Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

28.7.14

Ongeveer 20% van vroue loop die gevaar van eierstokkanker

Nuwe navorsing dui daarop dat ongeveer 20% van alle vroue sekere genetiese mutasies erf, wat hul kanse op eierstokkanker heelwat verhoog.

Die simptome van eierstokkanker sluit in ’n opgeblaasde gevoel, maagpyn en ’n gereelde behoefte om te urineer. Ongelukkig word die meeste vroue eers gediagnoseer wanneer die kanker reeds versprei het, wat lei tot 'n swak oorlewingskoers van sowat 43 persent oor ’n tydperk van 5 jaar.

Die navorsing gee wetenskaplikes nou ’n beter prentjie van hoe die siekte ontwikkel, sodat hulle nuwe maniere kan vind om dit te bekamp.

23.7.14

Noodhulp: Bewussynsvlakke

Daar is verskillende stadiums waardeur ’n mens kan gaan indien jy beweeg van by jou volle bewussyn wees tot bewusteloos wees.

Basies kom dit daarop neer dat indien die persoon goed op prikkels reageer, die bewusteloosheid slegs lig is – soos byvoorbeeld ’n floute.

As die bewussynsvlak laag is, is die persoon dieper bewusteloos.

Wanneer daar geen reaksie is van enige aard nie, is die persoon in ’n potensieel gevaarlike toestand.

Bewussynsvlakke moet elke 10 minute getoets word. Gebruik prikkels soos om hard in die persoon se oor te praat, die persoon te probeer wakker maak deur die skouers liggies te skud en deur die persoon se hande of enkels te knyp. Toets ook vir ’n refleksreaksie deur aan die persoon se wimpers te raak.

Die persoon se asemhaling en temperatuur moet ook nagegaan word.

21.7.14

Natuurlike geboorte maak ma’s gelukkiger

Interessante navorsing in Spanje het bevind dat vrouens wat natuurlik geboorte skenk, sonder enige vorm van epidurale narkose, is uiteindelik baie gelukkiger met die geboorteproses as ander.

Ander faktore bepaal ook of dit ’n positiewe ervaring is. Die behulpsaamheid van die mediese personeel en borsvoeding wat so gou as moontlik begin hou ook die nuwe ma’s gelukkig.

16.7.14

#Vryfees 2014: George Claassen: Kwakke, Kwinte en Kwale

Alternatiewe medisyne bestaan nie, net medikasie wat werk, of nie. Maar as Oprah Winfrey, Prins Charles en kruiekoningin Antoinette Pienaar “waarhede” oor alternatiewe terapieë verkondig, hoe skei jy die kaf van die koring?

Gert Coetzee praat met George oor hoe “jou onsinverklikker die keisers van pseudowetenskap kan ontbloot”.

16 Julie 17:00 50 min Gratis

Vryfees 2014

Noodhulp: 'n Algemene ondersoek van die bene

Die bene word op dieselfde manier as die arms ondersoek. Ondersoek dit deeglik en kyk vir enige misvormheid en swelling. Maak seker jy kyk na die heupe, dye, knieskywe, die onderbene, bobene, enkels, voete en tone.

14.7.14

Gene speel dalk rol in alkoholisme

Navorsing op families en tweelinge het nuwe bewyse gevind wat daarop dui dat genetika ’n belangrike rol speel in die ontwikkeling van alkoholisme. Honderde gene is egter betrokke by hierdie komplekse afwyking en elkeen lewer waarskynlik ’n baie klein bydrae, wat dit dus baie moeilik maak om die gene met die grootste risiko te identifiseer.

Die studie maak dit egter nou moontlik om te begin met ’n ondersoek na die biologiese meganismes wat onderliggend is aan alkoholisme. Dit kan dalk kei tot die ontwikkeling van medikasie om alkoholisme meer doeltreffend te behandel.

Baie van die gene wat geïdentifiseer is speel ’n rol in prosesse in die brein. Die navorsing in die groep gene duur voort.

Die navorsing is gepubliseer in die American Journal of Human Genetics.

10.7.14

Kruie vir kwale: Belroos / Wondroos / Erisipelas

Belroos is 'n erge velontsteking. Dit kom gewoonlik in die gesig voor.

Stamp wit boontjies fyn, vou dit in ’n lappie toe en hou dit op die aangetaste deel.

♦♦♦

Gooi gedroogde wildeals, gedroogde kamfer, ’n bietjie rogmeel of koringsemels by mekaar en stamp dit baie goed fyn.
Meng dit met ’n lepel melk en vou dit toe in ’n lappie. Hou dit op die aangetaste area.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids