Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

27.7.16

Bysteke

Bysteke veroorsaak meer mense se dood as haaiaanvalle, spinnekopbyte en slangbyte saam. Die slagoffers is gewoonlik allergiese mense wat nie gedesensiteer is nie. Enige persoon wat ’n ernstige reaksie op ’n bysteek toon moet so gou as moontlik by ’n dokter kom.

Simptome en tekens

Allergiese persone sal kla dat hulle swaar asemhaal en die spraak kan belemmerd wees omdat die weefsel in die keel opswel.

’n Allergiese persoon moet so gou as moontlik behandeling kry.

25.7.16

Nuwe tipes bloedkanker by kinders ontdek

Navorsers aan die Lund Universiteit in Swede het twee nuwe tipes leukemia ontdek. Daar is in totaal nou ag, tipes leukemie wat by kinders voorkom.

Leukemie by kinders kan gewoonlik suksesvol behandel word, maar gaan gepaard met verskeie newe-effekte. Die nuwe navorsing sal hopelik help in die behandeling van hierdie tipe kanker.



(foto: MostPhotos)

22.7.16

“Hy het ’n nuwe hart en dit werk!”

As dit nie was vir die jong, gesonde skenkerhart en die haarfyn beplanning van die span wat Phalo Gayiya se hartoorplanting gekoördineer het nie, het dié sewejarige van De Doorns nie Dinsdag met ’n nuwe hart gespog nie.

21.7.16

Kneusplek / Bloukol

’n Kneusplek (bloukol) is die gevolg van inwendige bloeding.

Die bloed kom uit beskadigde bloedvate en dit sypel deur die weefsel en lê onder die vel.

’n Harde val, byvoorbeeld, kan tot ernstige inwendige bloeding lei.

Simptome en tekens
• Pyn en swelling.
• ’n Blouerige / pers kleur.
• Patroonkneusing, waar die buitelyne van die klere wat gedra is sigbaar is. Dit moet as potensieel gevaarlik beskou word aangesien dit kan dui op skade aan inwendige organe.

Boereraat:

Week 'n wattepluisie in asyn en sit op kneusplek en laat dit daar vir omtrent een uur. Die asyn help om die kol klein te hou en verspoedig die genesingsproses.

♦♦♦

Vir kneusplekke kan jy rou vleis op die plek hou.

♦♦♦

Smeer samboksalf dik aan die kneusplek en maak toe met 'n lappie.

♦♦♦

Maak stysel en water aan tot 'n pap en sit op die kneus of stampplek - dit verhoed dat die kneusplek verkleur.

♦♦♦

Om te verhinder dat ’n bloukol vorm waar jy jou gestamp het, smeer onmiddellik botter aan.

20.7.16

Die behandeling van ’n skerpioensteek

Vries die aangetaste deel vir 1 tot 2 uur lank deur ys daarop te hou. Jy moet binne 15 minute begin om doeltreffend te wees.

Indien die persoon swaar asemhaal moet jy sorg dat die persoon se lugweg oop is. Pas kunsmatige asemhaling toe indien nodig. Maak ook die persoon gemaklik deur hulle in die herstelposisie te plaas – indien hulle nie hulp nodig het met asemhaling nie.

Sorg dat die persoon so gou moontlik by ’n hospitaal kom. Hospitale het normaalweg die nodige teengif.

13.7.16

Skerpioensteke

Die gevaarlike skerpioene het klein knypers en groot sterte. Slagoffers word gewoonlik gesteek as hulle skerpioene versteur.

Simptome en tekens

Die steek is pynlik, maar duur slegs sowat 30 minute. Die gif kan die volgende gevolge hê:
• Stuiptrekkings
• Oormatige speekselafskeiding en sweet
• ’n Vinnige polsslag
• Belemmerde asemhaling

12.7.16

Mishandel, misbruik, misken

Amor van der Westhuyzen, dogter van die berugte Joey Haarhoff wat saam met die pedofiel Gert van Rooyen ses jong meisies ontvoer het, se kinderjare was ’n riller.

Joey het haar enigste dogter fisiek, verbaal en emosioneel mishandel, toegelaat dat Amor se eie pa haar seksueel misbruik en haar geheel en al as mens misken. Joey het as beheervraat vir dekades haar dogter se lewe gemanipuleer en oorheers.

Selfs jare nà Joey se dood moes Amor nog ly as gevolg van haar ma se dade.

Maar sy het die trauma danksy pure vasberadenheid oorleef. Amor is ’n diep gelowige mens wat die siklus van haat en geweld stopgesit het. Sy wil hoop gee aan ander vroue wat deur hul naastes verniel is.

Mishandel, misbruik, misken is ook in Engels beskikbaar as Battered, abused, shamed.


Mishandel, misbruik, misken / Carla van der Spuy -- Lapa, sagteband. -- ISBN 9780799379594

Mishandel, misbruik, misken,
Bettie Blom,
12 Julie 2016.

2