Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



28.6.12

Boereraat - aambeie, aknee, asem, asma, baba, bene, bors, beroerte, spiere, blaas, bloed, brand, voete, maag, ekseem, geelsug, hare, gewig, griep, hoes ens.

(Kyk ook onder die onderskeie onderwerpe op Boererate.com vir nog rate)

Sien ook Medisinale gebruike van kruie en Kruiegids

Aambeie
Moet je 1 lepel zout in een bak met warm water doen waar je net in kan zitten in dan gaat ie weg buinnen 4 dagen.

of

Meng 2 eetlepels suiker, 1 eetlepel Engelse sout, 2 eetlepels rabarber en 1 bottel brandewyn. Neem 3-maal op ´n dag ´n eetlepelvol.

of

Meng 1 eetlepel Engelse sout, 1 eetlepel rabarber, 1 teelepel salpeter en 2 bottels water. Kook alles saam tot daar een bottel oor is. Neem 3-maal op ´n dag ´n eetlepelvol.

of

Kook die sappige wortel van die slangvelplant in water of melk en drink elke dag ´n koppievol.

of

Sit op die toilet met 'n boksie vuurhoutjies. Steek vuurhoutjie aan en blaas dadelik dood. Druk dan onmiddelik op aambeie. Na die vierde keer trek aambeie self terug.

of

Druk 'n ysblokkie op in jou voor jy gaan slaap.

of

Smeer samboksalf aan jou aambeie.

of

Martin van Durbanville skryf :
" Ek is 43, manlik en vol aambeie. So sukkel ek al jare aan en is vrek bang vir 'n uitsnyery. Die gewone ou apteeksalfies help net so af en toe maar kos my net geld. Vriende het my op die spoor van 'n klipdagga salf gesit en sederdien het my aambeitjies die pad gevat. Julle sal my nie glo nie maar selfs na net een smeer is daar 'n merkwaardige beterskap. Ek mag seker nie 'n ander ou se produk adverteer nie maar ek is net 'n gebruiker wat nou beter lewenskwaliteit het. Glo my dit werk soos 'n bom. Selfs op hardgebakte aambeie soos myne!"

Aknee
Gaan na jou naaste apteek en vra hulle vir tissue salts, dit kos so tussen 18 en 20 rand. Kry nommer 3 of nommer 12, albei werk vir aknee, die ander nommers werk vir n verskeidenheid ander kwale.

Asem
Eet pietersielie vir stink asem.

Asma
Maak papajapitte droog en rook dit.

of

Meng 500g heuning, 1 bottletjie Paragorie, 1 botteltjie Turlington, 1 botteltjie Pepermentdruppels, 1 botteltjie Borsdruppels en 2 eetlepels asyn. Skud goed voor jy dit gebruik. Gebruik 2 keer per dag.

of

Kook ´n stuk Saliebos in water, totdat vloeistof lyk soos sterk tee. Neem een koppie daarvan en kook tot ´n stroop met 2 koppies suiker. Voeg 1 botteltjie borsdruppels en en ´n halwe koppie suurlemoensap by en skud goed. Drink 1 eetlepel vol 3 maal per dag.

Baba se tandvleis jeuk
Smeer gliserien aan.

Bababoude wat brand
Smeer wit Vaseline aan.

Babbelas
Drink bietjie koeksoda in kookwater.

of

Drink baie water voor jy alkohol gaan gebruik en verhoed sodoende dat jou babalaas die volgende dag te erg is.

Bene wat pyn
Trek kattekruidblare soos tee, gooi dit in warm water en plaas jou bene daarin.
en

Wouter:
Plaas 'n aartappel in die bed vir seer bene.

Benoude Bors
Sit kanfer in ´n pan, gooi soetolie daarop, maak dit goed warm en sit dit op die bors. Jy kan ook bokvet op ongebleikte linne smeer, skoorsteenroet daaroor strooi en dan op die bors sit.

Beroerte
Gee die pasiënt 1 groot mespunt Engelse sout en 1 groot mespunt rooi poeier. Hou die voete tot an die knieë in ´n mosterdbad. Hou die pasiënt regop in ´n sitposissie. Gooi kookwater op ´n hndvol rou koffie en laat dit trek. Dit moet 3 maal per dag gedrink word.

