Riana skryf: "Hey, Ek het jou hulp nodig, ek vermoed ek het bruinvlies ontsteking, ek kry vreeslike hoofpyne en my net is stuuf, my oe is lig sensitief ens. Ek is so 4 weke gelede deur 'n klein rooi borsluis op my maag en toe op my kop gebyt, die 1 op my maag het ons mooi afgehaal daar het niks agter gebly nie, maar op my kop het ek hom afgekam, ek het die hoofpyne seker so 3 weke terug gekry, maar ek hoor breinvlies ontsteking is dodelik en dis 'n kwessie van dae myne is al weke! Kan dit breinvlies ontsteking wees?"
Antwoord: Dit is wel die simptome van breinvliesontsteking, maar dit kan ook bosluiskoors wees. Die siekte word deur bosluise oorgedra. Jy kry dit wanneer 'n besmette bosluis 'n mens byt.
Dit neem meer as 'n week of twee voor die simptome manifesteer. Dit gaan gewoonlik gepaard met 'n veluitslag. Ander simptome is koors, lyfseer, hoofpyn, geswelde limfkliere en soms bloeding onder die vel.
22.7.13
16.7.13
Brugbaba / Baba stuit
Anoniem: "Wat is 'n brugbaba?"
Antwoord: Indien mens 'n baba vir die volle termyn dra en baba het nie gedraai nie, dan noem ons dit 'n brugbaba. Met ander woorde, 'n baba wat met die voete na onder lê wanneer dit tyd is vir die geboorte. Van 32 weke af praat ons van 'n brugbaba. Onder sulke omstandighede word die baba normaalweg suksesvol met 'n keisersnee uitgehaal.
_______________________________________________________________________________________
Anoniem skryf: "Ek is 29 weke swanger en nogals bekommerd. Ek het twee seuns en het normaal gekraam met hulle. Volgens my dokter lê die baba stuit met die voete na onder. Is daar nog genoeg tyd dat baba gaan draai sodat ek normaal kan kraam of nie. Hoekom draai hy nie?"
Antwoord: Daar is beslis nog 'n kans dat baba kan draai. Moet jou nie te veel bekommer hieroor nie. Al stuit 'n baba by die volle termyn is daar nog steeds 'n kans dat baba vaginaal verlos kan word. Jou dokter sal verskeie kliniese faktore nagaan om te bepaal of jy normaal kan kraam. Dit sluit dinge in soos die baba se grootte, stuitpresentasie en jou bekkengrootte.
Etikette:
Baba
8.7.13
Vraag oor candida
Anika skryf: "Ek sukkel vreeslik met hierdie toestand en sukkel om op op die "Geen Suiker,Geen witmeel" Dieet te bly. Is daar een of ander medikasie wat daarvoor help? Ook ,is daar 'n hulp-webwerf waar ek meer inligting hieroor kan kry?"
Antwoord: Candida is 'n swamgis wat algemeen voorkom in die mond en die vagina. Dit word in bedwang gehou deur bakterieë. Dit kan voorkom sonder om ´n infeksie te veroorsaak, maar as dit baie vermeerder kan dit ontsteking veroorsaak wat gepaard gaan met ´n witterige afskeiding.
Vee altyd van voor na agter af. Drink ook bosbessiesap. Dit maak die urine suur, wat die groei van bakterieë teenwerk. Vir Candida kan jy ´n tampon in jogurt doop en dan in die vagina plaas. Eet ook so gereeld as moontlik bioaktiewe jogurt. Vermy die oormatige inname van alkohol en jy moet hard probeer om weg te bly van suiker suiker. Daar is verskillende swamteenmiddels beskikbaar om candida te behandel, vra jou apteker. Dit behoort na sowat twee weke te werk.
Indien jy ly aan stres kan dit ook die candida aanhelp, so ook sekere medikasie, diabetes en hormoonveranderinge.
