Algemene hoofpyn word veroorsaak deur faktore soos spanning, allergieë, sinusitis, hormoonwanbalans, koors, hoofbeserings en die toksiese uitwerking van alkohol en dwelms.
Pyntablette bring wel tydelike verligting, maar kan op die lang duur die lewer en niere benadeel. Die onderliggende oorsaak moet behandel word.
Soek mediese hulp indien dit gereeld voorkom of voortduur, met ondraaglike pyn gepaardgaan en indien koors of ´n stywe nek voorkom.

Boereraat:
Gooi een eetlepel heuning in ’n glas warm water en drink.
♦♦♦
Meng een teelepel heuning saam met ’n koppie swart koffie en drink.
♦♦♦
Meng 1 eetlepel kasterolie en 1 eetlepel paraffien en smeer dit oor jou slape en voorkop. Gaan lê ’n rukkie.
Medisinale gebruike van kruie
Kruiegids