Beseerde Spiere
Sit ´n asynlappie op.

Blaasinfeksie
Peter M von Maltitz stuur die volgende raad:
Brandnetel is ´n wonderlike ding. Sy sap laat die sure in die bloed neerslaan. Die niere kan dan van die gemors ontslae raak. As daar te veel gemors gelyktydig by die niere aankom dan word die waterwerke verstop met al die modder. Burnet het reeds baie jare gelede vasgestel dat 5 druppels elke 2 uur net die ding is. Hoe om jou druppels te maak:
Pluk jong sappige groen brandnetel. Kap fyn en sit dit in ´n bottel. Bedek met alkohol, 26-30%.

of

Drink bietjie koeksoda in kookwater.

of

Laat granaatskille soos tee trek en drink dit dan.

Bloed
Drink beetsap om jou vel skoon te hou. Dit reinig die bloed.

Bloeddruk
Drink 1 eetlepel asyn saam met 125ml water om jou bloeddruk te verlaag.

Bloei
Sit terpentyn op die wond. Die voering van ´n ou hoed kan ook op die wond gesit word.

Borskwale
Kook ´n stuk Saliebos in water, totdat vloeistof lyk soos sterk tee. Neem een koppie daarvan en kook tot ´n stroop met 2 koppies suiker. Voeg 1 botteltjie borsdruppels en en ´n halwe koppie suurlemoensap by en skud goed. Drink 1 eetlepel vol 3 maal per dag.

of

Kook ´n stuk Saliebos in water, totdat vloeistof lyk soos sterk tee. Neem een koppie daarvan en kook tot ´n stroop met 2 koppies suiker. Voeg 1 botteltjie borsdruppels en en ´n halwe koppie suurlemoensap by en skud goed. Drink 1 eetlepel vol 3 maal per dag.

Brand uit te trek
Sit moskonfyt, ´n lynolielappie, ´n kasterolielappie of vaselien op.

Brand
As jy jou vinger brand by die ketel of jou arm/vinger brand by die oondplaat - sit sunlight seep aan, dit neem die brand onmiddellik weg.

Brandvoete
Hou voete in water met Jik in.

of

Hou voete in water met sout in.
of

Hou voete in water met Epsonsout in.

Brandwond
Smeer appelkooskonfyt aan.

of

Smelt 1 botteltjie Swaelbalsem, 1 eetlepel Roulynolie, 1 eetlepel Soetolie, 1 botteltjie Haarlemesins, 1 eetlepel Kasterolie en 1 eetlepel byewas saam. Smeer op die lappie en sit soggens en saans op. Indien die wonde deur ´n suur veroorsaak is moet jy eers koeksoda oorstrooi voor jy die salf gebruik.

of

Smeer ´n pasta van koeksoda en water aan.

of

Smeer Vicks aan. Dit trek die brand uit en verhoed dat waterblase vorm.

of

Smeer Vaseline aan. Dit trek die brand uit en verhoed dat waterblase vorm.

Brongitis
Kook ´n stuk Saliebos in water, totdat vloeistof lyk soos sterk tee. Neem een koppie daarvan en kook tot ´n stroop met 2 koppies suiker. Voeg 1 botteltjie borsdruppels en en ´n halwe koppie suurlemoensap by en skud goed. Drink 1 eetlepel vol 3 maal per dag.

Buikpyn
Smeer semelpap op en sit fyn naaltjies daarop.

Ekseem
Voeg ´n handvol takkies van ´n wilde daggaplant by jou badwater om ekseem te verlig.

Geelsug
Stamp koljandersaad fyn, gooi kookwater op, laat trek een gee een teelepel vol een maal per dag.

Geswelde oë
´n Knippie koeksoda word met koue water gemeng. Vee dit liggies oor jou oë met watte.

Gewig
Drink gereeld kookwater met suurlemoen om gewig te verloor.

