Dit is onbekend waarom sekere mense allergies is vir sommige stowwe. Sensitiwiteit vir ´n sekere stof kan mettertyd opgebou word en daar is dikwels ´n familiegeskiedenis van allergieë. Gewoonlik kom lopende neus, jeukende oë, nies, velirritasies, jeukery en uitslag voor. Asma, hooikoors en dermatitis kan veroorsaak word.
Voorkoming is die beste raad, daarom moet rekord gehou word van wat jy doen en inneem ten einde die oorsaak te bepaal. Indien ´n spesifieke sondebok vermoed word, moet jy dit vir ´n week of twee uitskakel en die situasie dophou.
Kry mediese hulp: Indien simptome langer as sewe dae voortduur of vererger of indien hooikoors verander in asma of brongitis.
Ek het dringend raad nodig. Ek het die volgende simptome: vel wat jeuk, ore wat jeuk, oë wat jeuk. Soms word my ore rooi. Dit voel ook of my keel wil toetrek. Ek was op 'n kursus antibiotika - is ek allergies vir medikasie? Dit is nie die eerste keer dat dit gebeur nie.
ReplyDeleteDit klink soos 'n allergiese reaksie. Vra jou dokter om jou te toets vir allergieë.
ReplyDeleteMy seuntjie van 11 maande was vanaf 3 maande tot 9/5 maande by 'n oppasser wat rook. Hy was al 4 keer behandel vir Mangelontsteking en brongitis en doktor het toe aanderaai dat ons 'n ander oppasser kry. Ons het hom nou by iemand ander geplaas en gou kan ons die verandering sien. Die afgelope week ondervind ek dat hy 'n loop neus het en dat hy baie hoes. Hy het ook baie slyme op die bors en slaap glad nie deur die aand nie. Hy put my uit aangesien ek ook werk. Hy vryf ook sy neusie. Dink u dat hy 'n teken het van hayfever of is net net die oorgaan van seisoene. Hy verlaat die huis 6h30 in die oggend en word weer gehaal om 5h30 nm. Ek is al radeloos en kan nie die doktor's rekeninge bekostig nie. Die klinieksuster het ook gesê dat as hy siek word kan hulle hom nie medisyne gee of behandel nie aangesien ons mediese fonds het.
ReplyDeleteHeeltemal reg, oppassers behoort nie in die omgewing van klein kindertjies of baba's te rook nie! Dit kan wees dat die ou dingetjie nou sukkel met al die stuifmeel in die lug. Mens sou natuurlik wou aanbeveel dat die dokter moet besluit, maar indien julle sukkel kan julle die staatshospitale probeer of 'n apteker raadpleeg oor die simptome en geskikte medikasie.
ReplyDeleteMy baba is 10 maande en allergies vir parfuumprodukte. tot onlangs het ek baby wipes gebruik, toe daar rooi uitslag tussen haar boude gekom het. ek gebruik bleuseal vaseline op die oomblik, net om daai gejeuk te laat bedaar. Wat kan ek gebruik, want as ek doekies omruil dan krap sy haarself amper stukkend. Kan u my help asseblief ... Sy drink poeier melk (infocare) en ek borsvoed soggens en saans.
ReplyDeleteVee die boudjies af met 'n klam lappie wat met niks anders as water in aanraking was nie en smeer 'n gewone waterbasisroom (Aquas) aan - smeer sommer lekker baie aan.
ReplyDeleteMy man het onlangs uitgevind hy is allergies vir jodium. Hy het nog al die jare skulpvis ge-eet, maar na n insident by die hospitaal, waar hul jodium in sy bloed ingespuit het, het hy n onmiddelike allergiese reaksie getoon. Die dokters het vir hom gese hy mag nie skulpvis eet nie. Ons is nie seker watter vissoort / skulpvis jodium bevat nie. Byvoorbeeld, krap, kreef, oesters, perlemoen, seekat... ens. (en die blikkie mossels wat mens in die winkels kan koop is dit ook skulpvis en bevat die jodium?
ReplyDeleteIndien hy allergies is vir een soort seekos is die kanse goed dat hy ook allergies gaan wees vir baie ander. Die enigste manier om seker te maak wat hy kan eet en wat nie is om 'n veltoets te laat doen deur jou dokter.
ReplyDeleteEk het 'n verskriklike uitslag since Vrydag.
ReplyDeleteDis op albei elmboë, linker bo-been en op regter knieg. Dis 'n uitslag van rooi kolle en 'n ietwat blasie maar dis nie 'n blasie nie. Dis baie jeukerig en sensitief ... is dit duitse masels of net alergie? Het nie nou geld om by dokter uit te kom nie en wil net vinnig uitvind of dit ernstig is.
