Pitswere word ook bloedvinte genoem. Dit ontstaan in 'n haarfolikel en vorm 'n rooi knop. Namate die infeksie versprei raak die knop vol geel etter. Die knop is gewoonlik baie gevoelig.
'n Pitsweer (bloedvint) word gewoonlik veroorsaak deur die bakterie stafilokokkus. Indien daar 'n hoë konsentrasie van bakterieë is kom die pitswere in groepe voor. Indien dit versprei na 'n aangrensende haarfolikel/s praat ons van 'n karbonkel. 'n Karbonkel is 'n pitsweer met meer as een pit. Dit kan tot 5 cm groot wees.
Pitswere kom meesal voor op klam areas van die liggaam. Agter die nek, in die lieste en onder die arms is die meer algemene areas.
Persone met 'n lae weerstand teen bakteriële infeksie, diegene met swak persoonlike higiëne, die wat oorgewig is en persone wat baie sweet loop die gevaar om pitswere te ontwikkel.
Moet nooit 'n pitsweer druk nie. Dit kan die infeksie laat versprei. Was om die pitsweer met antiseptiese seep om te verhoed dat dit na ander haarfolikels versprei; of probeer dit behandel met antiseptiese salf. Die beste is om die pitsweer weer vanself te laat verdwyn of om dit deur 'n dokter te laat oopsny.
Jy kan die ongemak van 'n pitsweer verlig met 'n klam, warm lappie.
WAARSKUWING: Vicks VapoRub is gewild onder sommige mense as behnadeling vir pitswere. Dit is egter nie 'n aanbevole of goedgekeurde behandeling nie, en die vervaardiger waarsku daarteen om dit op wonde of beskadigde vel te gebruik.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Boererate.com
Mediese inligting en boererate in Afrikaans
6.1.26
5.1.26
Kruie vir kwale: Keelseer
Suurvye se blaarsap het antiseptiese eienskappe. Dit word met water gemeng en word as 'n gorrelmiddel gebruik om 'n seer keel te verlig.
♦♦♦
Witolien kan gebruik word om die immuunstelsel te ondersteun en kan help met simptome soos seer keel.
♦♦♦
Die stoom van gekookte wildeals blare kan ingeasem word om seer keel te verlig.
♦♦♦
Wildeals (Artemisia afra) kan gebruik word om ’n tee te maak deur ’n kwart koppie vars blare vir ongeveer 10 minute in 'n koppie kookwater te week. Die mengsel word dan gesif, en kan met heuning versoet word. Vir ’n seer keel kan jy gorrel met die tee.
♦♦♦
Die blare van die bontaalwyn word rou gekou of fyngemaak om die jel of sap te onttrek. Hierdie jel kan oraal ingeneem word om seer keel te verlig.
Gorrel daarmee vir ’n seer keel.
♦♦♦
Jy kan ’n blaar van die wilde salie kou om te help met ’n seer keel.
Gorrel daarmee vir ’n seer keel.
♦♦♦
Maak tee met gedroogde wilde-jasmyn blomme, met suurlemoensap en heuning. Drink dit vir ’n seer keel.
Gorrel daarmee vir ’n seer keel.
♦♦♦
Plaas 10 g vars, gekapte salie-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gorrel daarmee vir ’n seer keel.
♦♦♦
Plaas 10 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gorrel daarmee vir ’n seer keel.
♦♦♦
Gekookte suurvye kan gebruik word vir ’n seer keel.
♦♦♦
Om 'n beentjie of visgraat wat vassit te laat loskom moet jy met suurlemoensap gorrel.
♦♦♦
Sny ’n pynappel op met skil en al. Gooi dit in ’n kastrol saam met ’n bietjie water en laat kook tot die vrug papsag is.
Gooi die water deur ’n sif en gorrel kort-kort daarmee.
♦♦♦
Druk die sap van ’n lemoen uit, meng dit met warm water en drink vir ’n seer keel.
♦♦♦
As jou keel seer is, sny rou uie in ringe en sit in 'n flennielap en bind om die nek.
♦♦♦
As jou keel seer is, gooi 'n bietjie sout en suurlemoensap in warm water en gorrel.
♦♦♦
Teeboom-olie (tea tree oil) is ’n uitstekende behandeling vir ’n seer keel. Sodra die eerste tekens daar is begin jy deur gereeld ’n druppel olie aan jou keel te smeer en net daarna te gorrel met ’n halwe glas water en 1 druppel olie.
♦♦♦
Drink 'n warm tee van byebalsem (bergamot).