Gordelroos
Mart-Mirie Esterhuizen: "Maak steenkool (daai van die visse of gewone charcoal waarmee ons braai) fyn. Meng dit met mielieblom en water om 'n pasta te vorm. Vog 1/2 teelepel rooipeper by. Smeer aan aangetasde area en hou daar totdat dit droog word. Smeer 2x per dag aan. Die steenkool maak virus dood en die rooipeper verdoof die area. (Beproef met my dogter wat ook gordelroos gehad het, dit was binne 3 dae weg, en het nog nooit weer teruggekeer nie)"

Griep
Drink ´n halwe glas water met ´n teelepel koeksoda.

Haarsorg
Om hare weer te laat groei vryf growwe sout in die kaal plekke.

Hardlywigheid
Eet elke oggend vir ontbyt ´n sny bruinbrood, gebak van growwe semels, en botter, dik gesmeer met goue stroop.

Hitte uitslag en velirritasies
Meng 'n blikkie Mycota-voetpoeier met 'n pot waterbasisroom (Aquaes cream). Smeer op aangetaste dele.

Hoes
Bind ´n kopdoek om jou kop as jy gaan slaap of sit swart watte met kasterolie tussen die blaaie.

of

Sit asynkompresse op die voorkop en slape.

of

Meng 500g heuning, 1 bottletjie Paragorie, 1 botteltjie Turlington, 1 botteltjie Pepermentdruppels, 1 botteltjie Borsdruppels en 2 eetlepels asyn. Skud goed voor jy dit gebruik. Gebruik 2 keer per dag. Dis ook goed vir Asma en ander longkwale.

of

Meng heuning, fyn gemmer, Jamaicagemmer en Turlington. Drink vir hoes.

of

Kou ses kruinaels en sluk die sap in.

of

Los een eetlepel gliserien op in een glas warm melk en drink stadig.

of

Verhit soutlose botter en 'n bietjie heuning saam en drink wanneer dit afgekoel het.

of

Michele Gilliland: "As jy al alles probeer het om jou hoes op te klaar en niks werk nie, probeer die volgende. Ek het 3 kinders en gee vir hulle hierdie tuisgemaakte hoesgoed. Sny so 3 groot rooi of wit uie in ringe, gooi halwe pak treacle suiker oor. Laat staan so 2 dae in yskas om te trek. Gooi 2 botteltjies borsdruppels (Lennon) en 'n klein bietjie glycerien by. Roer deur en laat staan nog so dag. Gooi deur siffie en bêre in yskas. Drink soos jy dit nodig het.

of

George Moore: "Man ek het so 'n lelike hoesie gekry die winter toe sê 'n ou taante om die draai van my ek moet die volgende gebruik:
1 half jack gemmer brandewyn
1 middelslag ui
2 huisies knoffel
1 bottel heuning
Gooi die heuning en brandewyn in 'n potjie en verhit stadig maar nie kook nie, rasper dan die ui en knoffel baie fyn en gooi by die brandewyn en heuning laat so vir 10 minute staan en gooi in bottels maak seker dat die ui en knoffel gelyk verdeel is in al die bottels. Gebruik dan so 2 eetlepels op 'n slag vir hoes maar nou nie teveel nie anders moet 'n mens dan 'n raad vir wingerdgriep gaan soek. So elke 2 ure het gewerk vir my."

of

Nan Lödveteig: Sny 'n ui in skywe. Pak die skywe in lae in 'n botel en strooi bruinsuiker op elke laag. Druk 'n halwe suurlemoen daaroor uit en laat staan om 'n stroop te trek. Die resep is eenvoudig maar kan gereeld gebruik word en droog selfs n loopneus op by kinders.

Hoofpyn
Sit asynkompresse op die voorkop en slape.

Insekbyt
Sit bietjie asyn op bytplek om die pyn te verlig.

of

Derek Botha: "Smeer appelasyn aan vir insekbyte, dit werk die beste vir insekbyte - veral muskietbyte. Dit werk egter nie vir alles nie. Vir byte wat nie verlig word met asyn of appelasyn nie, of nie gesond wil word nie, soos spinnekopbyte, gebruik onverdunde laventelolie op 'n wattetjie en plak dit oor die bytplek. Plaas nuwe watte elke 6 - 8 uur totdat bytplek gesond is. Die watte moet die hele ge-affekteerde area bedek. Maak seker dis onverdunde aromaterapie-olie. Indien asyn of appelasyn of laventelolie nie beskikbaar is nie, kan ys gebruik word om die brand of jeuk tydelik te verlig."

