JC Erasmus skryf: "Ek is gediagnoseer met 'n spastiese slukderm, spastiese kolon en 'n mantelvliebreuk. My problem het sowat 4 jaar gelede skielik uit die bloute begin. Ek sukkel nie met enige probleem wat direk met die kolon verband hou, soos bv hardlywigheid, nie. Wat wel progressief erger geraak het met die verloop van tyd is 'n gevoel van erge benoudheid in my bors asook 'n gesukkel (van tyd tot tyd) om behoorlik te sluk. Dis asof my keel toetrek en kurkdroog raak, wat veroorsaak dat ek aanhoudend moet sluk voordat ek verligting kry. Soos genoem is ek dan ook erg benoud en het dikwels 'n pyngevoel net onder die borsbeen. Kry ook pyn rondom hart-area. Bevispass, espiride, librax en lansoloc is voorgeskryf wat ek nou al ongeveer 5 maande gebruik. Dit wil egter voorkom asof vermelde medikasie nie regtig help nie. Rook en alkohol veregrer definitief toestand- as ek 'n aand byvoorbeeld oormatig gedrink het sal vermelde pyn, ongemak en erge "sluk-probleem" die volgende dag heeldag voortduur. Is daar enige lig in die tonnel wat herstel/verbetering aanbetref, miskien ander medikasie?"
Antwoord: JC, jy noem nie of jy jou mantelvliesbreuk laat herstel het nie. Dit is 'n eenvoudige operasie en kan groot verligting bring.
Indien jou stresvlakke baie hoog is moet jy ook so gou moontlik daaraan aandag gee.
Connie Burger skryf: "Ek is verlede jaar verwys na 'n hart en long spesialis omrede ek geweldige hart pyne op my bors gekry het. Dit het gevoel of ek 'n hart aanval kry, maar daar is toetse op my gedoen, en geen probleem met hart is gevind nie. Wat die dokter wel gesê het is dat ek 'n mantelvlies breuk het. Simptome van 'n mantelvlies breuk is borspyne ook. Hy het aan my verduidelik date k 'n kleppie he twat in my sluk pyp is. Die kleppie lyk my maak nie lekker oop en toe nie. Dit is ook waarom ek so gereeld sooibrand het, en my kos stoot terug op, en daarom is ek naar. Ek het antibiotika gekry en alles het beter geraak.
Verlede week het ek weer so siek begin voel, maar die keer het dit gevoel of ek nier en blaas ontsteking het. Ek het ook op 'n stadium gedink ek het dalk longontsteking (my rug het so gepyn). Intussenin het ek sooibrand gekry, en my maag was vreeslik opgeblaas. Ek het ook begin dink daar 'n groot fout met my vrouedele (omdat ek so vreeslik pyn gehad het orals oor my maag). Toe begin dit seer raak onder my arms, en toe dink ek dis my kliere. Ek het deur al die simptome ook vreeslik koors gehad.
Ek is toe gistermiddag na 'n ginekoloog toe sodat ek kan seker maak daar is niks met my vrouedele verkeerd nie. Die dokter het toetse gedoen. Ek het nie nier of blaas infeksie nie. My eiestokke is 100% reg en my baarmoede makeer niks. Die dokter het aan my gesê hy vermoed dit is die mantelvlies breuk wat die liggaam geinfekteer het, dit is waarom ek al die simptome kry. Hy het ook aan my genoem dat so mantelvlies breuk mens baie siek kan maak.
Wat dink u. Het ek 'n mantelvlies breuk? Wat kan ek doen om dit reg te kry. Ek het gehoor daar is 'n operasie wat mens kan laat doen.
Ek is nou 36 en wil baie graag swanger raak. Ek het vir jare depo provera gebruik, en het dit nou eers in Desember gelos. Ek drink intussenin Folic Acid 5mg. Kan dit die folic acid wees wat my so siek laat voel. Is daar enige iets anders wat ek kan drink wat kan help dat ek swanger raak.
Dankie dat u gelees het en hoop om van u te hoor."
Antwoord: Connie, ek sou na die dokters luister. Maak seker jy laat kyk na daardie mantelvliesbreuk. Dit kan met 'n eenvoudige operasie herstel word. Hulle sny jou ook nie meer hiervoor nie, maar doen die operasie deur klein gaatjies te maak.
Jy is bietjie oorhaastig met die swangerskap. Ontspan en laat eerste na jou mantelvlies kyk.