Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

10.5.17

Frakture

’n Fraktuur is ’n gebreekte of gekraakte been. ’n Been kan kraak of breek indien dit ’n hou kry, gedraai of oorspan word.

Gewoonlik is daar baie krag nodig om ’n been te breek, maar bejaardes se bene is bros en ’n fraktuur kan maklik gebeur.

Alle frakture moet baie versigtig hanteer word. Swak hantering kan skade aan die omliggende weefsel veroorsaak.

4.5.17

Kopluise

Boereraat:

Vryf mayonnaise in die hare en bedek die kop vir 2 uur met ’n stortkappie.
Spoel die kop af met onverdunde asyn.
Was en spoel daarna goed af.

♦♦♦

Meng 250 mℓ kookolie, 250 mℓ asyn en 250 mℓ paraffien.
Skud goed.
Deurweek jou droë hare daarmee.
Laat staan vir ± 20 minute.
Was dan met sjampoe in louwarm water.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

3.5.17

Atopiese dermatitus

Die lyer se vel is sensitief vir sekere stowwe en dit veroorsaak ’n tipe inflammasie. Ons praat ook hiervan as ekseem.

Dit kan op so jonk as 2 maande begin.

In chroniese gevalle kan die vel begin verdik en daar kan areas wees wat uiters gevoelig is. Sekondêre bakteriële infeksies kan hierop volg.

Dit is ook nie vreemd dat lyers sal sukkel met allergiese neusontsteking of asma nie.

26.4.17

Allergiese oogontsteking

Allergiese oogontsteking gaan gewoonlik hand aan hand met allergiese neusontsteking, maar kan alleen ook voorkom.

Die algemeenste hiervan noem ons hooikoors en dit word veroorsaak deur die stuifmeel on die lug. Dit kan egter ook veroorsaak word deur stofmyte en troeteldiere.

Simptome en tekens
  • Oë wat jeuk
  • Tranerige oë

Die beste behandeling vir hierdie tipe allergiese reaksie is om die oorsaak te vermy, maar dit is ongelukkig selde prakties. Daar is ’n verskeidenheid antihistamiene en oogdruppels wat gebruik kan word.

19.4.17

Lae bloedsuiker (Hipoglisemie)

Indien ’n diabeet per ongeluk te veel insulien ingeneem het, te min kos geëet het of ’n maaltyd oorgeslaan het, of indien oefening die suiker verbrand, daal die konsentrasie suiker in die bloed.

Lae bloedsuiker sal die brein aantas en indien dit lank voortduur of baie laag is, kan dit tot bewusteloosheid en moontlik die dood lei.

Simptome en tekens
• Die persoon kan lighoofdig wees en bewus daarvan dat die suikervlak laag is.
• Die persoon kan verward en gedisoriënteer wees en kan dronk en moontlik aggressief voorkom.
• Die vel word bleek en die persoon sweet erg.
• Die pols is vinnig.
• Die asemhaling is swak en reukloos.
• Ledemate kan begin bewe.
• Ongeval se bewussynsvlak kan vinnig versleg.

12.4.17

Histerie

Histerie word gewoonlik veroorsaak deur ’n oorreaksie op iets ontstellends of deur spanning. Dit word waarskynlik vererger deur die aanwesigheid van omstanders.

Simptome en tekens
• Verlies van beheer oor gedrag wat gepaard gaan met ’n dramatiese reaksie soos ’n gegil, geskree, gehuil en wilde bewegings van die ledemate.
• Hiperventilasie
• Die persoon kan dalk nie beweeg nie en/of snaaks loop na afloop van die episode.

Isoleer die persoon van omstanders en help hulle saggies maar ferm om te kalmeer en beheer te herwin.

5.4.17

Doofheid

Doofheid kom gereeld voor weens die gebrekkige ontwikkeling van die dele van die oor of die wisselwerking met die brein. Daar kan egter ook ander oorsake wees.

Doofheid kan ook veroorsaak word deur ’n besering wat oordele, senuwees of die breindeel wat vir gehoor verantwoordelik is beskadig.

Die opbou van oorwas kan ook tot doofheid lei.

Oordele soos die ossikels (gehoorbeentjies) kan mettertyd verhard en dit kan ook tot doofheid lei.

Daar is wel behandeling vir sekere oorsake van doofheid. ’n Gehoorapparaat of kogleêre inplantings kan sekere probleme help bekamp.