Jig
Maak tee van kruidjie-roer-my-nie en gooi by jou badwater.

en

Maak die plekke waar dit seer is nat met bloekomolie.

Keelseer
Gorrel met soutwater waarin peper is.

of

Sit ´n warm, geswete kous se sool op die keel en draai die res van die kous om jou nek.

of

Gorrel met water waarin koeksoda opgelos is.

of

Meng 2 dele koeksoda en 1 deel sout. Meng 1 teelepel hiervan met ´n glas louwarm water en gorrel 3 keer per dag.

Koors
Neem ´n mespuntvol kremetart met ´n bietjie water.

Koorsblare
Vanielje essens word al jare gebruik om koorsblare mee weg te werk. Wend aan sodra jy voel daar kom een. Wend elke halfuur aan met ´n stukkie watte.

of

Smeer ´n pasta van koeksoda en water aan.

of

Tik ´n bietjie vanielje geursel op die koorsblaar - probeer dit ´n paar keer gedurende die dag doen. Die koorsblaar verdwyn baie vinniger as wanneer duur koorsblaarsalf gebruik word.

of

Smeer gereeld 'n bietjie Fairsun-onstuwingsmiddel aan. Dit is goedkoop, by alle winkels beskikbaar en werk baie beter as ander duur middels.

of

Judi le Roux: "Vir uitwendige koorsblare, smeer oorwas (die was wat uit jou oor kom) aan, dit sal dit vinnig uitdroog."

of

Derek Botha: "Koorsblare is gewoonlik die gevolg van te min vitamien C, veral koorsblare in die mond. Spoel die mond met lekker vars lemoensap, ten minste 3 maal per dag. Sluk die lemoensap af om vitamien C in sisteem te kry. Jy kan ook skoon vitamien C poeier by die apteek kry en dit direk op die koorsblaar plaas, dit is egter baie pynvol.
Baie belangrik: moenie meer as 1-2g vitamien C per dag gebruik nie, ook nie vir langer as 3 dae nie, dit veroorsaak spoelmaag en maagkrampe."

Krampe
Meng ´n halwe bottel asyn met twee teelepels fyngemaakte duiwelsdrek, skud goed en smeer aan.

Lintwurm
Drink Stokholmteer tot die hele wurm uit is.

Longkwale
Meng 500g heuning, 1 bottletjie Paragorie, 1 botteltjie Turlington, 1 botteltjie Pepermentdruppels, 1 botteltjie Borsdruppels en 2 eetlepels asyn. Skud goed voor jy dit gebruik. Gebruik 2 keer per dag.

Luieruitslag
Meng ´n halwe bottel asyn met twee teelepels fyngemaakte duiwelsdrek, skud goed en smeer aan.

Maag spoel
Om 'n spoelende maag vinnig te help stop, meng 'n eetlepel vanilje en 'n eetlepel water met mekaar en drink. Dit help om die spoel maag vinnig te stop.

of

Linda Labuschagne: Vir 'n maag wat spoel vat 'n eetlepel met water en drup 2 druppels jik (bleikmiddel) daarin. Drink dit en volg met 'n glas water. Dit werk!

of

Derek Botha: "Indien jy nie allergies is vir jodium nie, drink 6 druppels Lugol's iodine op 100 ml water 3 maal per dag. Moenie langer as 3 dae aanhou nie."

of

Derek Botha: "Osoneer 'n glas water vir 10 minute en drink dadelik. Moenie meer as 2 maal herhaal nie."

of

Derek Botha: "Osoneer olyfolie vir 10 minute en drink 1 eetlepel elke 2 uur totdat spoelmaag bedaar."

of

Derek Botha: "Meng 'n teelepel mielieblom in 'n kwartglas water en drink. Herhaal elke uur totdat loopmaag gestol is."

