Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



4.7.22

Kruie vir kwale: Ingewandskoors

Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir ingewandskoors.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

29.6.22

Kruie vir kwale: Boererate vir Slapeloosheid / Slaaploosheid

Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir slaaploosheid.

♦♦♦

Die gereelde gebruik van rooibostee kan verligting bied vir slaaploosheid.

♦♦♦

’n Tee gemaak van kattekruid help vir slaaploosheid.

♦♦♦

Drink kruisementtee voor jy gaan slaap, of gooi ’n paar druppels kruisementolie of vars kruisement in jou badwater.

♦♦♦

Drink ’n koppie kamille-tee (chamomile / chamomile) net voor jy gaan slaap.

♦♦♦

Drup ’n paar druppels laventelolie op jou kussing.

♦♦♦

Maak vir jou tee met vinkel vir slapeloosheid.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

1.6.22

Kruie vir kwale: Aamborstigheid

Die gereelde gebruik van rooibostee kan asemhaling verbeter

♦♦♦

Gebruik 5 g vars wildeals blare om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy die blare verwyder. Drink die tee vir aamborstigheid.

♦♦♦

Voeg ’n paar wildeals-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag vir aamborstigheid.

♦♦♦

Meng 50 mℓ druiwepitolie, 3 druppels teeboomolie (tea tree) en 3 druppels laventelolie. Maseer dit oor die bors, skouers en rug. Die mengsel moet in ’n glasbottel gebêre word. Dit is nie geskik vir baba’s jonger as ses maande nie.

♦♦♦

Vir kinders smeer jy hardevet met gemaalde naeltjies op lappe en sit op die bors en tussen die skouers.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

19.5.22

Kruie vir kwale: Tandpyn

Gebruik vars wildeals blare vir tandpyn, deur ’n gevoude blaar op die tand vas te byt.

♦♦♦

Hou ’n bedekte warmwatersak teen die aangetaste kant van die gesig.

♦♦♦

Maak ’n knoffelhuisie fyn. Sit dit in ’n pluisie watte, maak klam met warm water en sit op tand.

♦♦♦

Maak ’n pasta van een teelepel kaneel en vyf teelepels heuning en sit op die seer tand. Doen dit minstens drie keer per dag tot die tand ophou pyn.

♦♦♦

Draai ’n warm handdoek om die gesig vir tandpyn en smeer naeltjie-olie aan die tandvleis.

♦♦♦

Byt ´n naeltjie vas.

♦♦♦

Sit olyfolie op watte en byt vas.

♦♦♦

Sit naeltjie-olie op 'n seer tand.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

18.5.22

Kruie vir kwale: Oorpyn

Gebruik vars wildeals blare vir oorpyn, met ’n opgerolde blaar in die oor.

♦♦♦

Hou ’n bedekte warmwatersak teen die aangetaste kant van die gesig.

♦♦♦

Gebruik 'n spuit of iets soortgelyks om 2 tot 4 druppels warm olyfolie in die oor van ’n klein kindjie, 2 jaar en ouer, of 5 tot 10 druppels in ’n volwassene se oor.

♦♦♦

Drup een druppel warm amandelolie en een druppel knoffelolie in die oor. Plaas ’n pluisie watte in die oor.

♦♦♦

Vir oorpyn, skil ’n groot ui en sny dit in die helfte. Maak ’n helfte versigtig warm in ’n mikrogolfoond en draai dit toe in ’n lappie. Hou dit met die plat kant teen, of so naby as moontlik, aan jou oor. Pasop vir brand. Die aroma van die ui het antibakteriële eienskappe en die hitte help vir die pyn.

♦♦♦

Drup ’n paar druppels uiesap in die oor.

♦♦♦

Drup ’n paar druppels knoffelsap in die oor.

♦♦♦

Bind ’n teelepel peper toe in ’n lappie. Week die lappie in naeltjieolie en druk dit dan in die oor.

♦♦♦

Braai 'n heel knoffelhuisie in klapperolie. Laat die olie afkoel en gooi dan in oor.

♦♦♦

Druk 'n stukkie tabak in jou oor vir oorpyn.



Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

16.5.22

Sistoliese bloeddruk bo 120 mmHg verhoog die kanse vir kardiovaskulêre siekte

Bloeddruk is die krag wat bloed uitoefen teen die wande van die liggaam se are terwyl dit sirkuleer. Ons praat van hipertensie wanneer bloeddruk te hoog is.

Bloeddruk word as twee getalle geskryf. Die eerste (sistoliese) getal verteenwoordig die druk in bloedvate wanneer die hart saamtrek of klop. Die tweede (diastoliese) getal verteenwoordig die druk in die vate wanneer die hart tussen slae rus. Hipertensie word gediagnoseer as, wanneer dit op twee verskillende dae gemeet word, die sistoliese bloeddruk (SBP) lesings op beide dae ≥140 mmHg is en/of die diastoliese bloeddruk (DBP) lesings op beide dae ≥90 mmHg is. Normale bloeddruk is minder as 120/80 mm Hg.

Wêreldwyd is hoë bloeddruk 'n algemene en sterk risikofaktor vir die ontwikkeling van kardiovaskulêre siektes. ’n Studie gepubliseer in die joernaal Diabetes Care in 2021 het bevind dat indien die sistoliese druk te hoog is verhoog dit ook die kanse vir kardiovaskulêre siekte.