Die Suid-Afrikaanse Tandheelkundige Vereniging (Sada) het die publiek verseker dat X-strale wat van pasiënte se tande geneem word, veilig is.
Sada het reageer op 'n studie wat in Amerika gedoen is, wat bevind het dat mense wat gereeld dié tipe X-strale laat doen, meer vatbaar is vir 'n algemene tipe breingewas.
Dr. Jeff Michelson van die Sada het gesê die bewerings is ongegrond.
"Dit is belangrik vir mense om te weet dat die breingewas waarna die Amerikaanse studie verwys, 'n nie-kankeragtige gewas is wat baie skaars is en stadig groei."
X-strale by tandarts veilig, sê Sada
Mediese inligting en boererate in Afrikaans - Ons bly op hoogte van die jongste navorsing oor 155 plante in wetenskaplike joernale ter ondersteuning van primêre gesondheidsorg.

No comments :
Post a Comment