Maagkanker
Kasterolielappe op maag kan pyn verlig.

Maagpyn
Stamp die blare van die wilde-alsbos fyn en sit op ´n lap met asyn en plaas die lap op die maag van ´n baba met maagpyn.

of

Meng 1 koppie melk, 1 botteltjie versterkdruppels, 1 botteltjie Turlington en ´n halwe botteltjie Haarlemesinsdruppels in ´n bottel. Gebruik 1 tot 3 keer per dag.

of

Trek die blare van die wilde-alsbos soos tee en drink.

of

Maak 'n warm pap van semels en meng dit met naeltjies wat fyngestamp is. Sit dit op jou maag.

of

Maak 'n warm pap van rou uie en semels en plaas op jou maag.

of

Maak vinkeltee. Dit help vir maagpyn.

of

Vars basielkruid help verminder maagkrampe.

Masels
Trek Boegoeblare soos tee en drink saans 1 koppie hiervan saam met 2 Aspro´s.

Mangels
Braai die blare van ´n olieboom in olie en sit dit op jou keel.

of

Derek Botha: "Spuit 1 spuit met 'n spuitbottel van vodka of ander sterk alkohol agter in keel, tong uitgesteek. Herhaal elke uur. Moenie eet of drink vir 15 minute voor of na aanwendig."

MigraineOm migraine te verlig neem 'n bietjie fyn gemaakte droeë gemmer en meng dit in kookwater, verkoel en drink dit sodra dit koel is.

Moesie
Smeer wit Vaselien aan.

Naarheid
Twee teelepels boegoebrandewyn twee keer per dag.

of

Eet rou gemmer vir naarheid.

of

Vars basielkruid help teen naarheid.

Neus toe
Baba met ´n toe neus (0-10 maande) Smeer ´n dun lagie botter of magerien voor en oor die neus se brug.

of

Derek Botha: "Drup 1-2 druppels aromaterapie laventelolie op 2 bolletjies watte en plaas dit in die hoeke van die wiegie, ten minste 20 cm weg van baba af. Dit sal die neusie laat oopgaan."

of

Derek Botha: "Smeer Vicks onder aan baba se voetjies vanaf eenjarige ouderdom. Dit help vir hoes ook."

of

Derek Botha: "Los 1 teelepel sout en 1 teelepel koeksoda op in 250 ml water. Drup 2 druppels in baba se neusie om doppies en neusslym los te maak."

Oë wat jeuk
´n Knippie koeksoda word met koue water gemeng. Vee dit liggies oor jou oë met watte.

Omlope
Smeer klapperolie aan.

en

Die oumense het geglo jy moet ink aan 'n omloop smeer.

en

Anna-Marié:
Maak 'n bietjie blousel, wat fyngemaak is met Vaseline, tot 'n paste, en smeer gereeld aan omloop. Dit werk regtig goed.

Ontsmetmiddel
Trek 'n 10 cm tiemietakkie en drie salie-blare vir vyf minute lank in kookwater. Gebruik die treksel as 'n ontsmetmiddel.

Oogpyn
Gooi bitteraalwynsap in.

Oogsorg
As ´n oog uit die kop spring, was die oog mooi met lou water. Druk die oog dan versigtig weer terug en sit koue kompresse op.

en

Maak tee met kweperblare en was jou oog daarmee.

Oorpyn
Braai klapperolie en knoffel saam en gooi in oor.

en

Druk 'n stukkie ou spek in jou oor vir oorpyn. Hou aan daarmee solank jou oor pyn.

en

Druk 'n stukkie tabak in jou oor vir oorpyn.

en

Susan Lourens : Plaas 'n knippie bakpoeier op die kind se tong (3x). Dit het my kinders gehelp toe hulle oorpyn gehad het. Dit werk!

Pitseer
Maak tabakblare warm en plaas op pitseer. Vervang met warmes wanneer hulle koud word.

of

Sit kasterolie en hardevet op.

