Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



12.7.17

Fraktuur van die wangbeen en bokaak

Daar is nie altyd tekens van hierdie tipe breek nie. Daar kan egter ’n groot hoeveelheid bloed uit die neus kom. Daarna sal die gesig swel en kneusing kan rondom die oë ontwikkel. Asemhaling mag moeilik wees op die stadium.

Die persoon moet sodra moontlik by ’n hospitaal kom.

10.7.17

Hoofpyn? Eet of vermy dié 5 dinge

Hoofpyn kom algemeen voor, so hier is vyf dinge wat navorsing bewys het die moeite werd is om te doen of te vermy.

5.7.17

Chroniese inflammatoriese dermsiekte

Chroniese inflammatoriese dermsiekte is gewoonlik die probleem indien geen ander oorsaak gevind kan word by iemand met diarree nie. Mense verwar dit ook gereeld met ’n sensitiwiteit vir gluten.

Die simptome is baie soortgelyk aan Crohn se siekte met maagpyn en diarree.

Jou dokter sal jou kan help met medikasie. Soms is ’n aanpassing in dieet ook nodig.

28.6.17

Fraktuur van die onderkaak

’n Harde hou teen die onderkaak kan tot gevolg hê dat dit breek, selfs aan die teenoorgestelde kant as die hou. ’n Val op die ken kan selfs ’n fraktuur aan weerskante van die kaak tot gevolg hê.

Simptome en tekens
• Pyn, vererger deur kakebeenbeweging of sluk
• Sukkel om te praat
• Naarheid
• Speeksel kan uitloop
• Wond binne-in die Monday Swelsel, teerheid en later ’n kneusing op die kaak
• Onreëlmatigheid kan gevoel word aan die onderkant van die kaak
• Die tande lyk nie gelyk nie

Kry die persoon sodra moontlik by die hospitaal.

27.6.17

Dwelms: Hoekom dié sentrum naalde aan heroïen-verslaafdes gee

As ’n nuwe spuitnaaldsentrum in die Kaapse middestad tot 50 heroïen-gebruikers per dag sien en bedien, hoe groot ís die stad se dwelmprobleem en kom verslaafdes ooit weer los? Le Roux Schoeman doen verslag.

21.6.17

Hepatitis / Lewerinfeksie

Hepatitis is 'n algemene, hoogs aansteeklike lewerinfeksie - meeste van die tyd het die pasiënt hepatitis C onder lede. Daar is verskeie tipes hepatitis wat op verskillende wyses oorgedra word.

Hepatitis A word oorgedra wanneer jy water of kos inneem wat met bakterieë besmet is. Die simptome kan behandel word en die lewer herstel gewoonlik vanself.

Hepatitis B en C word deur die bloed en liggaamsvloeistowwe oorgedra. Beide tipes is aansteeklik en moet deur ’n dokter behandel word, aangesien dit lewerkanker, lewerversaking of sirrose kan veroorsaak. Jy kan voorkom dat jy hierdie twee tipes hepatitis opdoen deur nie tandeborsels, skeermesse en naalde met ander mense te deel nie. Beoefen ook veilige seks en vermy veelvuldige seksmaats.

Sommige lyers toon geen simptome nie, terwyl ander geelsug ontwikkel, braak, ’n swak eetlus het, baie moeg is, maagseer of diarree het.

14.6.17

Skedelfrakture

Skedelfrakture kan tot skade aan die brein lei. Sulke beserings moet as baie ernstig beskou word.

Simptome en tekens
• Ooglopende beserings aan die kop
• Bloed of helder serebrospinale vloeistof wat uit die neus of oorvloei
• Een van die oë kan bloedbelope of later blou wees
• Pupille kan verskillende groottes wees
• Kort of gedeeltelike verlies van bewussyn

Kry die persoon sodra moontlik by ’n hospitaal.