Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



26.6.12

Geboorte skenk: Benodighede vir die hospitaal


Rensia skryf:
"Waar kan ek soek vir 'n lys van benodigdhede wat moet saam hospitaal toe (vir mamma en nuwe baba)"

Antwoord:

Jou lys sal afhang van jou persoonlike behoeftes, maar heelwat van ons sal die volgende nodig kry:
  • Maak seker jy het al die dokumentasie met betrekking tot jou bespreking in die hospitaal. Mens vergeet dit maklik
  • Rekkies of iets anders om jou hare uit jou gesig te hou.
  • 'n Bevogtiger vir jou lippe.
  • Nagklere wat los en gemaklik is. Die bostuk moet verkieslik kort moue hê, sodat jou bloeddruk maklik geneem kan word.
  • Kamerjas
  • Pantoffels
  • Sokkies
  • Onderklere
  • 'n Borsvoedingsbra.
  • Tydskrifte en 'n boek
  • Jou MP3-speler met jou gunsteling musiek.
  • Jou gunsteling kussing.
  • 'n Foto van jou familie.
  • Geld vir die masjiene in die hospitaal se voorportaal.
  • Toiletware (tandeborsel, tandepasta, sjampoe en deoderant)
  • 'n Nuwe stel klere en 'n paar plat skoene vir wanneer jy huis toe gaan.
  • Jou digitale kamera.
  • Iets om aan te peusel.
  • Selfoon
  • Onthou die babastoel vir die motor!
  • 'n Stel klere en babasokkies waarmee baba kan huis toe gaan. Ja dis dalk outyds, maar dit voel goed.
  • 'n Babakombers.
  • Naelknipper vir babatjies.

1 comment :

  1. Anonymous25/5/12 09:28

    Hello. Wat is die simptome van n vroee swangerskap. Die afgelope tyd is ek die moegste, en ek raak naar vir enige iets wat ek eet, ek is honger maar sodra ek moet eet, of ek sien die kos dan is ek naar, of ek het nie meer n eetlus nie. Ek kry heartburn vir enige iets wat ek eet. Ekis hardlywig........maar ek voel niks in my borste nie. So ek weet nie of ek swanger is nie. E is geirreteerd vir enige iets. Stres baie. En dan is daar nog die lae rug pyn wat ook het, en ek het pyn by my blaas se kant. Help asseblief!!!!!!!!! Dit voel soos butterflies in my maag, wat ontgewoont is vir my...........dit maak my bang..........

    ReplyDelete