Psoriase
Patricia Fraser sê: Neem 1 botteljie gliserien, dieselfde hoeveelheid pers spiritus en dieselfde hoeveelheid koeimelk. Meng die drie goed saam en smeer aan die kopvel. Ek slaap gewoonlik met dit aan vir die aand. Ek gebruik dit self as my kopvel baie erg is en dit werk soos ´n bom. Kan elke aand gebruik.

Puisie
Smeer ´n pasta van koeksoda en water aan.

Rumatiek
Maak tee van kruidjie-roer-my-nie en gooi by jou badwater.

of

Meng 1 teelepel heuning, ½ glas lou water, 1 teelepel gelatien en 1 teelepel appelasyn. Drink dit elke oggend vir ten minste 6 maande.

of

Meng 3 dele swael met 1 deel kremetart en gebruik elke oggend ´n halwe teelepel voor koffie vir 3 maande.

of

Kry een inspuiting van bloed van ´n verwagtende moeder.

Sere, diep
Behandel met Geelkopiva.

Sere, rou
Sit aartappelskille op.

Sinusitis
Neem 1 teelepel versiersuiker, 1 teelepel koeksoda en 1 teelepel boraks, meng dit goed en snuif elke nou en dan ´n bietjie daarvan.

of

Trek koeksodawater op in die neus, snuit uit en herhaal ´n paar keer. Doen soggens en saans.

Skilfers
Vryf sagte varkvet in die kopvel.

Skurwe hakskene
Meng 1 botteltjie Vaselien, 1 botteltjie Friarsbalsem, 1 botteltjie Gliserien en 2 eetlepels babapoeier. Smeer aan na jy gebad het of nadat jou voete in warm water gehou is.

Skurwe hande
Vryf 1 teelepel suiker en 1 teelepel gliserien saam in hande tot die suiker opgelos is. Spoel af met water en wend handeroom aan.

en

Nicoleen Richards :
Vir skurwe hande of as jy klaar in die tuin gewerk het: gooi 'n bietjie suiker in die palm van jou hand en kookolie, soetolie of enige olie om 'n pasta te maak. Vryf die hande goed aan die binnekant en buitekant. Spoel af met warm water en smeer gewone handeroom aan.

Slapeloosheid
Eet uie.

of

Maak vinkeltee. Dit help vir slapeloosheid, winderigheid, hik en spysvertering.

Sooibrand
Eet ´n paar lepeltjies bruinsuiker. Ander mense glo ook dat jy so veel as moontlik water moet drink, dit hou glo die sooibrand weg.

of

Drink bietjie koeksoda opgelos in water.

of

Eet 'n mespunt koeksoda.

Spatare
Drink 5 druppels inwendige Luco Iodine op melk vir vyf dae. Slaan dan vyf dae oor en herhaal.

Speld sluk
Indien 'n kind 'n speld insluk gee jy hulle aartappels om te eet tot die speld weer sy verskyning maak. Die kind moet niks anders kry om te eet nie.

Spysvertering
Vars basielkruid help die liggaam om kos beter te verteer.

Stres
Drink 1 eetlepel olyfolie gemeng met ´n koppie warm melk net voor jy gaan slaap.

Suikersiekte
Kneus 2 lukwartblare en sit dit in ´n konfytfles. Vul die fles met kookwater en laat staan vir 24 uur. Drink elke dag so ´n fles uit.

Swamme
Derek Botha: "Friar's Balsam werk goed vir enige swamaandoening op die vel. Dis ook goedkoop. Was ge-affekteerde area met warm water en seep, droog af en spons dan Friar's Balsam aan met 'n wattebolletjie. Los vir 10 minute en was af met warm seepwater. Herhaal 2 - 3 maal per dag."

Sweervinger
Smeer met motor-ghries.

Tandpyn
Gebruik pyp-olie vir tandpyn. Sit ´n bietjie op ´n stukkie watte en herhaal soos dit nodig word.

of

Smeer bruin skoenwaks aan wang.

of

Byt ´n naeltjie vas.

of

Sit brandewyn op watte en byt vas.

of

Sit olyfolie op watte en byt vas.

of

Vir tandpyn sit jy 'n koue, nat lappie op en bedek dit met 'n droë doek. Drink gereeld koue water.

of

Sit naeltjie-olie op 'n seer tand.

