Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



20.2.09

Allergieë

Dit is onbekend waarom sekere mense allergies is vir sommige stowwe. Sensitiwiteit vir ´n sekere stof kan mettertyd opgebou word en daar is dikwels ´n familiegeskiedenis van allergieë. Gewoonlik kom lopende neus, jeukende oë, nies, velirritasies, jeukery en uitslag voor. Asma, hooikoors en dermatitis kan veroorsaak word.

Voorkoming is die beste raad, daarom moet rekord gehou word van wat jy doen en inneem ten einde die oorsaak te bepaal. Indien ´n spesifieke sondebok vermoed word, moet jy dit vir ´n week of twee uitskakel en die situasie dophou.

Indien simptome langer as sewe dae voortduur of vererger of indien hooikoors verander in asma of brongitis.

38 comments :

  1. Annelien Beckley20/10/09 13:52

    Ek het dringend raad nodig. Ek het die volgende simptome: vel wat jeuk, ore wat jeuk, oë wat jeuk. Soms word my ore rooi. Dit voel ook of my keel wil toetrek. Ek was op 'n kursus antibiotika - is ek allergies vir medikasie? Dit is nie die eerste keer dat dit gebeur nie.

    ReplyDelete
  2. Dit klink soos 'n allergiese reaksie. Vra jou dokter om jou te toets vir allergieë.

    ReplyDelete
  3. Florence Phillips20/10/09 13:53

    My seuntjie van 11 maande was vanaf 3 maande tot 9/5 maande by 'n oppasser wat rook. Hy was al 4 keer behandel vir Mangelontsteking en brongitis en doktor het toe aanderaai dat ons 'n ander oppasser kry. Ons het hom nou by iemand ander geplaas en gou kan ons die verandering sien. Die afgelope week ondervind ek dat hy 'n loop neus het en dat hy baie hoes. Hy het ook baie slyme op die bors en slaap glad nie deur die aand nie. Hy put my uit aangesien ek ook werk. Hy vryf ook sy neusie. Dink u dat hy 'n teken het van hayfever of is net net die oorgaan van seisoene. Hy verlaat die huis 6h30 in die oggend en word weer gehaal om 5h30 nm. Ek is al radeloos en kan nie die doktor's rekeninge bekostig nie. Die klinieksuster het ook gesê dat as hy siek word kan hulle hom nie medisyne gee of behandel nie aangesien ons mediese fonds het.

    ReplyDelete
  4. Heeltemal reg, oppassers behoort nie in die omgewing van klein kindertjies of baba's te rook nie! Dit kan wees dat die ou dingetjie nou sukkel met al die stuifmeel in die lug. Mens sou natuurlik wou aanbeveel dat die dokter moet besluit, maar indien julle sukkel kan julle die staatshospitale probeer of 'n apteker raadpleeg oor die simptome en geskikte medikasie.

    ReplyDelete
  5. Amelia Pietersen20/10/09 13:54

    My baba is 10 maande en allergies vir parfuumprodukte. tot onlangs het ek baby wipes gebruik, toe daar rooi uitslag tussen haar boude gekom het. ek gebruik bleuseal vaseline op die oomblik, net om daai gejeuk te laat bedaar. Wat kan ek gebruik, want as ek doekies omruil dan krap sy haarself amper stukkend. Kan u my help asseblief ... Sy drink poeier melk (infocare) en ek borsvoed soggens en saans.

    ReplyDelete
  6. Vee die boudjies af met 'n klam lappie wat met niks anders as water in aanraking was nie en smeer 'n gewone waterbasisroom (Aquas) aan - smeer sommer lekker baie aan.

    ReplyDelete
  7. My man het onlangs uitgevind hy is allergies vir jodium. Hy het nog al die jare skulpvis ge-eet, maar na n insident by die hospitaal, waar hul jodium in sy bloed ingespuit het, het hy n onmiddelike allergiese reaksie getoon. Die dokters het vir hom gese hy mag nie skulpvis eet nie. Ons is nie seker watter vissoort / skulpvis jodium bevat nie. Byvoorbeeld, krap, kreef, oesters, perlemoen, seekat... ens. (en die blikkie mossels wat mens in die winkels kan koop is dit ook skulpvis en bevat die jodium?

    ReplyDelete
  8. Indien hy allergies is vir een soort seekos is die kanse goed dat hy ook allergies gaan wees vir baie ander. Die enigste manier om seker te maak wat hy kan eet en wat nie is om 'n veltoets te laat doen deur jou dokter.

    ReplyDelete
  9. Renette Croukamp20/10/09 13:57

    Ek het 'n verskriklike uitslag since Vrydag.
    Dis op albei elmboë, linker bo-been en op regter knieg. Dis 'n uitslag van rooi kolle en 'n ietwat blasie maar dis nie 'n blasie nie. Dis baie jeukerig en sensitief ... is dit duitse masels of net alergie? Het nie nou geld om by dokter uit te kom nie en wil net vinnig uitvind of dit ernstig is.