Etikette:
Keel
23.12.25
Dagga help vir laerug pyn
’n Nuwe studie toon dat dagga 'n effektiewe alternatief is vir die opioïede behandeling vir chroniese laerugpyn.
Die navorsing, wat in die joernaal Nature Medicine gepubliseer is, bevestig wat ons almal geweet het, dagga-ekstrak kan laerugpyn beduidend verminder.

Rugpyn
22.12.25
Kruie vir kwale: Maagkanker
Laat jong takkies van ’n renosterbos trek in ’n bottel brandewyn. Drink soggens en saans sowat 30 mℓ hiervan. Dit help vir verskeie maagkwale, soos byvoorbeeld maagkanker.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
18.12.25
Kruie vir kwale: Blaasinfeksie
Rooipeper kan gebruik word vir minder ernstige blaasprobleme. ‘n Kwart ‘n teelepel in water twee of drie maal daagliks.
♦♦♦
Boegoe-essens het bekendheid verwerf vir die behandeling van minder ernstige blaasprobleme. Die gewone dosis is een tot twee teelepels vol in ‘n glasie water drie maal daagliks.
♦♦♦
Sitroengras kan as 'n ligte diuretikum optree, wat urienproduksie verhoog. Dit kan help om gifstowwe uit die niere te spoel en die risiko van urienweginfeksies te verminder.
♦♦♦
Balsem-sulfuris is ‘n baie ou middel wat gebruik word vir blaasaandoenings. Neem 10 – 20 druppels twee of drie keer per dag op ’n bietjie suiker.
♦♦♦
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n hand vol vars bergtee blare. Laat dit trek vir 5 minute. Drink dit dadelik. Gebruik dit vir pyne wat gepaard gaan met blaasinfeksie.
♦♦♦
Boegoeblare is goeie behandeling vir minder ernstige blaaskwale. Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag.
♦♦♦
Bosboegoe kan ook gebruik word. Voeg ’n paar bosboegoe-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag.
♦♦♦
Bosbessiesap maak die uriene suur, wat die groei van bakterieë teenwerk en kan help om urienbaaninfeksies te voorkom.
♦♦♦
Tap vir jou genoeg louwarm water in die bad om in te sit. Voeg 5 druppels laventelolie by en sit in die water vir 15 minute.
♦♦♦
Drink ’n koppie kruisementtee as jy pyn op jou blaas het.
♦♦♦
Brandnetel is ´n wonderlike ding. Sy sap laat die sure in die bloed neerslaan. Die niere kan dan van die gemors ontslae raak. As daar te veel gemors gelyktydig by die niere aankom dan word die waterwerke verstop met al die modder. Burnet het reeds baie jare gelede vasgestel dat 5 druppels elke 2 uur net die ding is. Hoe om jou druppels te maak:
Pluk jong sappige groen brandnetel. Kap fyn en sit dit in ´n bottel. Bedek met alkohol, 26-30%.
(bydrae: Peter M von Maltitz)
♦♦♦
Meng 2 eetlepels kaneel en 1 teelepel heuning in 'n glas louwarm water en drink dit.
♦♦♦
Neem 10 – 30 druppels balsemkopiva daagliks, gedrup op suiker of saam met melk.

17.12.25
Kruie vir kwale: Mangels
Suurvye se blaarsap het antiseptiese eienskappe. Dit word met water gemeng en as 'n gorrelmiddel gebruik om mangelontsteking te verlig.
♦♦♦
Braai die blare van ´n olieboom in olie en sit dit op jou keel.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
♦♦♦
Braai die blare van ´n olieboom in olie en sit dit op jou keel.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
16.12.25
Kruie vir kwale: Seer tepels
Skraap ’n bietjie dassiepis wat hard geword het af van ’n rots en maak dit baie fyn. Meng met ’n bietjie olyfolie en room (melk) en gooi ’n paar blaartjies kattekruid by. Smeer dit aan seer tepels.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Etikette:
Borste
Subscribe to:
Comments
(
Atom
)