Indien jy ly aan stres kan dit ook die candida aanhelp, so ook sekere medikasie, diabetes en hormoonveranderinge.
5.7.13
Vrae oor estrogeen
Mev. F skryf: "Ek is 'n vrou, 35 jaar oud, en wil net graag weet wat die simptome is van te min estrogeen. Ek het al lankal 'n probleem (soos 'n menopousale vrou) van 'n droogheid by my vagina en met my eerste swangerskap in 2001, het die ginekoloog vir my 'n salf voorgeskryf omdat my estrogeenvlak te laag was. Ek kan nie meer die naam daarvan onthou nie. Tans moet ek KY jellie gebruik elke keer met gemeenskap. Dit is tog nie normaal nie, maar sonder die jellie, is dit baie pynlik. Ons woon ver van dokters en ginekoloë af en daarom sou ek graag net wou weet wat u dink my probleem kan veroorsaak. Ek vermoed nou maar die estrogeen, maar weet nie of dit dit is nie.
Baie dankie"
Baie dankie"
Antwoord: Die mees algemene simptome van estrogeenvlakke wat afneem is warm gloede en nagsweet. Hoofpyn, duiseligheid, slaaploosheid en kalsiumverlies is ook simptome. Minder aangename simptome is inkontinensie en 'n droër vagina. Laasgenoemde twee kom voor wanneer jy reeds lank 'n lae estrogeenvlak het. Hartsiektes is 'n ernstige simptoom.
Indien jy wil weet of jy dalk jou menopouse begin bereik moet jy die dokter vra vir 'n bloedtoets om jou follikelstimulerende hormoonvlak te toets. 'n Hoë vlak dui op menopouse.
Dit klink in jou geval soos 'n probleem met die estrogeenvlak. Die salf was waarskynlik 'n jel wat estrogeen bevat het. Vra jou dokter oor 'n urogenitale ring en of hy dink jy sal kan baat by so 'n inplanting. Intussen kan jy oplees oor plantmedisyne wat natuurlike estrogeen (fito-strogeen) bevat en kruie bekend as adaptogene en hoe dit jou van hulp kan wees. Miskien kan jy hierdie probleem op 'n natuurlike manier oplos.

Liza Nienaber skryf: "Ek wil weet hoe behandel hul 'n vrou as haar estrogeen hoog is en kan sy swanger raak, het dit 'n invloed"
Antwoord: Die spesifieke behandeling sal afhang van die oorsaak van jou hoë estrogeenvlak, m.a.w. is dit veroorsaak deur byvoorbeeld voorbehoedmiddels of is dit bloot jou natuurlike vlak wat te hoog is. Jy sal waarskynlik medikasie ontvang in tabletvorm.
Te veel estrogeen sal bevrugting makliker maak, maar kan inplanting van die bevrugte eiersel bemoeilik. 'n Hoë estrogeenvlak tydens swangerskap is normaal.
Te veel estrogeen sal bevrugting makliker maak, maar kan inplanting van die bevrugte eiersel bemoeilik. 'n Hoë estrogeenvlak tydens swangerskap is normaal.
27.6.13
Kruie vir kwale: Ontsmettingsmiddel
Trek 'n 10 cm tiemietakkie en drie salie-blare vir vyf minute lank in kookwater. Gebruik die treksel as 'n ontsmetmiddel.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Etikette:
Wond
24.6.13
Gesigmaskers
Vir ´n olierige vel (nie vir diegene met aknee):
Druk ´n ryp tamatie plat en stukkend. Wend aan en los vir 15 minute. Spoel af met warm water (nie vuurwarm!).
Druk ´n ryp tamatie plat en stukkend. Wend aan en los vir 15 minute. Spoel af met warm water (nie vuurwarm!).
Vir ´n droë vel (nie vir diegene met aknee):
Smeer mayonaisse aan jou gesig en los vir 20 minute. Spoel af met koue water.
