Rensia skryf:
"Waar kan ek soek vir 'n lys van benodigdhede wat moet saam hospitaal toe (vir mamma en nuwe baba)"
"Waar kan ek soek vir 'n lys van benodigdhede wat moet saam hospitaal toe (vir mamma en nuwe baba)"
Antwoord:
Jou lys sal afhang van jou persoonlike behoeftes, maar heelwat van ons sal die volgende nodig kry:
- Maak seker jy het al die dokumentasie met betrekking tot jou bespreking in die hospitaal. Mens vergeet dit maklik
- Rekkies of iets anders om jou hare uit jou gesig te hou.
- 'n Bevogtiger vir jou lippe.
- Nagklere wat los en gemaklik is. Die bostuk moet verkieslik kort moue hê, sodat jou bloeddruk maklik geneem kan word.
- Kamerjas
- Pantoffels
- Sokkies
- Onderklere
- 'n Borsvoedingsbra.
- Tydskrifte en 'n boek
- Jou MP3-speler met jou gunsteling musiek.
- Jou gunsteling kussing.
- 'n Foto van jou familie.
- Geld vir die masjiene in die hospitaal se voorportaal.
- Toiletware (tandeborsel, tandepasta, sjampoe en deoderant)
- 'n Nuwe stel klere en 'n paar plat skoene vir wanneer jy huis toe gaan.
- Jou digitale kamera.
- Iets om aan te peusel.
- Selfoon
- Onthou die babastoel vir die motor!
- 'n Stel klere en babasokkies waarmee baba kan huis toe gaan. Ja dis dalk outyds, maar dit voel goed.
- 'n Babakombers.
- Naelknipper vir babatjies.