Jy noem geen ander simptome nie, so ek neem aan daar is nie. In daardie geval is die uitslag waarskynlik een of ander allergiese reaksie. Wat het jy Donderdag / Vrydag geëet? Was jy dalk met een of ander middel in aanraking? Nuwe klere wat jy aangetrek het? Soos reeds genoem op hierdie werf is dit uiters moeilik om 'n veluitslag te diagnoseer oor die web. Is daar nie dalk 'n kliniek of staatshospitaal in jou omgewing waar jy om hulp kan aanklop nie. Laat weet asseblief indien jy ander simptome ook het.
ReplyDeleteHallo my seuntjie is 4 jaar oud.Hy het n uitslag oor sy hele lyfie behalwe oor die voete en sy koppie.Dit jeuk nie en is net klein rooi kolletjies is ook nie siek nie.Het hom by die dokter gehad medikasie gegee maar dit lyk nie of die veel help nie.hoe lank vat dit voor die uitslag weg gaan?Het kosse uit gesluit bv peanutbutter omdat daar gevale in die familie is vir allergies daarvoor,kan u my se wat ek kan gebruik?
ReplyDeleteHet u raad gekry my seun het die selfde probleem
DeleteJy kan oorweeg om hom na 'n dermatoloog te neem, indien jy hom reeds by 'n dokter gehad het.
DeleteMy klein sussie van 15jaar was vandag by die dr, hy het net so vinnig in haar keel gekyk, ogies en ore, toe se hy dalik dit is mangelontsteking. sy het verskriklike hoë koors, lyk of sy heeltyd hoendervleis het. Haar koppie pyn en keel baie seer... hy het vir haar antibiotika voorgeskryf.. is daar nie iets wat haar vinniger gaan help dat sy reg kom nie, ek stres my dood.
ReplyDeleteEk het 'n verskriklike kriewel, branderigheid in my keel, dit voel soos 'n lugleegte. Natuurlik hoes ek dan ook baie in die oggend wanneer ek opstaan en dan weer in die aand. Dit voel of daar die hele tyd iets in my keel is, ek "kug, kug" heeltyd maar daar is niks slym nie. My neus of oe het geen newe-effekte nie. Allergiese toetse is gedoen en wys dat ek vir gras allergies is. Die oor, neus spesialis het na my keel gekyk en bevestig dat daar op my stembande bloed is van al die hoes. Hy het vir my "meds" gegee vir my maag en 'n neus sproei.
ReplyDeleteHelp asseblief ek is raadop.
Ek het 'n oor jeuk van jongs af die dokters sê dat dit 'n swam is. Tans gebriuk ek quadriderm wat omtrent net 'n week werk dan moet ek weer aansmeer. Is daar 'n raat wat die probleem permanent kan oplos.
ReplyDeleteMy dogtertjie is 7jr oud en nou en dan slaan sy groot rooi kolle uit wat verskriklik jeuk.
ReplyDeleteKan dit 'n allergie wees? Moet ons haar dokter toe vat of is daar net 'n salfie wat ons kan gebruik wat die jeukerigheid kan wegvat?
Dankie
My dogter is 20 jaar oud en het rooi uitslag op haar bene en arms gekry. Hul het vir haar by ongevalle drup gegee (ek dink dit het cortisoon in) die uitslag was toe weg vir 12 ure daarna her dit weer uitgeslaan op ander dele van haar lyf. sy is opgeneem en hul hou haar steeds op kortisoon maar kan steeds nie vir my se wat die oorsaak is nie.Die uitslag kom elke keer op `n ander deel van haar lyf uit..... jeuk en seer. Help!
ReplyDeleteDit klink erg Anonymous. Hulle behoort 'n paar dinge te probeer om uit te vind wat fout is, dit vat soms 'n tydjie. Hopelik sal hulle uitvind wat dit veroorsaak.
ReplyDeleteVasbyt en voorspoed.
Hi my 4 jarige seun was onlangs by die see die dag voor ons terug gekom het het hy begin uitslaan en koors gehad dit jeuk verskriklik.ek het hom celestamine gegee en zyrtec maar sien geen verandering nie.Ek weet nie meer hoe om hom te help nie.Ons moet dag en nag krap.HELP!!!
ReplyDeleteDie koors laat mens dink dit is dalk nie 'n allergie nie. Dis nie dalk waterpokkies nie?
DeleteEk wil weet of dit moontlik is om vir mens se man se sperm allergies te wees? Dit wil vir my voorkom of ek (nadat ons liefde gemaak het) omtrent altyd vir so 'n paar dae 'n soort vag, infeksie het (afskeiding, snakse reuk en brandende oaangemak) en as die vloeistof wat uit sy penis kom voor ons liefde maak op my vel kom, kry ek soms so 'n rooi jeuerige kol wat dan maande vat om weg te gaan. Ek is 32 jr oud en 9 jaar getroud. Die probleem was nie nog altyd daar gewees nie.
ReplyDeleteDie kort antwoord is JA, vroue kan allergies wees. Soos baie ander allergiee kan dit net skielik ontstaan. Julle kan kondome gebruik om dit te bekamp. Toets elke paar jaar om te kyk of dinge nie verander het nie.
DeleteHierdie simptome kan 'n verskeidenheid oorsake hê. Beslis een wat jou dokter so gou as moontlik moet diagnoseer.
ReplyDeleteHelo ek wil net joor ekt gister my man by dok gehad hul se its het hom gebyt en di gee n alergiee af dit het begin by sy boude ma vanogend het hy n lang stik op sy maag!
ReplyDeleteEk wil net gou hoor ek het n paar rooi kolle verprei oor my liggaam wat vreeslik jeuk. Elke dag is daar een of twee by. Dit bly jeuk. Wat kan dit wees? Op my arm, rug en maag
ReplyDeleteHet jy enige koors? As dit net 'n allergie is kan dit een van 'n groot klomp oorsake wees. Beter om 'n dokter daarna te laat kyk.
DeleteJeukende oren? Pijn? andere? ... chronische oorproblemen? Ik gebruik dit product: Oplantamednaturo. Dit product is zeer effectief. Ik was genezen in 2 dagen.
ReplyDeleteSinds 2000 had ik chronische problemen in de oren. (Jeuk, pijn, ...). Werkt heel goed voor mij. Ik vond het hier: http://oplantamednaturo.blogspot.com
Ek hoes elke aand verskriklik baie en niks hoesstroop werk nie. Vanoggend sien ek, ek het blasies agter in my keel. Wat kan dit wees? Ek dink dit jeuk en dis hoekom ek die heeltyd hoes. As ek iets grof eet voel dit so lekker, so ek neem aan dit jeuk heeltyd.
ReplyDeleteSoek raad oor Lanolien alergie
ReplyDeleteWat kan ek gebruik vir oe,ore,keel en neus wat erg jeuk. Dis nou so vir 4dae wat dit aan hou. Gebruik allergie tablette en dit help n rukkie dan begin dit weer erg jeuk. Enige boereraad asb.
ReplyDeleteEk was nou al by so vel dr MAAR hul nou raad op my vel jeuk maar geen uitslag nie net as ek begin krap dan virskyn daar klein wit knoppies enege raad asb.
ReplyDeleteMy kardioloog het my bloeddrukpille verander en dis nou al 5 maande wat my oë en voorkop en neus jeuk. Kan dit die pille wees?
ReplyDeleteDit kan wees. Jy moet jou kardioloog asseblief hieroor inlig.
ReplyDeleteHello ek jeuk vn my voete tot boude as ek toe skoene dra n ini koue Weer loop...wat kn dit wees dus baie iriterend ek kañ huil as ek so voel.
ReplyDeleteLees gerus hier: http://www.boererate.com/2009/01/wintershande-en-voete-pernio.html
DeleteHet n allergiee ontwikkel sowat amper n jaar terug, weet nie wat ek ge eet het wat dit dalk kon veroorsaak nie, al dokter in en dokter yt, na behandeling kom allergiee terug op my vel met n verskriklike gejeuk en ytslag, het al 2 of 3 keer dermatoloog ook gesien, hy het n bloed toets al laat neem maar bloed wys skoon, nou gebruik ek maar die medikasie wat hy voorgeskryf het maar sodra medikasie yt trek kom ytslag weer terug, al raadop
ReplyDeleteDit klink asof die medikasie ten minste werk. Die medikasie behoort vir iets spesifiek te wees. Weet jy waarvoor? Indien mens dit week kan jy begin dink aan 'n moontlike alternatiewe oplossing.
DeleteMy seun was nou al by twee GP's en een vel spesialist met simtome van blase oor sy rug bors en boarms as die blase uitkom sukkel hy om asem te kry die dokters se hy het n aller en behandel hom met kortozoon nou al vir drie maande en as medikasie klaar is kom dit weer uit hulle kan nog nie bepaal waarvoor hy allergies is nie
ReplyDeleteSoms vat dit ongelukkig tyd, want dit kan 'n proses van eliminasie wees om vas te stel wat aangaan. Op die stadium wil jy eers bly by die dokters sodat hulle kan vasstel wat fout is.
ReplyDelete