Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



16.5.24

Wintershande/Voete

Hier is ’n paar resepte van gebruikers vir wintershande- en voete:

As jy al alles probeer het, kan jy die volgende probeer. Alhoewel dit gliserien bevat, is dit nie vetterig nie.
een deel blou spiritis
een deel gliserien
twee dele melk (ja, gewone beesmelk)
Meng alles deeglik en smeer aan twee tot drie maal per dag. Dra ook sokkies vir voete om mee te slaap en as jy kan, slaap met handskoene!

Probeer Cayenne pepper - gooi dit in jou skoene, maar dit is beter om daarvan te drink, hetsy in kapsule vorm of opgelos in water, so drie keer 'n dag (1/4 teelepel opgelos in lou water, dit brand bietjie maar jy sal gewoond raak). Dit verbeter die bloedsomloop. Moenie die uit die spesery-afdeling van supermarkte gebruik nie, dit is bestraal, kry by ’n organiese handelaar onbestraalde of non-irradiated cayenne pepper, of maak jou eie deur gedroogde rissies deur 'n koffiemeul te maal. Dit werk vir baie ander dinge ook. Sal sommer jou algemene gesondheid verbeter.

Aloe Ferox se Bitter Aloe Gel vat dadelik die seer en pyn weg en tone en vingers genees vinniger en is minder sensitief. Die gel help vir enige seerplek, brandwonde, snyplekke, om bloed te stop, selfs daardie seer klein papier snytjies wat so sukkel om gesond te word en erg irriterend is. Dis goed vir uitwendige en inwendige gebruik soos in mond en pynlike tandvleis. Onthou dit brand eers erger as jy dit aansmeer, maar dadelik gaan die pyn weg. Ek is n verpleegkundige, maar gebruik in my eie huis net Bitter Aloe Gel. Ek het uit desperaatheid dit aan my voete gesmeer toe dit so seer, rooi en sensitief is ... sommer ‘n dik laag en oop voete gesit tot dit droog is, niks meer seer is nie en toe afgewas...onthou om versigtig te wees, want die bruin salf is geneig om oral af te smeer aan alles om jou. Beproef dit gerus. Dit help vir alles.

15.5.24

Hardlywigheid

Klein harde stoelgang minder as 3 keer per week is gewoonlik ’n teken dat jy hardlywig is. Dit kan ongemak en winderigheid veroorsaak. Hardlywigheid word veroorsaak deur ’n ongesonde dieet, dermprobleme, te veel vleis, te veel suiwel, medisyne of indien jy lakseermiddels gebruik.

Sluit volgraanprodukte by jou dieet in en drink ten minste 3 glase water per dag. Pruimedante of pruimedantsap word ook aanbeveel. Oefening vir die maagspiere werk ook.

Soek mediese hulp indien dit vir langer as ’n week aanhou of bloeding voorkom.

Boereraat vir hardlywigheid:

Drink bietjie sodawater vir hardlywigheid.

♦♦♦

Week 250 g perskes, 250 g rosyne en 250 g pruimedante in water tot sag.
Maal nou al die vrugte saam tot fyn. Meng dit met 500 g heuning.
Eet saans 1 teelepel hiervan.

♦♦♦

Eet elke oggend vir ontbyt ’n sny growwe, bruin brood. Dit moet growwe bruin brood met semels wees. Voedsel ryk aan vesel help vir hardlywigheid by kinders; en hardlywigheid by bejaardes.

♦♦♦

Drink ’n glas louwarm water met appelasyn – 30 min voor etes.

♦♦♦

Dit is nie gewone soutwater wat jy moet drink vir hardlywigheid nie. Dit is Engelse sout. Drink elke oggend op ’n nugter maag een teelepel Engelse sout opgelos in ’n glas warm water.

♦♦♦

Piesangs kan help om van hardlywigheid ontslae te raak.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

14.5.24

Blaasinfeksie / Urienweginfeksie

Infeksies word dikwels veroorsaak deur besmetlike stowwe wat in die inwendige organe beland. Moegheid, koue en bloedarmoede kan jou weerstand teen infeksies verswak.

Raadpleeg jou dokter dadelik indien jy vermoed dat jy ´n blaasinfeksie het.

Boereraat:

Drink 'n bietjie koeksoda in gekookte water.

♦♦♦


Sien ook Kruie vir kwale: Blaasinfeksie

13.5.24

Winderigheid - Raad vir winde by volwassenes

Die wind waarna hier verwys word is gasse wat in die ingewande vorm as gevolg van slegte spysvertering.

Boereraat:

Meng halwe koppie water, 6 eetlepels asyn, 2 teelepels suiker en 2 mℓ koeksoda. Sodra dit begin bruis moet jy dit onmiddellik drink.

Sien ook Kruie vir kwale: Winderigheid

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

9.5.24

Pitswere / Bloedvinte

Pitswere word ook bloedvinte genoem. Dit ontstaan in 'n haarfolikel en vorm 'n rooi knop. Namate die infeksie versprei raak die knop vol geel etter. Die knop is gewoonlik baie gevoelig.

Pitswere word gewoonlik veroorsaak deur die bakterie stafilokokkus. Indien daar 'n hoë konsentrasie van bakterieë is kom die pitswere in groepe voor. Indien dit versprei na 'n aangrensende haarfolikel/s praat ons van 'n karbonkel. 'n Karbonkel is 'n pitsweer met meer as een pit. Dit kan tot 5 cm groot wees.

Pitswere kom meesal voor op klam areas van die liggaam. Agter die nek, in die lieste en onder die arms is die meer algemene areas.

Persone met 'n lae weerstand teen bakteriële infeksie, diegene met swak persoonlike higiëne, die wat oorgewig is en persone wat baie sweet loop die gevaar om pitswere te ontwikkel.

Moet nooit 'n pitsweer druk nie. Dit kan die infeksie laat versprei. Was om die pitsweer met antiseptiese seep om te verhoed dat dit na ander haarfolikels versprei; of probeer dit behandel met antiseptiese salf. Die beste is om die pitsweer weer vanself te laat verdwyn of om dit deur 'n dokter te laat oopsny.

Jy kan die ongemak van 'n pitsweer verlig met 'n klam, warm lappie.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

7.5.24

Kruie vir kwale: Maagseer

Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit steeds vir maagswere.

♦♦♦

Maak die wortel van die noem-noem skoon en maak fyn. Gebruik 2 teelepels in ’n koppie warm water. Drink dit vir maagsere.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

6.5.24

Kruie vir kwale: Tuberkulose

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n paar gedroogde takkies heuningtee en laat dit trek vir 20 minute. Drink dit ten minste 4 keer per dag vir tuberkulose.

♦♦♦

Gekookte suurvye kan gebruik word vir die behandeling van tuberkulose.

Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit steeds vir tuberkulose.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids