Dit gebeur gereeld dat ’n hout- of metaalsplinter in die vel vassit. Jy kan dit gewoonlik met ’n haartangetjie verwyder. Indien dit egter diep vassit, moet dit mediese hulp kry.
Simptome en tekens
• ’n Sigbare voorwerp in die vel.
• Pyn en teerheid op die beseerde plek
Behandeling
1. Maak die plek rondom die splinter met seep en water skoon.
2. Steriliseer ’n haartangetjie deur dit in ’n vlam te hou.
3. Probeer versigtig die splinter verwyder met die haartangetjie.
4. Indien die splinter nie maklik uitkom nie of afbreek moet dit mediese sorg kry.
MOENIE in die wond rondkrap om die splinter beet te kry nie.
9.12.25
8.12.25
Galstene
'n Galsteen is 'n harde klont wat soms in die galblaas of galbuis gevorm word en hoofsaaklik uit cholesterol bestaan.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
4.12.25
Kruie vir kwale: Koliek
Hierdie tee kan net aan babas ouer as 6 maande gegee word.
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n ¼ koppie vars kruisement blare.
Laat dit staan vir 3 minute voor jy die tee gee.
Die Zoeloes gebruik al lank reeds watersalie vir koliek. Die resep is twee blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.
♦♦♦
Balsem Vita word aanbeveel vir die verligting van koliek. Dit kan met veiligheid vir babas gegee word. 5 druppels in bietjie lou soet water vir babas.
Die olies wat gebruik word vir die preparaat is kassia, laventel, naeltjie, neutmuskaat en tiemie.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
(foto: William Fortunato)

Etikette:
Koliek
3.12.25
Kruie vir kwale: Diarree
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n ¼ koppie vars kruisement blare.
Laat dit staan vir 3 minute voor jy die tee drink.
Die Zoeloes gebruik al lank reeds watersalie vir diarree. Die resep is twee blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.
Mense gebruik dit vir diarree.
Rooiwortel (Bulbine natalensis) is 'n vetplant wat in dele van Suid-Afrika groei. Die wortel, blaar en stam word as medisyne gebruik.
Mense gebruik dit vir diarree.
Week ’n takkie wilde salie in ’n koppie kookwater vir 10 minute.
Gooi dit deur ’n siffie en meng 3 eetlepels Engelse sout by en bietjie suurlemoensap. Hou die mengsel in ’n lugdigte houer en gee die pasiënt gereeld klein bietjies daarvan.
Die blare en wortels van die kaneelbol word gebruik om ’n tee te maak vir die behandeling van diarree.
Sny ’n stuk wortel van 1 cm skoon en 2 teelepels gekapte blare. Laat dit trek in ’n koppie kookwater vir 5 minute en gooi deur ’n sif voor jy dit drink.
Die Khoi het Europeërs meer as 200 jaar gelede geleer van die medisinale waarde van die muishondbos. Hulle het dit gebruik vir diarree.
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n hand vol vars bergtee blare, ’n paar wildeals blare en twee malva blare. Laat dit trek vir 5 minute.
Drink dit vir diarree.
Meng en drink mielieblom (Mezina) met water met of gerasperde appel (bruin word) of oorryp piesang en vars suurlemoensap.
Suurvye se blaarsap het antiseptiese eienskappe. Dit word met water gemeng en ingesluk om diarree te behandel.

27.11.25
Kruie vir kwale: Groeipyne
’n Hand vol roosmaryn in ’n bottel brandewyn kan laat staan word om ten minste ’n paar dae te trek. Dit kan vir groeipyne en spierprobleme aangesmeer word, soggens en saans.
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
♦♦♦
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids
26.11.25
Diabetes en swangerskap
Kenners meen al lank dat diabetes in swanger vroue nie altyd opgetel word nie. Nuwe riglyne gepubliseer in die Journal of Clinical Endocrinology and Metabolism beveel aan dat swanger vroue ’n toets vir diabetes ondergaan met hul eerste besoek aan die dokter wanneer hulle besef of vermoed hulle is swanger.
Diabetes kan nadelig wees vir beide die ma en haar fetus. Om beide gesond te hou is dit belangrik dat die toets so gou moontlik gedoen word.
Soveel as een uit elke vyf vroue ontwikkel ’n tipe diabetes wat met swangerskap verband hou. Die gevolg hiervan is normaalweg ’n abnormale groot baba.
Die nuwe riglyne beveel ook aan dat vroue wat oorgewig is probeer om gewig te verloor voor hulle swanger raak.
foto: David Roseborough

20.11.25
Menslike Papiloom-virus (MPV)
MPV is ’n virusinfeksie wat servikskanker kan veroorsaak. Meisies kan egter ingeënt word teen die virus voor hulle seksueel aktief raak.
Feite oor servikskanker in Suid-Afrika:
Feite oor servikskanker in Suid-Afrika:
- Servikskanker is die tweede algemeenste kanker wat by vroue in Suid-Afrika voorkom.
- MPV is 100% verantwoordelik vir servikskanker – die kwaadaardigste tipes MPV is 16 en 18, en dit is verantwoordelik vir 70% van alle serkvikskankergevalle.
- Die entstof Ceravix® word teen MPV gebruik. Dit moet twee keer toegedien word met ’n interval van ses maande tussen dosisse.
- Die entstof is die doeltreffendste wanneer dit op negejarige ouderdom toegedien word.
- Daar is byna geen of net baie ligte newe-effekte.
- Die entstof se veiligheid is telkemale bevestig. Vier sterftes is in die navorsingsfase aangemeld. Drie van hierdie sterftes was in die groep wat die placebo-entstof (namaaksel) ontvang het, en die sterftes kon dus nie aan die entstof toegeskryf word nie. Die vierde sterfte het niks te doen gehad met entstofgebruik nie.
- Die virus word versprei deur vel-op-vel-kontak gedurende seks. Enige vrou wat seksueel verkeer, selfs al het sy net een seksmaat in haar hele lewe, kan MPV opdoen. Dus moet mans en pa’s hul vroue aanmoedig om hul servikale sifting (Papsmeer wat MPV en kanker kan ontdek) te laat doen en hulle moet verseker dat hul dogters teen MPV ingeënt word.
- Daar is tans geen middels wat MPV kan behandel nie, slegs middels wat dit kan help voorkom.
- Daar is 52 tipes MPV waarvan sowat 15 gewasvormend is (dit veroorsaak kanker). Twee van hierdie 15 tipes – MPV-tipes 16 en 18 – word in 70% van alle servikskanker gevind.
- MPV veroorsaak dat kankeragtige selle op die boonste lae (wat die silinderepiteel genoem word) van die serviks ontwikkel. As dit ongemerk gelaat word, sal die selle in kanker ontaard wat na die baarmoeder sal versprei en na enige ander area van die liggaam kan versprei.
- Wanneer ’n gesonde vrou met MPV besmet word, kan kanker tussen 10 tot 20 neem om te ontwikkel. Dit is hoekom ons vroue aanmoedig om elke vyf jaar vandat hulle 30 jaar oud is ’n servikale sifting (Papsmeer) te hê.
- ’n Servikale sifting is ontwerp om pre- en kankeragtige selle te diagnoseer sodat behandeling met die pasiënt bespreek kan word.
Subscribe to:
Comments
(
Atom
)