17.2.26
Melkdissel gebruik as behandeling vir Cushing-siekte
Al hoe die siekte tot dusvêr behandel is, is deur ’n breinoperasie wat die gewas probeer verwyder. Vir diegene wat nie die operasie kan ondergaan nie is daar ’n alternatiewe terapie, maar dit kan die pasiënt se bloedsuikervlakke geweldig versteur.
Navorsers by die Max Planck Instituut vir Psigiatrie in Duitsland het nou vasgestel dat ’n ekstrak van die sade van die melkdissel gebruik kan word om Cushing-siekte te behandel. Dit word alreeds gebruik vir die behandeling van lewersiektes en vergiftiging.
(foto: Curtis Clark)
12.2.26
Kruie vir kwale: Diabetes
♦♦♦
Sitroengras kan help om bloedsuikervlakke te beheer, wat belangrik is vir die voorkoming van diabetiese niersiekte.
Hoe om te gebruik:
Tee: Week 1-2 teelepels gedroogde sitroengras in warm water vir 5-10 minute. Beperk tot 1-2 koppies daagliks.
♦♦♦
Boegoe kan bydra tot die handhawing van gesonde bloedsuikervlakke.
♦♦♦
Neem 2 tot 4 kankerbossie blare en week dit 3 minute in ’n koppie kookwater. Heelwat Suid-Afrikaners gebruik dit steeds vir diabetes.
♦♦♦
Rooiwortel (Bulbine natalensis) is 'n vetplant wat in dele van Suid-Afrika groei. Die wortel, blaar en stam word as medisyne gebruik. Mense gebruik dit vir diabetes, maar daar is geen goeie wetenskaplike bewyse om hierdie gebruike te ondersteun nie.
♦♦♦
Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir diabetes.
♦♦♦
Kap 5 g bitterbos-blare fyn en laat 5 minute trek in ’n koppie kookwater. Drink drie maal per dag vir diabetes.
♦♦♦
So min soos 1 gram borrie saam met ontbyt help om die geheue te verbeter van persone wat in die vroeë fase van die ontwikkeling van diabetes is.
♦♦♦
Gebruik 3 g bloublomsalie, 3 g kankerbossie en 3 g wildedagga om ’n tee mee te maak.
Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi.
Drink dit vir diabetes.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
11.2.26
Kruie vir kwale: Demensie / Geheueverlies
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
(foto: Tamanna Rumee)
10.2.26
Vinnige raad vir lae bloeddruk
Drink koffie – koffie of enige ander kafeïenhoudende drank kan help om jou bloeddruk te verhoog. As jy aan lae bloeddruk ly, kan 'n koppie koffie in die oggend 'n kitsmiddel vir lae bloeddruk wees. Jy kan dit ook as deel van jou maaltye hê, veral wanneer jy met ortostatiese hipotensie te doen het.
Peusel aan amandels en rosyne – die maklikste manier om lae bloeddruk tuis te behandel, is om amandels en rosyne te eet. Rosyne is 'n ideale natuurlike middel om hipotensie natuurlik te genees. Jy kan 'n paar rosyne oornag in water week en dit soggens op 'n leë maag eet en ook die water drink waarin dit geweek is. Jy kan dit vir 'n paar weke en maande probeer. Amandel is nog 'n alternatiewe boereraat vir lae bloeddruk Jy kan dieselfde prosedure vir amandels volg as wat jy vir rosyne gedoen het.
Drink wortel- en beetsap – om jou dag te begin met 'n glas vars wortelsap met heuning kan help om bloeddruk te handhaaf, aangesien dit help om die hart- en nierfunksies te reguleer. Beetsap is weer 'n doeltreffende teenmiddel om jou bloeddruk te help stabiliseer. Vir mense met hipotensie kan die inname van twee glase beetsap vir 'n week goeie resultate gee.
(foto: Diana Lorena García)
9.2.26
Vaginale infeksies
Infeksies word gewoonlik veroorsaak deur besmetlike stowwe wat via die vagina in die inwendige organe beland. Jy kan begin jeuk weens te warm of stywe klere, of weens uitdroging van te veel was met seep. Wees veral versigtig om te veel met geparfumeerde seep te was.
Vaginitis is ´n tipe infeksie wat veroorsaak word deur ´n geelgroen of rooierige afskeiding wat onaangenaam ruik. Dit gaan gewoonlik gepaard met ´n jeukirigheid en brandpyn.
Candida kan voorkom sonder om ´n infeksie te veroorsaak, maar as dit baie vermeerder kan dit ontsteking veroorsaak wat gepaard gaan met ´n witterige afskeiding.
Vee altyd van voor na agter af. Drink ook bosbessiesap. Dit maak die urine suur, wat die groei van bakterieë teenwerk. Vir Candida kan jy ´n tampon in jogurt doop en dan in die vagina plaas. Eet ook so gereeld as moontlik bioaktiewe jogurt. Vermy die oormatige inname van alkohol en eet minder suiker. Daar is verskillende swamteenmiddels beskikbaar om die infeksie te behandel. Dit behoort na sowat twee weke te werk.
Besoek dadelik jou dokter indien jy vermoed jy het Vaginitis.
Boereraat:
Raad vir infeksie by vrouens:
Belinda van Wijk: Los ongeveer 2 opgehoopte eetlepels koeksoda op in 'n warm bad water en sit 'n ruk, 20 min, daarin (bad dan soos gewoonlik). Dit help vir vaginale infeksie (jeukerigheid en branderigheid).
♦♦♦
Belinda van Wijk: Smeer voor slaaptyd redelik baie "gewone joghurt" (ongegeur) aan die seer gedeelte (sit net 'n pantyliner in jou broekie want dit mors baie), gaan slaap dan so en was dit môre oggend weer af. Herhaal totdat die toestand beter is.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
5.2.26
Hardlywigheid
Sluit volgraanprodukte by jou dieet in en drink ten minste 3 glase water per dag. Pruimedante of pruimedantsap word ook aanbeveel. Oefening vir die maagspiere werk ook.
Soek mediese hulp indien dit vir langer as ’n week aanhou of bloeding voorkom.
Boereraat vir hardlywigheid:
Drink bietjie sodawater vir hardlywigheid.
♦♦♦
Week 250 g perskes, 250 g rosyne en 250 g pruimedante in water tot sag.
Maal nou al die vrugte saam tot fyn. Meng dit met 500 g heuning.
Eet saans 1 teelepel hiervan.
♦♦♦
Eet elke oggend vir ontbyt ’n sny growwe, bruin brood. Dit moet growwe bruin brood met semels wees. Voedsel ryk aan vesel help vir hardlywigheid by kinders; en hardlywigheid by bejaardes.
♦♦♦
Drink ’n glas louwarm water met appelasyn – 30 min voor etes.
♦♦♦
Dit is nie gewone soutwater wat jy moet drink vir hardlywigheid nie. Dit is Engelse sout. Drink elke oggend op ’n nugter maag een teelepel Engelse sout opgelos in ’n glas warm water.
♦♦♦
Piesangs kan help om van hardlywigheid ontslae te raak.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
4.2.26
Blaasinfeksie / Urienweginfeksie
Raadpleeg jou dokter dadelik indien jy vermoed dat jy ´n blaasinfeksie het want urienweginfeksies is relatief maklik om te behandel. Normaalweg word antibiotikavoorgeskryf op grond van jou infeksie en die tipe bakterieë wat in jou urinemonster gevind is. Hierdie behandelings is gewoonlik effektief, en die infeksie verdwyn vinnig.
Boereraat:
Drink 'n bietjie koeksoda in gekookte water.
♦♦♦
Sien ook Kruie vir kwale: Blaasinfeksie