    ReplyDelete
  10. Jy noem geen ander simptome nie, so ek neem aan daar is nie. In daardie geval is die uitslag waarskynlik een of ander allergiese reaksie. Wat het jy Donderdag / Vrydag geëet? Was jy dalk met een of ander middel in aanraking? Nuwe klere wat jy aangetrek het? Soos reeds genoem op hierdie werf is dit uiters moeilik om 'n veluitslag te diagnoseer oor die web. Is daar nie dalk 'n kliniek of staatshospitaal in jou omgewing waar jy om hulp kan aanklop nie. Laat weet asseblief indien jy ander simptome ook het.

    ReplyDelete
  11. Anonymous9/2/10 06:24

    Hallo my seuntjie is 4 jaar oud.Hy het n uitslag oor sy hele lyfie behalwe oor die voete en sy koppie.Dit jeuk nie en is net klein rooi kolletjies is ook nie siek nie.Het hom by die dokter gehad medikasie gegee maar dit lyk nie of die veel help nie.hoe lank vat dit voor die uitslag weg gaan?Het kosse uit gesluit bv peanutbutter omdat daar gevale in die familie is vir allergies daarvoor,kan u my se wat ek kan gebruik?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous6/6/23 20:17

      Het u raad gekry my seun het die selfde probleem

      Delete
    2. Anonymous7/6/23 09:48

      Jy kan oorweeg om hom na 'n dermatoloog te neem, indien jy hom reeds by 'n dokter gehad het.

      Delete
  12. Anonymous24/2/10 16:41

    My klein sussie van 15jaar was vandag by die dr, hy het net so vinnig in haar keel gekyk, ogies en ore, toe se hy dalik dit is mangelontsteking. sy het verskriklike hoë koors, lyk of sy heeltyd hoendervleis het. Haar koppie pyn en keel baie seer... hy het vir haar antibiotika voorgeskryf.. is daar nie iets wat haar vinniger gaan help dat sy reg kom nie, ek stres my dood.

    ReplyDelete
  13. Anonymous9/3/10 17:57

    Ek het 'n verskriklike kriewel, branderigheid in my keel, dit voel soos 'n lugleegte. Natuurlik hoes ek dan ook baie in die oggend wanneer ek opstaan en dan weer in die aand. Dit voel of daar die hele tyd iets in my keel is, ek "kug, kug" heeltyd maar daar is niks slym nie. My neus of oe het geen newe-effekte nie. Allergiese toetse is gedoen en wys dat ek vir gras allergies is. Die oor, neus spesialis het na my keel gekyk en bevestig dat daar op my stembande bloed is van al die hoes. Hy het vir my "meds" gegee vir my maag en 'n neus sproei.
    Help asseblief ek is raadop.

    ReplyDelete
  14. Anonymous5/6/10 11:47

    Ek het 'n oor jeuk van jongs af die dokters sê dat dit 'n swam is. Tans gebriuk ek quadriderm wat omtrent net 'n week werk dan moet ek weer aansmeer. Is daar 'n raat wat die probleem permanent kan oplos.

    ReplyDelete
  15. Anonymous22/6/10 22:34

    My dogtertjie is 7jr oud en nou en dan slaan sy groot rooi kolle uit wat verskriklik jeuk.
    Kan dit 'n allergie wees? Moet ons haar dokter toe vat of is daar net 'n salfie wat ons kan gebruik wat die jeukerigheid kan wegvat?
    Dankie

    ReplyDelete
  16. Anonymous23/1/11 16:48

    My dogter is 20 jaar oud en het rooi uitslag op haar bene en arms gekry. Hul het vir haar by ongevalle drup gegee (ek dink dit het cortisoon in) die uitslag was toe weg vir 12 ure daarna her dit weer uitgeslaan op ander dele van haar lyf. sy is opgeneem en hul hou haar steeds op kortisoon maar kan steeds nie vir my se wat die oorsaak is nie.Die uitslag kom elke keer op `n ander deel van haar lyf uit..... jeuk en seer. Help!

    ReplyDelete
  17. Anonymous24/1/11 10:03

    Dit klink erg Anonymous. Hulle behoort 'n paar dinge te probeer om uit te vind wat fout is, dit vat soms 'n tydjie. Hopelik sal hulle uitvind wat dit veroorsaak.

    Vasbyt en voorspoed.

    ReplyDelete
  18. Hi my 4 jarige seun was onlangs by die see die dag voor ons terug gekom het het hy begin uitslaan en koors gehad dit jeuk verskriklik.ek het hom celestamine gegee en zyrtec maar sien geen verandering nie.Ek weet nie meer hoe om hom te help nie.Ons moet dag en nag krap.HELP!!!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous22/2/12 10:46

      Die koors laat mens dink dit is dalk nie 'n allergie nie. Dis nie dalk waterpokkies nie?

