Daar is ’n groter risiko vir vroue met vetsug om kanker te ontwikkel – die kanse is tot 40% meer.
Hierdie syfer is verskaf deur Cancer Research UK. Daar is veral sewe tipes kanker waarop hierdie vroue bedag moet wees: kolon, bors, galblaas, baarmoeder, nier, slukderm en pankreas.
Die risiko van kanker is gekoppel aan ’n verskeidenheid van faktore; gene, ons omgewing en ons leefstyl. ’n Faktor soos vetsug is een wat ons kan beheer deur ’n verandering in leefstyl.
26.5.15
20.5.15
Skietwond
Skietwonde kan ernstige inwendige beserings tot gevolg hê. Pasiënte moet vir beide inwendige en uitwendige bloeding behandel word, want inwendige organe, weefsel en bloedvate word deur die koeël beskadig. Let op dat die wond waar die koeël die liggaam verlaat gewoonlik groter is as die een waar dit binnegaan.
Etikette:
Wond
13.5.15
12.5.15
Gereelde drankgebruik lei tot lewersirrose
Medici was nog altyd onder die indruk dat die gebruik van groot volumes alkohol lewersirrose veroorsaak. Navorsers aan verskeie Deense universiteite het nou egter bevind dat gereelde drankgebruik, al is dit matig, ook lewersirrose kan veroorsaak.
Meer as 55 000 mense is in die studie gebruik. Dit is gepubliseer in die Journal of Hepatology.
Meer as 55 000 mense is in die studie gebruik. Dit is gepubliseer in die Journal of Hepatology.
Etikette:
Lewer
11.5.15
Medikasie vir prostaatkanker help vir Alzheimer's
Medikasie wat nog altyd voorgeskryf is vir mans met prostaatkanker kan ook help om geheueverlies in vroulike pasiënte met Alzheimer’s te bekamp.
Daar is vroeër bevind dat mans met prostaatkanker wat Lupron Depot neem minder geneig is om Alzheimer’s te ontwikkel. Nou is ’n formele studie deur die Universiteit van Wisconsin-Madison gedoen op vroue, met dieselfde bevindings.
Verdere navorsing is nodig hierin, maar die maatskappy wat die oorspronklike navorsing geborg het, bestaan nie meer nie.

6.5.15
5.5.15
Bloubessies vir bloeddruk
Navorsers by die Florida State University in die VSA het bevind dat die inname van bloubessies goed is vir jou bloeddruk.
As jy vir ag weke lank op ’n daaglikse basis bloubessies eet verbeter jou bloeddruk glo beduidend. Een koppie vars bloubessies moet geëet word per dag, of jy kan bloubessie-poeier, gelykstaande aan ’n koppie vars bessies, by jou dieet inwerk.

Subscribe to:
Comments
(
Atom
)