Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

16.5.11

Omvattende Familie Gesondheidsgids

Omvattende familie gesondheidgids is ’n volledige en toeganklike gids wat die hele gesin se gesondheid bespreek. Dit bevat:

• strategieë om siekte te voorkom
• algemene siektes
• kindergesondheid en kindersiektes
• mans se gesondheidsprobleme
• vroue se gesondheidsprobleme
• noodhulp en trauma

Dr. Linda Friedland gee voorkomende wenke, beskryf simptome en bespreek behandelingsopsies vir verskillende siektes.

Also available in English as Ultimate Guide to Family Health.

Die boek word volgende maand vrygestel en kos ongeveer R300.

9.5.11

Psoriatiese artritis

Die verskil tussen psoriatiese artritis en ander vorms van artritis is dat die hele vinger of toon swel, nie net die area om die gewrig nie. Die siekte hou verband met die velsiekte psoriase.

Pynmedikasie en inflammatoriese medisyne word normaalweg voorgeskryf.

Sien ook Kruie vir Kwale: Artritis

25.4.11

Jy veroorsaak jou kind se aandagafleibaarheid

’n Onlangse studie het onomwonde bevind dat dieet ’n rol speel by aandagafleibaarheid.
Dr. Lidy Pelsser wat betrokke was by die studie se reguit dat dieet die hoofoorsaak van ATHV (ADHD) is. Volgens Liddy is daar nie meer ’n rede waarom aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring met medikasie beheer moet word nie.

Effects of a restricted elimination diet on the behaviour of children with attention-deficit hyperactivity disorder (INCA study): a randomised controlled trial

11.4.11

Seks

Hierdie afdeling is vir vrae oor mediese probleme wat met seksuele omgang gepaard gaan.

LET WEL: Dit is nie vir seksueel oordraagbare siektes nie.

28.3.11

Snork

Wanneer lug iemand se sagte verhemelte laat vibreer hoor ons 'n snorkgeluid. Alles wat dus die asemhaling kan versteur kan 'n gesnork veroorsaak.

Die snork gebeur veral wanneer die persoon op sy of haar rug slaap.Die tong val dan terug in die mond en keer dat lug vrylik vloei.

Jy kan sommer by jou apteek hoor wat die jongste kure is vir snork. In erge gevalle is chirurgie nodig.

21.3.11

Groeipyne

Groeipyne is in der waarheid spierpyne. Dit kom veral by aktiewe kinders voor. Dae wat hulle baie aktief is is dit veral geneig om erg te wees.

14.3.11

Rustelose bene

Rustelose bene is wanneer dit voel jy kan jou bene nie stilhou nie en daar 'n prikkelende, brandende gevoel en pyn is in die beenspier.

Dit is veral snags erg.