BOERERAAT
Maak vir jou 'n piesangmelkskommel wat jy versoet met heuning.
19.10.09
21.9.09
16.9.09
Nierstuipe
Daar word gepraat van nierstuipe wanneer die niere nie al hul funksies kan verrig nie.
Gewoonlik veroorsaak dit dat daar te veel vloeistowwe in die liggaam is en die suurvlakke te hoog is.
Op die langtermyn kan dit bloedarmoede tot gevolg hê.

Etikette:
Niere
31.8.09
Gesplete verhemelte / Haaslip
'n Gesplete verhemelte is die verdeling van of opening in die verhemelte. Dit kan slegs 'n verdeling van die bo-lip wees, 'n haaslip, of dit kan strek vanaf die lip tot deur die verhemelte. Dit is 'n baie algemene geboortedefek.
Dit kan baie ontstellend vir ouers wees, maar die goeie nuus is dat dit maklik en sonder veel letsels herstel kan word.

Bloedsomloop
Die bloedsomloop is die kringloop van bloed deur die are en hart. Dit verwarm die liggaam, voorsien die weefsel van suurstof en voedingstowwe en dit verwyder afvalstowwe.
30.8.09
Suster Lilian se swangerskap- en geboorteboek
Suster Lilian is ’n ervare vroedvrou met uitgebreide praktiese ondervinding van swangerskap, geboorte en kindersorg. Met hierdie wonderlike nuwe boek rus sy verwagtende ouers toe met alles wat hulle maar kan wil weet omtrent swangerskap en geboorte.
Aangesien voorgeboortelike sorg ideaal reeds lank voor bevrugting begin, bespreek sy die regte maniere om vir swangerskap voor te berei sodat die ouers kan verseker wees hulle verwek die gesondste baba moontlik. Die moeder se gesondheid, haar persoonlikheid, die ouers se verhouding, hul emosionele intelligensie, ouderdom en vrugbaarheidsfaktore word van nader beskou. Sy lei die ouer deur elke stadium van die swangerskap self. ’n Meer intieme kennis van die groei en ontwikkeling van die baba, laat hulle meer betrokke voel by hierdie haas ongelooflike proses en maak hulle ook meer bewus van hoe hulle hierdie ontwikkeling kan beïnvloed. Hierdie kennis help om ongegronde vrese te besweer, bemagtig hulle om die regte keuses uit te oefen, en help om swangerskap ’n aangename ervaring te maak.
Suster Lilian voel dat die geboorteproses, dié gebeurtenis waarop ouers gewag het deur die lang weke van die swangerskap, meer natuurlik kan geskied as die unieke eienskappe van die moeder wat gaan geboorte skenk in gedagte gehou word. Sy kyk na al die opsies, en beveel ’n natuurlike geboorte aan waar alles wel is met die moeder en die baba, maar waar mediese ingryping of ’n keisersnee aangewese is, is dit die beste uitweg.

Boeke
Subscribe to:
Comments
(
Atom
)