TB
Margaret Steele: "Meng een bottel Turlington met kondensmelk, dit moet die hele blik wees, roer goed dan gooi jy dit in a peanut butter bottel, baie goed vir TB, maar jy moet dit neem op jou nugter maag omtrent een tot twee eetlepels."

Te veel geëet
Drink bietjie koeksoda in kookwater.

Tepels
Gebruik Fryers balsem wanneer jy verwagtend is vir jou tepels om hulle sterk te maak, sodat die baba jou nie seermaak wanneer die aan jou drink nie.

Toebors by kinders
Smeer hardevet met gemaalde naeltjies op lappe en sit op bors en tussen skouers.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

24 comments :

  1. Anonymous28/6/12 20:10

    Martin van Durbanville.... kan jy dalk vir my se waar ek van die klipdagga salfies kan kry??

    ReplyDelete
    Replies
    1. Martin van Durbanville, waar kane mens die klipdagga salfies kry?

      Delete
    2. Asb Martin, waar kan mens die klipdagga salf koop?

      Delete
  2. anonymous 20/11/2013
    sal die "Friar's Balsam ook vir swamme onder die toon naels werk ?

    ReplyDelete
  3. Anonymous27/5/14 10:29

    wat kan mens gebruik om plooie weg te vat onder jou oe

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous27/5/14 11:47

      Probeer bietjie speensalf.

      Delete
  4. Anonymous25/1/15 10:50

    ek soek 'n naaltjie stroop resep vir hoes. stuur asb na seabrooke@telkomsa.net Sal baie dankbaar wees.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous2/4/15 20:48

      ek neem een teelepel asyn met heuning rn warm water drink dit n my hoes is weg vir ongeveer 4 ure

      Delete
  5. Anonymous6/5/15 13:34

    Ek soek asb raad vir upses in tand

    ReplyDelete
    Replies
    1. Net 'n tandarts kan hiermee help.

      Delete
    2. Anonymous3/10/16 15:22

      Cordosyl mondspoel middle elke halfuur. en dan Anti-inflamatoriese Tabletjies. (Ek het ongelukkig nie boereraat nie maar die werk

      Delete
  6. My baba is amper 4 maande oud en hy het 'n hoes wat kom en gaan wat kan ek hom gee?

    ReplyDelete
  7. Wat kan ek gebruik vir fungus onder die nael...eks n diabeet...

    ReplyDelete
  8. Wat kan ek gebruik vir fungus onder die nael...eks n diabeet...

    ReplyDelete
  9. Ek soek raad v n ooraktiewe blaas asb?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Haarlemensies op a teaspoon suiker.

      Delete
    2. Haarlemensies op teelepel suiker.

      Delete
  10. Dit kan nogals help om te weet. My man sukkel net so met aambeie en sal graag wil weet waar mens die klip dagga salf kan koop/kry

    ReplyDelete
  11. Kan iemand my raad gee vir aanhoudende skouer pyn asb?

    ReplyDelete
  12. Where can I get fennel tea?

    ReplyDelete
  13. Anonymous19/6/22 21:43

    As iemand my Raad Kan gee my Baar het geskuif x wil weer probeer vir n kind is dt monlik day x kan kinders weer Kan kry

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous11/8/22 07:37

      Dit gebeur met 'n groot persentasie vrouens. Normaalweg veroorsaak dit nie probleme met swangerskap nie, maar jy moet net gaan vir 'n ondersoek om seker te maak oor jou spesifieke geval.

      Delete
  14. Anonymous5/9/22 11:44

    Ek was in n motor ongeluk en Nou loop Ek skeeg met my voet, Nou kry Ek soongratte Onder my voete en Kan Amper skaars al loop

    ReplyDelete
  15. Anonymous8/9/23 13:37

    Nog ñ bietjie raad vir maagpyn en maagwerkings - los ñ disprin in ñ halwe glas Coke op. Dit werk regtig! ñ Maagvirus in my tuiste dorp hou aan vir 5 dae op ñ slag - ek het dit op dag een gedoen en op dag twee was ek alreeds weer gesond.

    ReplyDelete