Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



7.1.13

Hoe nou met die pitsweer?


Anoniem skryf: "Dit is die tweede keer binne 4maande dat ek 'n groot, harde,baie pynlike sweer onder die vel op my linker sitvlak ontwikkel. Ek is 62, nie oorgewig nie,sweet slegs as ek oefen en is baie gesteld op persoonlike higiene.Dit laat my dink dat ek 'n lae weerstand het teen bakteriele infeksies. Aangesien ek 'n gesonde persoon is wat glo aan gesond eet en 'n gesonde lewenstyl beoefen, sal ek graag wil weet wat ek kan doen om hierdie toestand te verbeter.Die vorige sweer moes ek laat oopsny en dit lyk of ek dieselfde nou sal moet laat doen aangesien dit net groter en pynliker word. Help asseblief!"

Antwoord: Sover dit behandeling betref kan jy nie op hierdie stadium veel doen nie. 'n Pitsweer (indien dit 'n pitsweer is) wat reeds ontstaan het gaan sy gang gaan en medikasie gaan dit nie stuit nie.
Vra jou dokter vir 'n ondersoek om te probeer bepaal of daar iets ooglopend is wat die pitswere veroorsaak. 'n Kursus antibiotika kan ook help om enige skadelike bakterieë te vernietig.

31.12.12

Aggressiewe videospeletjies nie goed vir jou

Die eerste bewyse is gevind dat gewelddadige videospeletjies 'n negatiewe uitwerking op 'n persoon kan hê.

'n Studie deur navorsers by die Ohio State University in Amerika wat gepubliseer is in die Journal of Experimental Social Psychology wys op 'n toename in aggressie oor die langtermyn.

24.12.12

Volstruis-are vir jou hart

Japanese wetenskaplikes het volstruis-are gebruik om 'n suksesvolle hartomleiding op 'n vark uit te voer. Dit beteken dat 'n soortgelyke prosedure moontlik ook op mense gebruik kan word.

Die span het are in volstruise se nekke gebruik om kunsmatige are te vervaardig wat tot 30 cm lank kan wees en twee millimeters dik is.

Konvensionele plaasvervangers, soos die are van dooie mense, diere of sintetiese are, moet gewoonlik dubbel daardie lengte wees om gebruik te word. Die bloed vloei ook deur die are sonder die gebruik van klont-voorkomingsmiddels.

10.12.12

Bly gesond oor Kersfees


Hoe hou jy jou gesondheid in stand oor Kersfees met al die versoekings in die rondte? Hier is 'n paar dinge wat jy kan doen om jou deur die feesseisoen te help en die slegte spysvertering en hoofpyne te verminder.
  • Sê nee vir suiker! 'n "Nee dankie" een of twee keer wanneer die koekbord verby kom sal wondere verrig vir jou middellyf se mate.
  • Probeer om nie te veel af te wyk van wat jy normaalweg eet nie. Moet nie oorweldig word deur al die lekkernye nie. Probeer hou by wat jy altyd eet en drink. Soek tussen die lekkernye vir iets wat jy altyd sou eet daardie tyd van die dag.
  • In plaas van aartappelskyfies en sjokolade kan jy aan vrugte en neute peusel. Wanneer jy lus raak vir sjokolade kan jy 'n goeie kwaliteit donker sjokolade geniet, dit bevat minder suiker en is ryk aan yster.
  • Indien jy baie alkohol gebruik moet jy probeer om 'n glas water vir elke glas alkohol te drink. Neem ook elke dag 'n ekstra 2 000 mg vitamiene C.
  • Oefen! Vakansie is 'n ideale tyd om te begin oefen. Gaan stap op die strand of verken jou buurt saam met die honde tydens sonopkoms.
  • Maak seker dat jy elke dag jou dosis groente en vrugte kry! Dit hou jou gesond en maak jou minder lus vir die versoekings.

5.12.12

Slegte spysvertering


Letitia Strydom skryf:
"Ek sukkel al vir 'n paar jaar met pyne in die bors. Dit begin met 'n branderige gevoel en dit pyn so erg dat ek in twee kan vou, partykeer is dit kort en dan verdwyn dit en kom terug, ander kere is dit 'n lang tydperk van pyn. Dit help partykeer as ek op my rug gaan lê en diep asem haal. Wat kan dit wees en hoe kan ek dit beter kry? Dit gebeur meer gereeld die afgelope kere en is erger as ek 'n groot maaltyd gehad het."

Antwoord:
Ek sou voorstel jy gaan sien dadelik 'n dokter ingeval dit al meer as twee weke so aanhou. Omdat dit na groot maaltye voorkom kan dit slegte spysvertering (dispepsie) wees en mens moet maar die dokter gaan spreek indien dit meer as twee weke aanhou. Jy weet ook nie of dit weens 'n ander mediese toestand soos 'n breuk ofmaagseer, gastritis of esofagitis is nie.
Slegte spysvertering kom voor wanneer jy oorhaastig eet, ryk en vetterige kos eet, oorgewig is, aan stres ly of swanger is.
Van die algemene simptome is ongemak of krampe in die boonste deel van die maag en 'n drukkende brandgevoel in die bors.
Probeer jou maaltye kleiner hou. Rook, alkohol en koffie moet vermy word en mense met hoë stresvlakke moet daaraan aandag gee. Indien jy oorgewig is moet jy so gou as moontlik oefening kry en oorweeg om jou leefstyl te verander. Vermy vetterige kos!

19.11.12

Vrae oor gordelroos


Lee skryf: "Dit is al die derde keer wat ek met Gordelroos gediagnoseer is, die eerste keer verlede jaar en nou al twee keer die jaar, in die verloop van 3 maande! Ek is raadop, ek is nou 29, het nog nooit koorsblare gekry nie, en nou wil dit blyk dat hierdie virus nie uit my sisteem wil gaan nie. Die pille is duur en die behandeling daarvan neem lank. Is daar nie tog een of ander "immuun-booster" wat ek kan drink om dit te verhoed om uit te kom nie? Dit is ook elke keer aan my een boud en die simptome voor dit uitkom is dieselfde: Dit voel of ek my stuitjie seergemaak het en ek is besonders moeg, dan kan ek maar weet dat ek die blaas die volgende dag sal opmerk. Asseblief gee raad!"

Antwoord: Wanneer mens waterpokkies opdoen kan die virus in die senuwortel van die ruggraat beland en permanent dormant daar lê. Dit kan van tyd tot tyd aktief raak, veral wanneer jou immuunsisteem deur siekte of stres afgetakel is. Dit vorm gewoonlik so 'n blaas of groep blasies op die vel. Daar kan ook skerp steekpyne in die aangetaste area voorkom. Die teenvirusmiddel akiklovir kan die pyn en die aanval verlig. Verder is 'n gesonde, stresvrye lewenstyl jou beste medikasie. Oefening, reg eet en stresverligting moet vir jou 'n prioriteit wees.