Smeer mayonaisse aan jou gesig en los vir 20 minute. Spoel af met koue water.
Vir ´n blink vel (nie vir diegene met aknee):
Smeer heuning aan jou gesig en nek. Los op tot dit droog is. Spoel af met baie warm water.
Smeer heuning aan jou gesig en nek. Los op tot dit droog is. Spoel af met baie warm water.
Vir olierige vel:
Meng 10 druppels suurlemoensap met een eierwit. Meng dit goed en wend aan (vermy die oogareas). Los op vir 20 minute en spoel af met lou water.
Meng 10 druppels suurlemoensap met een eierwit. Meng dit goed en wend aan (vermy die oogareas). Los op vir 20 minute en spoel af met lou water.
As jy nodig het om daai gesig vir ´n dag te laat styftrek en die porieë laat kleiner lyk, neem eierwit en plaas dit op jou gesig. Hou dit op tot die wit droog geword het.
Etikette:
Vel
17.6.13
Ag, ma, whatever! Selfone, neusringe en ander tienerkwessies
Moet dit altyd ’n nagmerrie wees om tieners groot te maak? Is daar ’n regte manier om dit te doen? Hoe kom ons deur hierdie moeilike tydperk sodat ons kan verseker dat ons kinders op die regte pad na volwassenheid kom?
Hierdie boek is ’n praktiese en insiggewende gids oor hoe ouers die uitdagings kan hanteer van hierdie komplekse fase in hulle en hul kinders se lewens.
Ouers moet leer hoe om goeie rolmodelle te wees vir hul tienerkinders. Vind uit hoe om 100 belangrike kwessies te hanteer. Onder andere:
• Kommunikasie probleme
• Drank en dwelm misbruik
• Seks en verhoudings
• Slegte maniere en ongeskikte gedrag
• Pornografie
• Slegte prestasie op skool
• Bederfde kinders
• Eetversteurings
• Internet en selfone
Gerusstellende raad van ’n mediese dokter en ma van vyf kinders.
Ook beskikbaar in Engels: Whatever, Mom! Body Piercings and Other Power Struggles
Ag, ma, whatever! Selfone, neusringe en ander tienerkwessies verskyn 20 Junie 2013.
Ag, ma, whatever! Selfone, neusringe en ander tienerkwessies / deur Linda Friedland -- Tafelberg, 20 Junie 2013 - 240pp;. -- sagteband. -- ISBN 9780624057222 : R195.00
Koop / Buy Ag, ma, whatever! Selfone, neusringe en ander tienerkwessies >> (sagteband)
Hierdie boek is ’n praktiese en insiggewende gids oor hoe ouers die uitdagings kan hanteer van hierdie komplekse fase in hulle en hul kinders se lewens.
Ouers moet leer hoe om goeie rolmodelle te wees vir hul tienerkinders. Vind uit hoe om 100 belangrike kwessies te hanteer. Onder andere:
• Kommunikasie probleme
• Drank en dwelm misbruik
• Seks en verhoudings
• Slegte maniere en ongeskikte gedrag
• Pornografie
• Slegte prestasie op skool
• Bederfde kinders
• Eetversteurings
• Internet en selfone
Gerusstellende raad van ’n mediese dokter en ma van vyf kinders.
Ook beskikbaar in Engels: Whatever, Mom! Body Piercings and Other Power StrugglesAg, ma, whatever! Selfone, neusringe en ander tienerkwessies verskyn 20 Junie 2013.
Ag, ma, whatever! Selfone, neusringe en ander tienerkwessies / deur Linda Friedland -- Tafelberg, 20 Junie 2013 - 240pp;. -- sagteband. -- ISBN 9780624057222 : R195.00
Koop / Buy Ag, ma, whatever! Selfone, neusringe en ander tienerkwessies >> (sagteband)
Etikette:
Boeke
Subscribe to:
Comments
(
Atom
)