Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



5.3.10

Anorexia Nervosa

Anorexia Nervosa is ´n eetversteuring met ´n onderliggende sielkundige basis. Media ikone, gesinsprobleme en ´n gevoel van magteloosheid is alles bydraende faktore. Dit kom meesal voor onder jong vrouens in hul twintigerjare.

Dis nie altyd maklik om ´n lyer te identifiseer nie aangesien dit gewoonlik as ´n onskuldige dieet begin. Dit manifisteer uiteindelik as ´n obsessie met kos, kalorieë en oefening. Die lyer mag ook soms hiperaktief voorkom. Al is lyers buitengewoon maer sal hulle nog steeds hulself as oorgewig ervaar en altyd hul buitengewone eetgewoontes verdedig.

Behalwe vir wanvoeding kan dit ook veroorsaak dat ´n vrou haar menstruele siklus mis, harerig voorkom, hardlywig is, dehidreer en aan slapeloosheid ly. Pasiënte raak maklike siek en mag selfs sterf as gevolg van die siekte.

Kry onmiddelik mediese en sielkundige hulp.

No comments :

Post a Comment