Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

26.12.24

Kruie vir kwale: Varkgriep

Aftreksel van ’n kombinasie van bas, blare, wortels en takkies van die kiepersolboom word gebruik vir ’n verskeidenheid gesondheidsprobleme. Daar is ook bewyse dat dit dalk varkgriep kan behandel. Daar is egter nog meer navorsing hieroor nodig. Een voorstel is dat jy ’n aftreksel maak deur die plant se wortels en blare 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer. Jy moet omtrent ’n kg plantmateriaal gebruik vir 5 liter water.
Gebruik soos vir die kalwerbossie hier onder.
(Cock IE, Van Vuuren, SF. The traditional use of southern African medicinal plants in the treatment of viral respiratory diseases: A review of the ethnobotany and scientific evaluations. J Ethnopharmacol. 2020 Jul 27;262:113194.)
(Maroyi, A. Cussonia Spicata Thunb. In Tropical Africa, Phytochemistry, Pharmacology, and Medicinal Potential. Asian Journal of Pharmaceutical and Clinical Research. 2019 July 10.)

♦♦♦

Die kalwerbossie kan suksesvol gebruik word vir die behandeling van varkgriep.

’n Aftreksel word gemaak deur die plant se wortels 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer.

Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.

(Michaelis M., Doerr H.W., Cinatl J. Investigation of the influence of EPs 7630, a herbal drug preparation from Pelargonium sidoides, on replication of a broad panel of respiratory viruses. Phytomedicine. 2011;18:384)




Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

23.12.24

Endometriale pyn

Endometriale pyn is 'n algemene simptoom van endometriose, 'n toestand wat voorkom wanneer weefsel soortgelyk aan die voering van die baarmoeder buite die baarmoeder groei. Pyn kan in die bekken, onderbuik of lae rug voorkom, en kan erg wees, veral tydens menstruasie.

Ander simptome sluit in:
Pyn tydens of na seks
Pynlike of ongemaklike urinering
Pyn tydens dermbewegings
Swaar of langdurige menstruele bloeding
Vlekke of bloeding tussen periodes
Chroniese bekkenpyn
Onvrugbaarheid
Moegheid, diarree, hardlywigheid, opgeblasenheid of naarheid

Endometriose kan moeilik wees om te behandel, en dit kan tyd neem om te vind wat werk. Behandelings sluit in:
Pynmedikasie: Niesteroïdale anti-inflammatoriese middels (NSAID's) soos ibuprofen (Advil, Motrin IB) kan help. ’n Dokter kan ook sterker medikasie vir erger pyn voorskryf.
Hormoonterapie: Kan hormoonvlakke verander of keer dat jou liggaam sekere hormone produseer. Dit kan help om die bloeding te verminder en inflammasie, littekens en sistvorming te verminder.
Chirurgie: Laparoskopie is die mees algemene chirurgie wat gebruik word om endometriose te behandel.

Boererate wat kan help om pyn te verlig, sluit in warm baddens en 'n ensiem wat in pynappels voorkom. Jy kan die ensiem as 'n aanvulling neem, maar jy moet eers jou dokter raadpleeg, aangesien daar ’n interaksie met sommige medikasie kan wees.
Kruie wat kan help sluit in:
Kamille (chamomile): Dit help om endometriële pyn en krampe te verlig en soms maak dit kwaadaardige weefsel dood.
Borrie het sterk anti-inflammatoriese eienskappe wat kan help.

18.12.24

Anorexia Nervosa

Anorexia Nervosa is ´n eetversteuring met ´n onderliggende sielkundige basis. Media ikone, gesinsprobleme en ´n gevoel van magteloosheid is alles bydraende faktore. Dit kom meesal voor onder jong vrouens in hul twintigerjare.

Dis nie altyd maklik om ´n lyer te identifiseer nie aangesien dit gewoonlik as ´n onskuldige dieet begin. Dit manifesteer uiteindelik as ´n obsessie met kos, kalorieë en oefening. Die lyer mag ook soms hiperaktief voorkom. Al is lyers buitengewoon maer sal hulle nog steeds hulself as oorgewig ervaar en altyd hul buitengewone eetgewoontes verdedig.

Behalwe vir wanvoeding kan dit ook veroorsaak dat ´n vrou haar menstruele siklus mis, harerig voorkom, hardlywig is, dehidreer en aan slapeloosheid ly. Pasiënte raak maklike siek en mag selfs sterf as gevolg van die siekte.

Kry onmiddelik mediese en sielkundige hulp.

Makkalmoes tradisioneel 'n wenner

Makkalmoes word tradisioneel deur die Zoeloe mense gebruik om verkoue, griep, maagkrampe en longkwale te behandel. Die plant se risome word veral gebruik.

Makkalmoes word ook lank reeds in Chinese medisyne gebruik.

(Mhlongo, LS, Van Wyk, BE. 2019. Zulu medicinal ethnobotany: new records from the Amandawe area of KwaZulu-Natal, South Africa. South African Journal of Botany. Volume 122)

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

17.12.24

Kruie vir kwale: Boererate vir hardlywigheid

’n Aftreksel van die boomwortels van die kiepersolboom word gebruik vir ’n lakseermiddel.

♦♦♦

Gooi 1 eetlepel lynsaad in ’n glas water en laat staan dit oornag.
Gooi die water af en gooi die lynseed oor jou ontbytpap. Dit sal help indien dit gereeld gebruik word.

16.12.24

Atleetvoet

Atleetvoet (tinea) is 'n soort fungusinfeksie. Die vel raak skurf en seer, blasies vorm en die vel dop af. Indien die naels besmet is raak dit los of dit verdik en verkleur.

Die infeksie begin gewoonlik tussen die tone en versprei dan na die naels en voetsool.

Die mees algemene behandeling is 'n funguswerende room.


Indien jy maklik atleetvoet opdoen moet jy op die volgende let:

Dra elke dag 'n nuwe skoon paar sokkies.

Koop net suiwer katoenkouse.

Dra gereeld oop skoene soos sandale.

Loop gereeld kaalvoet.

Ontsmet gereeld die vloere van jou badkamers en storte, areas waar die infeksie gewoonlik oorgedra word.


12.12.24

Nog natuurlike opsies om verkoue teen te werk

Daar is ’n paar minder bekende plante wat ook ’n natuurlike opsie bied om verkoues te behandel. Hierdie bome en plant het verskillende eienskappe wat simptome soos keelseer, neusverstopping en hoes kan verlig. Met die regte kennis kan hulle 'n waardevolle toevoeging tot jou gesondheidsroetine wees. Die plante waarna ons hier verwys word lank reeds in tradisionele medisyne gebruik én die uitwerking op verkoue is ook deur wetenskaplike navorsing bevestig.

Wildepietersielie (Heteromorpha arborescens): Week 'n deel van hierdie boom se wortel in kookwater vir 10 minute. Die aftreksel word dan as ’n tee gedrink.

Rivier Jasmyn (Jasminum fluminense): Vyf blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.

Wilde-kiaat (Pterocarpus angolensis): Twee blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.

Njalaboom / Hoenderspoor (Xanthocercis zambesiaca): Ses blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.

Sien ook Kruie vir kwale: Verkoue



(foto: Tima Miroshnichenko)