Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

15.12.25

Kruie vir kwale: Niere

Rooipeper kan gebruik word vir minder ernstige nierprobleme ‘n Kwart ‘n teelepel in water twee of drie maal daagliks.

♦♦♦
Boegoe-essens kan gebruik word vir die behandeling van minder ernstige nierkwale.

♦♦♦

Sitroengras kan as 'n ligte diuretikum optree, wat urienproduksie verhoog. Dit kan help om gifstowwe uit die niere te spoel en die risiko van nierstene te verminder.
Hoe om te gebruik:
Tee: Week 1-2 teelepels gedroogde sitroengras in warm water vir 5-10 minute. Beperk tot 1-2 koppies daagliks.

♦♦♦

Balsem-sulfuris is ‘n baie ou middel wat gebruik word vir nier-aandoenings.

♦♦♦

Boegoeblare is goeie behandeling vir minder ernstige nierkwale. Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel wilde salie blare en laat dit trek vir 5 minute. Om dit meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg.
Die tee kan gedrink word vir nierinfeksie.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en drink vir nierprobleme.

♦♦♦

Tee van suurlemoengras is goed vir oorwerkte niere.

♦♦♦

Grasuie is medisyne vir die niere. Eet gereeld hiervan.

♦♦♦

Kap 5 g bitterbos-blare fyn en laat 5 minute trek in ’n koppie kookwater. Drink drie maal per dag vir nierprobleme.

♦♦♦

Neem 10 – 30 druppels balsemkopiva gedrup op suiker of saam met melk, 3 keer per dag.

♦♦♦

Voeg ’n paar bosboegoe-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

10.12.25

Kruie vir kwale: Hartsiektes

Die Khoi het Europeërs meer as 200 jaar gelede geleer van die medisinale waarde van die muishondbos. Vandag word dit ook gebruik vir hartsiektes.
’n Kwart koppie vars blare word geweek in ’n koppie kookwater vir 5 minute. Dit moet daagliks geneem word.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink vir hartkwale.

♦♦♦

Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir hartsiektes.

♦♦♦

Gekookte suurvye kan gebruik word vir hartsiektes.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

9.12.25

Splinter

Dit gebeur gereeld dat ’n hout- of metaalsplinter in die vel vassit. Jy kan dit gewoonlik met ’n haartangetjie verwyder. Indien dit egter diep vassit, moet dit mediese hulp kry.

Simptome en tekens
• ’n Sigbare voorwerp in die vel.
• Pyn en teerheid op die beseerde plek

Behandeling
1. Maak die plek rondom die splinter met seep en water skoon.
2. Steriliseer ’n haartangetjie deur dit in ’n vlam te hou.
3. Probeer versigtig die splinter verwyder met die haartangetjie.
4. Indien die splinter nie maklik uitkom nie of afbreek moet dit mediese sorg kry.

MOENIE in die wond rondkrap om die splinter beet te kry nie.

8.12.25

Galstene

'n Galsteen is 'n harde klont wat soms in die galblaas of galbuis gevorm word en hoofsaaklik uit cholesterol bestaan.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

4.12.25

Kruie vir kwale: Koliek

Hierdie tee kan net aan babas ouer as 6 maande gegee word.
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n ¼ koppie vars kruisement blare.
Laat dit staan vir 3 minute voor jy die tee gee.

♦♦♦

Die Zoeloes gebruik al lank reeds watersalie vir koliek. Die resep is twee blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.

♦♦♦

Balsem Vita word aanbeveel vir die verligting van koliek. Dit kan met veiligheid vir babas gegee word. 5 druppels in bietjie lou soet water vir babas.
Die olies wat gebruik word vir die preparaat is kassia, laventel, naeltjie, neutmuskaat en tiemie.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids



(foto: William Fortunato)

3.12.25

Kruie vir kwale: Diarree

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n ¼ koppie vars kruisement blare.
Laat dit staan vir 3 minute voor jy die tee drink.

♦♦♦

Die Zoeloes gebruik al lank reeds watersalie vir diarree. Die resep is twee blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.
Mense gebruik dit vir diarree.

♦♦♦

Rooiwortel (Bulbine natalensis) is 'n vetplant wat in dele van Suid-Afrika groei. Die wortel, blaar en stam word as medisyne gebruik.
Mense gebruik dit vir diarree.

♦♦♦

Week ’n takkie wilde salie in ’n koppie kookwater vir 10 minute.
Gooi dit deur ’n siffie en meng 3 eetlepels Engelse sout by en bietjie suurlemoensap. Hou die mengsel in ’n lugdigte houer en gee die pasiënt gereeld klein bietjies daarvan.

♦♦♦

Die blare en wortels van die kaneelbol word gebruik om ’n tee te maak vir die behandeling van diarree.
Sny ’n stuk wortel van 1 cm skoon en 2 teelepels gekapte blare. Laat dit trek in ’n koppie kookwater vir 5 minute en gooi deur ’n sif voor jy dit drink.

♦♦♦

Die Khoi het Europeërs meer as 200 jaar gelede geleer van die medisinale waarde van die muishondbos. Hulle het dit gebruik vir diarree.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n hand vol vars bergtee blare, ’n paar wildeals blare en twee malva blare. Laat dit trek vir 5 minute.
Drink dit vir diarree.

♦♦♦

Meng en drink mielieblom (Mezina) met water met of gerasperde appel (bruin word) of oorryp piesang en vars suurlemoensap.

♦♦♦

Suurvye se blaarsap het antiseptiese eienskappe. Dit word met water gemeng en ingesluk om diarree te behandel.

♦♦♦


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

27.11.25

Kruie vir kwale: Groeipyne

’n Hand vol roosmaryn in ’n bottel brandewyn kan laat staan word om ten minste ’n paar dae te trek. Dit kan vir groeipyne en spierprobleme aangesmeer word, soggens en saans.

♦♦♦


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids