die ideaal is om nie vir baba skoon water (of met suurlemoensap) te gee voor ses maande nie. Na ses maande kan jy water gee en dit liggies geur met vars suurlemoensap. Indien baba voor daai ouderdom hou van water bespreek dit eers met jou dokter voor jy gereeld water gee. Te veel water vir so 'n klein dingetjie kan inmeng met die opname van voedingstowwe in die borsmelk / bottel. In uitsonderlike gevalle kan dit selfs stuiptrekkings veroorsaak. Indien jou dogter borsvoed het baba geen ander vorm van vloeistof nodig nie.
Vanaf 12 maande kan baba soveel water drink as wat hy / sy wil.

Lorraine de Beer skryf: "Ons het 'n multi racial baba aangeneem maar is nie 100% voorbereid op al die verskille nie as daar ooit regtig is nie. Verder was die mama op drugs: Heroine gerook en Cocaine gebruik deur die swangerskap Hy is 3.2kg met geboorte gewees weeg nou na 7 weke 6.8 kg die kliniek is bekommerd oor hy so vinnig "vet" word hy slaap nie goed nie en is asmaties (borsie trek toe) hy het baie slym en ook 'n nasale drup in sy keeltjie. Wat kan ek doen hom gemakliker te kry met die toe neusie en benoude borsie. Ons woon op 'n plaas baie stof en rook nie in sy kamer of by hom nie. Hy drink nou Infacure 150ml elke 4 ure waar hy altyd Nan 175ml elke 3 ure gedrink het is honger tussen in. Wat kan ek gee wat hom nie vet maak nie wanneer hy huilerig is na 3 ure. Help asb met raad hy is die pragtigste babatjie stroopsoet My jongste baba is nou 24jaar oud so ouma weet nie veel meer alles nie Ek gebruik graag natuurlike produkte as u van iets weet wat kan help Baie dankie vir u raad ek waardeer dit baie (bietjie moedeloos van die min slaap)"
Antwoord: Die baie slym, gepaardgaande drup en toe borsie is waarskynlik die werk van een of ander allergeen. Stof staan hier voor in die ry. Maak maar seker as sy klere en kombersies word gereeld in warm water gewas en dat sy omgewing vry is van alles wat moontlik 'n oorsaak kan wees. Let ook op na preserveermiddels in medikasie en voeding, die groot sondebokke hier is die bensoate. Ironies genoeg is sodium bensoaat die preserveermiddel in baie hoesmedikasie.
'n Algemene oplossing wat aangebied word vir baba's wat te veel wil drink is om die voeding kleiner te maak en meer gereeld te gee, maar jy moet ook probeer om vir baba 'n alternatief te bied vir die vertroosting wat hy tans in die bottel vind. Daar is nogal meriete daarin om baba op jou of iemand anders se rug vas te maak. Die warmte, nabyheid, ritmiese bewegings en stem van die draer sus die ou kleintjies so dat hulle begin vergeet van huil. Sy kamer moet ook warm wees en sonder 'n trek. Sommige baba's hou ook van klank, agtergrondgeluide laat hulle geborge voel. Weet jy nog hoe om 'n baba styf en knus toe te draai in 'n kombers? Dit bied die gevoel aan die baba dat hy vasgehou word en sal hom ook rustiger maak. Laaste maar nie die minste nie is die fopspeen. Dis nie altyd mooi as 'n tweejarige nog met 'n fopspeen rondloop nie, maar vir 'n baba bied dit soms die nodige vertroosting.
Voorspoed met hierdie wonderlike taak wat jy opgeneem het!

Monica Nagy skryf:
"MY SEUNTJIE IS NOU SES MAANDE. EK WIL NET GRAAG WEET OF DAAR RIGLYNE IS OOR HOEVEEL HY MOET EET. SY DAGMOEDER Sê HY KAN NIE IN DIE AAND EET NIE, WANT HY GAAN OORGEWIG RAAK? 'N VRIENDIN Sê HAAR SEWE MAANDE DOGTERTJIE EET ELKE TWEE URE. SY WISSEL DIT AF MET MELK EN PURITY. HOE WEET EK WAT IS GENOEG EN WAT IS TE VEEL???"
Antwoord:
Oor die algemeen wil 'n baba gereeld eet. Dit verskil natuurlik van baba tot baba maar hy moet eet wanneer hy wil. Dit is nie goed om voedsel van 'n baba te weerhou nie. Op ses maande eet 'n baba omtrent 4 keer per dag, maar dit mag verskil van baba tot baba. Die dokter behoort jou in te lig wanneer die baba te vet is.