      Delete
  19. Ek wil weet of dit moontlik is om vir mens se man se sperm allergies te wees? Dit wil vir my voorkom of ek (nadat ons liefde gemaak het) omtrent altyd vir so 'n paar dae 'n soort vag, infeksie het (afskeiding, snakse reuk en brandende oaangemak) en as die vloeistof wat uit sy penis kom voor ons liefde maak op my vel kom, kry ek soms so 'n rooi jeuerige kol wat dan maande vat om weg te gaan. Ek is 32 jr oud en 9 jaar getroud. Die probleem was nie nog altyd daar gewees nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous14/8/12 11:01

      Die kort antwoord is JA, vroue kan allergies wees. Soos baie ander allergiee kan dit net skielik ontstaan. Julle kan kondome gebruik om dit te bekamp. Toets elke paar jaar om te kyk of dinge nie verander het nie.

      Delete
  20. Hierdie simptome kan 'n verskeidenheid oorsake hê. Beslis een wat jou dokter so gou as moontlik moet diagnoseer.

    ReplyDelete
  21. Anonymous3/4/14 07:47

    Helo ek wil net joor ekt gister my man by dok gehad hul se its het hom gebyt en di gee n alergiee af dit het begin by sy boude ma vanogend het hy n lang stik op sy maag!

    ReplyDelete
  22. Anonymous10/6/14 19:26

    Ek wil net gou hoor ek het n paar rooi kolle verprei oor my liggaam wat vreeslik jeuk. Elke dag is daar een of twee by. Dit bly jeuk. Wat kan dit wees? Op my arm, rug en maag

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous11/6/14 08:52

      Het jy enige koors? As dit net 'n allergie is kan dit een van 'n groot klomp oorsake wees. Beter om 'n dokter daarna te laat kyk.

      Delete
  23. Anonymous3/12/16 16:05

    Jeukende oren? Pijn? andere? ... chronische oorproblemen? Ik gebruik dit product: Oplantamednaturo. Dit product is zeer effectief. Ik was genezen in 2 dagen.
    Sinds 2000 had ik chronische problemen in de oren. (Jeuk, pijn, ...). Werkt heel goed voor mij. Ik vond het hier: http://oplantamednaturo.blogspot.com

    ReplyDelete
  24. Ek hoes elke aand verskriklik baie en niks hoesstroop werk nie. Vanoggend sien ek, ek het blasies agter in my keel. Wat kan dit wees? Ek dink dit jeuk en dis hoekom ek die heeltyd hoes. As ek iets grof eet voel dit so lekker, so ek neem aan dit jeuk heeltyd.

    ReplyDelete
  25. Soek raad oor Lanolien alergie

    ReplyDelete
  26. Wat kan ek gebruik vir oe,ore,keel en neus wat erg jeuk. Dis nou so vir 4dae wat dit aan hou. Gebruik allergie tablette en dit help n rukkie dan begin dit weer erg jeuk. Enige boereraad asb.

    ReplyDelete
  27. Ek was nou al by so vel dr MAAR hul nou raad op my vel jeuk maar geen uitslag nie net as ek begin krap dan virskyn daar klein wit knoppies enege raad asb.

    ReplyDelete
  28. Anonymous4/12/22 19:19

    My kardioloog het my bloeddrukpille verander en dis nou al 5 maande wat my oë en voorkop en neus jeuk. Kan dit die pille wees?

    ReplyDelete
  29. Anonymous5/12/22 06:42

    Dit kan wees. Jy moet jou kardioloog asseblief hieroor inlig.

    ReplyDelete
  30. Anonymous28/6/23 21:38

    Hello ek jeuk vn my voete tot boude as ek toe skoene dra n ini koue Weer loop...wat kn dit wees dus baie iriterend ek kañ huil as ek so voel.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous3/7/23 11:21

      Lees gerus hier: http://www.boererate.com/2009/01/wintershande-en-voete-pernio.html

      Delete
  31. Anonymous23/7/23 20:12

    Het n allergiee ontwikkel sowat amper n jaar terug, weet nie wat ek ge eet het wat dit dalk kon veroorsaak nie, al dokter in en dokter yt, na behandeling kom allergiee terug op my vel met n verskriklike gejeuk en ytslag, het al 2 of 3 keer dermatoloog ook gesien, hy het n bloed toets al laat neem maar bloed wys skoon, nou gebruik ek maar die medikasie wat hy voorgeskryf het maar sodra medikasie yt trek kom ytslag weer terug, al raadop

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous24/7/23 10:35

      Dit klink asof die medikasie ten minste werk. Die medikasie behoort vir iets spesifiek te wees. Weet jy waarvoor? Indien mens dit week kan jy begin dink aan 'n moontlike alternatiewe oplossing.

      Delete