Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

22.9.25

Kruie vir kwale: Wonde

Jy kan ’n afkooksel maak van wildeals blare daardeur vir 10 minute te kook. Dit kan uitwendig aangewend word vir die behandeling van letsels.

♦♦♦

Sommige mense maak ’n eksterne wasmiddel met kankerbossie vir wonde. Hiervoor gebruik jy 4 hande vol blare van die kankerbossie, ’n fyngedrukte bol wildeknoffel en 4 hande vol kruidjie-roer-my-nie se blare. Alles saam word in kookwater getrek vir 30 minute. Die lyf word gewas terwyl die mengsel nog warm is en die pasiënt moet ook 125 mℓ van die mengsel drink. Die 125 mℓ moet egter afgetap word na 15 minute se trek. As dit te sterk is, kan dit die persoon laat opgooi. Hoe bitterder ’n kankerbossie-mengsel is, hoe sterker is dit.

♦♦♦

Die kruisbessie is ’n belangrike plant in tradisionele medisyne en word vir ’n verskeidenheid doeleindes gebruik. Gekneusde bas wat in warm water geweek is, word gebruik om wonde te behandel.

♦♦♦

Plaas 20 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gebruik dit vir die behandeling van wonde.

♦♦♦

Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met wonde. Jy kan die geaffekteerde plekke liggies daarmee afspons.

♦♦♦

Gousblomblare kan gebruik word om die inflammasie te behandel en enige wonde te help herstel. Week ’n hand vol blomblare in ’n koppie warm water vir 15 minute. Laat dit dan afkoel en plaas dit in die yskas vir 30 minute. Week dan ’n waslap in die aftreksel en hou dit op die geaffekteerde plek vir 5 minute. Doen dit ’n paar keer elke dag.

♦♦♦

Die blare van die maagpynbossie bespoedig die herstelproses as jy dit aan wonde smeer.
Trek 10 g blare in ’n koppie kookwater vir 5 minute.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

16.9.25

Kruie vir kwale: Herpes

Jy kan ’n afkooksel maak van wildeals blare deur dit vir 10 minute te kook. Dit kan uitwendig aangewend word vir die behandeling van herpes. Jy kan dit ook gebruik om liggaamsdele in te bad.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

11.9.25

Kruie vir kwale: Geswelde kliere

Jy kan teeboom-olie (tea tree oil) probeer. Smeer gereeld ’n druppel aan die area.

♦♦♦

Jy kan ’n afkooksel maak van wildeals blare daardeur vir 10 minute te kook. Dit kan uitwendig aangewend word vir die behandeling van klierontsteking.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

9.9.25

Oogprobleme - waterig, uitpeul, donker kringe, rooi, geswolle, allergie, hepatitis, galblaaskwale, galstene, bloeddruk, diabetes, versiendheid, bysiendheid ens.

Oogprobleme kom dikwels voor as gevolg van ´n probleem elders in die liggaam.

Waterige oë is ´n simptoom van verkoue, uitpeuloë mag dui op skildklierprobleme en donker kringe of rooi, geswolle en/of waterige oë is dikwels die gevolg van allergieë. Die vergeling van die oë kan dui op hepatitis, galblaaskwale of galstene, terwyl periodiese dowwe visie op hoë bloeddruk of diabetes kan dui.

Algemene oogprobleme sluit in sigprobleme soos versiendheid en bysiendheid, oogstremming, katarakte, bindvliesontsteking, gloukoom wat uiteindelik tot blindheid kan lei, en karkatjies.

Lê agteroor met oë toe en plaas ´n koue kompres oor oë. Fokus gereeld op voorwerpe op verskillende afstande.

Enige rooiheid, dowwe visie of ander oogprobleme vereis dringend mediese aandag.

Boereraat:

Boraks (boorpoeier / boorsuurpoeier) as oogspoelmiddel. Voor jy boraks as oogspoelmiddel gebruik moet jy die volgende in ag neem:
- Jy kan dit nie gebruik indien daar ’n besering in of om die oog is nie.
- Moenie gebruik vir ’n ooginfeksie voor jy met jou dokter gepraat het nie.
- Jy moet seker wees jy is nie allergies vir boraks nie.
- Indien jy erge newe-effekte ervaar moet jy dadelik mediese hulp kry.

♦♦♦

Was seer oë met suikerwater.

♦♦♦

Gooi ’n knippie koeksoda by koue gekookte water, meng goed en vryf oor jou oë om swelling en jeuk te behandel.

♦♦♦

'n Goeie raad vir wanneer jou oë seer of rooi of geirriteerd is, is om heuning in gelyke dele met warm water te meng. Laat dit afkoel en was dan die oë daarin was of om direk in die oë te sit.

♦♦♦

Om donker kringe om jou oë te laat verdwyn sny ´n rou vy in twee en plaas ´n deel op elke oog.

♦♦♦

Plaas koue teesakkies op jou oë indien dit geswel is of indien jy donker kringe om jou oë het.

♦♦♦

Wortels, spinasie, broccoli, papaja, mango, perskes en appelkose is goeie bronne van Vitamin A - Beta carotene. Dit is goed vir normale groei, goeie sig(oë), gesonde vel en sterk tande.

♦♦♦

Sny dik snye uit die punt van ´n komkommer en plaas dit op jou moeë oë.

♦♦♦

As ´n oog uit die kop spring, was die oog mooi met lou water. Druk die oog dan versigtig weer terug en sit koue kompresse op.

♦♦♦

Lê met jou kop agteroor en plaas komkommerskyfies op jou oë. Lê en ontspan vir ten minste 15 minute.

♦♦♦

Volg dieselfde metode as bo, maar gebruik twee nat teesakkies.

♦♦♦

Eet minder sout. Dit kan by sommige individue bydra tot opgeswelde oë

♦♦♦

Sit ´n ekstra kussing onder jou kop om van daai poffertjies ontslae te raak.

♦♦♦

Om van daai opgeswelde oë in die oggend ontslae te raak moet jy die aartappels nader trek. Verkoel ´n aartappel in die yskas. Sny twee skywe af, sproei jou oë met water, lê plat en plaas die skywe op jou ooglede. Lê so vir 10 minute en vee dan jou oë af met ´n koue lappie. Komkommers kan ook gebruik word, maar sonder die water.

♦♦♦

Neem 2 eetlepels rou gerasperde aartappel en plaas op geswolle oë vir 15 minute

♦♦♦

Mense met bruin oë se kanse is 80% meer as die van ander om katerakte te kry. Sorg dat jy 'n sonbril dra en eet kosse soos spinasie, soetrissies en tamaties.

3.9.25

Kruie vir kwale: Gal

Senna is ‘n plant waarvan ’n ekstrak of die blare as ’n sterk purgeermiddel gebruik word vir die verligting van gal.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

2.9.25

Kruie vir kwale - Vel

Gooi 1 liter kookwater oor 3 koppies blare, stele en blomme van wildedagga.
Laat dit trek en afkoel.
Gooi dit by jou badwater vir velprobleme.

♦♦♦

Jy kan ’n afkooksel maak van wildeals blare daardeur vir 10 minute te kook. Dit kan gebruik word vir die behandeling van velprobleme.

♦♦♦

Jy het ’n takkie kapokbos van omtrent jou duim se lengte nodig. Gooi ’n koppie kookwater daaroor en laat trek vir 5 minute.
Meng ’n halwe koppie van hierdie tee met ’n halwe koppie gewone roosmaryn tee. Meng dit dan met ’n liter kookwater en laat staan vir 20 minute. Gooi dit by jou badwater. Dit is nie net goed vir jou vel nie, maar ook vir jou hare.

♦♦♦

Vissermanne het vroeër jare bokboegoe gebruik om die visreuk van hul hande te verwyder. Jy kan die plant gebruik vir ’n verfrissende bad. Week ’n koppie vars blare en blomme in ’n liter kookwater. Gooi dit dan by jou badwater.

♦♦♦

Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir velprobleme.

♦♦♦

Die hele bitterbos word gebruik, insluitende die wortels. Gebruik 8 g varsgekapte bitterbos per koppie kookwater. Laat trek vir 3 minute. Gebruik dit vir velaandoenings. Jy kan die mengsel aan die vel smeer in plaas van drink. Dit kan tot 8 keer per dag gedoen word.

♦♦♦

Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op skurwe vel gesmeer word.

♦♦♦

Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met veluitslag. Jy kan die geaffekteerde plekke liggies daarmee afspons.

♦♦♦

Vir enige velaandoenings kan jy heuning en kaneel gelyke dele meng and aan die geaffekteerde dele smeer elke aand voor jy gaan slaap.

♦♦♦

Maak ’n gesigmasker met 2 teelepels heuning, 2 eetlepels olyfolie, 5 druppels vitamiene E olie en 1 teelepel mieliemeel. Meng alles goed en smeer aan jou gesig en nek. Lê en ontspan vir 15 minute. Was dan die mengsel af van jou gesig met lou water.

♦♦♦

Gebruik 3 g bloublomsalie, 3 g kankerbossie en 3 g wildedagga om ’n tee mee te maak.
Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi.
Drink dit vir asma en ander longprobleme, diabetes, hoe bloeddruk, kanker en velprobleme.

♦♦♦

Die Sotho-mense hang die bolle van die blouberglelie op om uit te droog. Hulle moet 5 maande lank hang.
Die bolle word dan verpoeier en gesmeer aan littekenweefsel om die vel te help herstel.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

1.9.25

Kruie vir kwale: Geelsug

Stamp koljandersaad fyn, gooi kookwater op, laat trek en gee een teelepel van aftreksel een maal per dag.
Moet asseblief nie die mengsel vir baba’s gee nie.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids